Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 155]
| |
Heil! Welkom! wenk uit die paleis.
Wat wag, wat aarsel hy?
Voer hy 'n bange sielestryd?
Het hy aan swaar en bitterheid
Sy hart gewen, en met die tyd
Sy boeie liefgekry?
Sal my die Dood - die brug wat lei
Van Tyd tot Ewigheid -
Die stonde van verblyding wees,
Die einde van al' lyding wees,
Die ure van bevryding wees
Van stof en sterflikheid?
Sal, in dié uur, my hart verstaan:
Eers moet die awend val,
Voor groots en heerlik sal verskyn
Die vesting van die Groot Waardyn,
Waar luister-ligte lonk en skyn,
Ontelbaar in getal?
|
|