Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Lied van die Volkskool (Heidelberg) Skoolleuse: V.V.V. (Vir Volk en Vaderland). Skoolkleure: Goud, wit, groen. Daar's 'n skool met ideale En gebore uit die nag, Uit die nag van stryd en lyde Voor die opgaan van die dag. Dis die Volkskool hoogverhewe, Van ons hoop die onderpand, Dat daar wag 'n toekoms heerlik Vir ons Volk en Vaderland! Deur die lengte en die breedte Van ons land word hy genoem Die ou Volkskool wat ons liefhet, Alma Mater wat ons roem. Groot ons doel en hoog ons strewe, Aan ons land en volk getrou, Frisse sterkgespierde ‘Volkies’, Ons sal handhaaf, ons sal hou! Oor ons waai ons eie driekleur: Goud die son wat ons bestraal, Wit die sneeu op ons gebergtes, [pagina 141] [p. 141] Groen die vlaktes van Transvaal. Goud die teken van ons rykdom, Wit ons ongeskonde eer, Groen die hoop op eie toekoms En die welvaart van weleer. Koor Wapper, vaandel van die Volkskool, Aan jou wy ons hart en hand - Al ons kragte al ons liefde - Vir ons Volk en Vaderland! Vorige Volgende