Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 127] [p. 127] Biesie, Biesie, Bame Nodig: 'n Teddiebeer, Golliewok, Graaff-Reinetse pop en 'n kjoepie Skoon is nou weer elke poppie Van die voetjies tot die koppie! Sedig sit hul, maar ek vrees Almal is nie soet gewees; Want die stoute Teddiebeer (Slaan hom) Het sy bakkies swart gesmeer; En die wilde Golliewok (Dreig met die voorvinger) Het vandag weer so gejok! Riena kom van Graaff-Reinet; (Omhels haar) Ons twee het tog soveel pret. Kjoepie is my liefste kind, (Soen haar) Met haar laggie en haar lint. Toe maar, nou is almal soet, Moedertjie is ook weer goed. Knietjies krom en hande netjies: Bid nou julle aandgebedjies: - Biesie, biesie, bame Hou die handjies same, Ena, dena, dana, doe Maak nou julle ogies toe. Mena, mina, mana, moeg Tot dit lig word môre vroeg. Amen! Vorige Volgende