Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die swarte osse Die jare kom die bulte oor Soos sware, swarte osse; Dwarsoor my hart lê hulle spoor - Die vaalstreep deur die bosse. Die jare kom, die jare gaan, Al dieper sny die groewe; Gebroke is ek en gedaan Deur hulle sware hoewe. Vorige Volgende