Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 139]
| |
Met smart ten grave daal,
Jou gees die leef nog hede,
Jou stof rus in Transvaal!
Die vryheidsgees sterf nimmer
In die Afrikaner-ras -
Hy rys weer soos die feniks
Verheerlik uit sy as!
Die grootste ryk verbrokkel,
Geen troon bly altyd staan -
Die sterkste leërs snewe;
Ons volk sal nie vergaan,
Solank hy vasberade
Eendragtig en getrou,
Soos sy grote Voorman
Sy eie siel behou -
‘Bewaar,’ roep hy, ‘u sede,
U Godsdiens en u taal,
En skep uit u verlede
U toekoms-ideaal.’
|
|