Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die moeder by Irene Poolse melodie (In die somer is die kinderkerkhof by Irene 'n see van kosmos.) Daar waar die graffies lê in die rytjies Daar is begrawe my aards' geluk: Twee kleine bleke kindergesiggies } Bis. Wreed van hul moedershart geruk. } Bis. Wanneer die lente kom oor die aarde, Blomme verspreidend, selfs ook hier, Sien ek hul weer - gepluk uit my gaarde. } Bis. Waarom so vroeg, O Howenier? } Bis. Saans as die sterre, lonkend van verre, Harte verhef na hoëre sfeer - Lag hul my toe - my tedere kleine. } Bis. Blommetjies in die tuin van die Heer! } Bis. Vorige Volgende