Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Van tempel en hooglied 1 In Sion sal in heerlikheid, So spreek die grote Koning, Verrys 'n tempel Godgewyd, 'n Weerskyn van Sy majesteit En Sy Sjeginas woning. Jou seders lewer Libanon, Jou dennehout en gofer; Blink in die strale van die son Sal skitter teen die horison Die fynste goud van Ofir. Fier staan, Moria, op jou rots, Geen toeval onderhewig, Die hoog-gevierde tempel Gods, 'n Wêreldwonder, Judas trots, En hy sal staan vir ewig! Die pelgrim met sy karavaan, Gerigsnoer deur die sterre, Skou, o Jerusalem, jou aan, Val in vervoering, spraak-ontdaan, Aanbiddend neer van verre. [pagina 152] [p. 152] 2 Bly vloei die rotsontspronge stroom Deur speseryeklowe, Met blombelaaide struik en boom, Verwesenliking van 'n droom, Fonteine en wonderhowe. Stort al jou geure uit, my Hof, Deurwaai haar, Sagte Winde; Besing, my Harp, haar skoonheidslof; Strooi, Blomme, al jul goue stof Waar wandel my beminde. Tot by die aanbreek van die dag, O Lelie onder Doorne, Sal ek, o Roos van Saron, wag Waar op die Mirreberg vernag 'n Konings-uitverkoorne. Soos wierookwasem dring die lied In brandende gesange, Vol gloed en Oosters' koloriet Van Salomo en Sulamiet, Sy liefde en verlange. 3 Waar is, wat is, Jerusalem? - Haar heerlikheid verdwene - Die pelgrim voel sy hart beklem, Verskeur sy kleed, verhef sy stem Oor haar ontwyde stene. 'n Puinhoop is haar glorie nou En nameloos haar smarte; Wat is al mense-ramp en -rou, Jerusalem - my Land! by jou, Stad van gebroke harte? [pagina 153] [p. 153] 4 Solank 'n jonglingshart nog gloei Met vuur vir sy beminde; Solank 'n maag in skoonheid groei, Sal, waar nog jeug in vreugde bloei, Die lied 'n weerklank vinde. Die minnesang op perkament, Deur mot en roes verderflik, Oorleef die hegste fondament, Weerklink tot aan die aardryksend, Want liefde is onsterflik! Vorige Volgende