Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 138] [p. 138] Die diepste smart Poolse melodie Die diepste smart het sy geduldig Gedra die eed'le Boerevrou, Deur al haar leed so menigvuldig Het sy haar hoof steeds hoog gehou. Selfs toe haar huis die vlam ten prooi word, Verlore al haar aards' besit, Spreek sy: Vir jou gee ek gewillig, O land, my land! nog meer as dit! En toe haar seun, haar al op aarde, 'n Vroeë graf vind op die veld, Roep sy met trots: 'k Bedwing my trane, Ek was die moeder van 'n held! Hy rus in vaderlandse aarde, Trou waak die sterre oor sy graf En vir ons Vryheid - O, vrywillig - Lê ek my lewe ook nog af. Toe van haar volk hul taal en sede En ideale laf laat vaar, Ontrou word aan hul groot verlede, Die slaaf van die veroweraar, Toe vloei haar lang-bedwonge trane, Toe wyk haar moed, toe breek haar hart En troost'loos staar sy in die toekoms - Dit was die allerfelste smart! Vorige Volgende