Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 150]
| |
Waar smôrens nog weerklink 'n lied
Op stil-gewyde toon
En waar die Heer Sy seën gebied
Omdat daar liefde woon;
Waar daar nog deur die lewe vleg
'n Silwerblanke koord;
Die man eenvoudig en opreg
En slaaf net van sy woord;
Die vrou nog trou aan haar gemaal,
Gelukkig met haar kroos;
Waar nog die seun sy perd opsaal,
Die dogter nog kan bloos.
Daar moet nog lug, nog ruimte wees,
Nog minder swaar die las;
Daar sou 'n kranke mens genees
As daar geneeskans was.
Dan, wat, in Godsnaam, maak ék hier
Waar alles anders is?
'n Heilloos hunker na plesier,
Net skyn, net dun vernis?
'k Sal opstaan en 'k sal daarheen gaan
Waar aldeur vrede woon -
Vervreemd, verwese en gedaan,
'n Arm Verlore Soon -
En sê: Vér het jou kind geswerf,
Die halwe wêreld om;
Maar, ou Karoo, nou voor hy sterf,
Nou het hy weer gekom.
'n Wrakke, vroegvermoeide mens,
Gebroke en verwond,
Kom hierheen met sy laaste wens
En vra 'n stukkie grond.
| |
[pagina 151]
| |
Hier iewers op die vrye veld,
Met geur van awendblom,
Sononder op die wye veld -
Laat hier ... die Donker kom!
|
|