Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Land, Volk en Taal Melodie: ‘Finlands Wald’ (Fins) Land van die eike met heldergroen lower, Ruisende graanveld en pêr'lende wyn, Waar elke môre met sonnegoud tower, Skitt'rend die Suiderkruis nagt'liks verskyn. O heerlik sonnig' land, Aan u gasvrye strand Bring ons die hulde van hart en verstand. Volk uit die lende van helde gesprote, Duldend geen dwing'land, gehard in gevaar, Waardig die vaad're, die Geuse en Hugenote, Wie kan u dade van durf ewenaar? [pagina 140] [p. 140] O stoere voorgeslag, U mannemoed en krag Word hier ons dankbare hulde gebrag. Taal van my moeder, haar liefde en gebede Staam'lend gelispel as kind aan haar knie, Wat ek geloof het, gelief en gelede Ruis in u klanke as 'n soet melodie. O dierb're Moedertaal, As eens my dag ook daal Hoor ek u nog vir die laas liewe maal! Vorige Volgende