Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 137]
| |
As Voorjaar kom en nuwe lewe
Met towerstaf wek oor die land,
Van heimwee word ek dan gedrewe
Na sonnig' Afrika se suiderstrand!
Die swaeltjie wat bly:
Ek hoor van Switserland en Spanje
Van al die skoon wat jy aanskou,
Die groen olyf die geel oranje
Italiës helder hemel blou -
Ek hoor van nagtegaal-gesange,
Waar donker woude antwoord gee -
Hermanus hou my hart gevange,
Sy berg en dal, sy blomme en bloue see!
|
|