Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 128]
| |
Op sy bedjie wit en rein
Sluimer soet 'n knapie klein,
Is daar iemand op die stoep
Wat hom telkens saggies roep?
‘Liewe Jesus! Is dit Jy?
Kom hier op die bed by my -
'k Sal Jou 'n geheim vertel,
Dalkies raai Jy dit nog wel: -
Om Jy môre vroeg verjaar
Is ons Kersmisboom al klaar,
Is Jy altyd ook so bly
As Jy mooi presentjies kry?
Maar geen antwoord, geen geluid,
Slegs die maan skyn deur die ruit;
Blootsvoets loop hy deur die gang
By die deur uit - niks nie bang -
Langs die paadjie deur die tuin
- Silwer elke boom se kruin -
En - 'n sonderling' gesig -
Helder is die stal verlig!
Wat tog sal hy daar aanskou?
Daar sit Onse Liewe Vrou
Met die Heiland op haar skoot,
Soen Sy kleine voetjies bloot.
Om haar hoof 'n sterrekrans
Ligter as die verre trans;
Rondom lê 'n koei en skaap
Al herkouend in hul slaap.
Voor haar kniel drie manne grys,
Kniel drie konings oud en wys
Met geskenke in hul hand
Uit die verre Môreland.
| |
[pagina 129]
| |
Sag en soet klink in sy oor
Die verhewe Eng'le-koor;
‘Vrede op aarde’ soet en sag -
‘Kersnag - skoner as die dag!’
Vrind'lik wenk Maria hom:
‘Wil jy nie ook nader kom?
Kom en groet die Heil'ge Kind -
Alle kindertjies se vrind.’
Op sy toontjies staan hy daar
Skaam'rig staam'lend vra hy haar:
‘Mag ek maar Sy handjies soen?’
Ag ... toe wyk die visioen.
Op sy bed lê hy nog steeds,
Helder ligdag is dit reeds,
Moeder wek hom met 'n kus:
‘Het my liefling goed gerus?
Hy het sekerlik gedroom
Van 'n mooie Kersmisboom
Want hy't in sy slaap gelag,
In die blye Kersmisnag.’
|
|