Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 136] [p. 136] Vanmelewe Wysie: Rückblick (Duits) O vanmelewe! kosb're tyd Van liefde, lus en lewe, Verby is al jou heerlikheid - Wat het jou dan verdrewe? Vergeefs soek ek jou nog eens weer; Ek vind ja selfs jou spoor nie meer. Wat het jou dan verdrewe, O tyd van lus en lewe? Alleen, maar die opregte hart Kan nimmermeer verkoel nie - Sal hy die vreugde of die smart Van vrindehart nie voel nie? Al word die wêreld droef en koud, Die ware vrindskap word nooit oud. O laat sy altyd bloeie, Haar bande hegter groeie. Hier lê ek, beste vrind, my hand Vertroulik nou in joue. Ons sluit opnuut die heil'ge band van liefde en vertroue. Laat helder nou die stemme klink: Ons wil die goeie tyd herdink En hegter weer opboue Die liefde en vertroue. Vorige Volgende