Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 123] [p. 123] Kokkewiet (Bedoel word 'n waterinsek en nie die voël wat dieselfde naam het nie.) O ek hou van die swaeltjies ... Daar bo in die lug Slaan hul bollemakiesie so rats en so vlug; Hulle duik vir die blitsstraal en speel met die wolke, En hul bou 'n mooi huisie met klei uit die kolke; Hulle vlieg oor die see en hul ry op die winde, O want Swaeltjie en Sonstraal en Somer is vrinde. In die voorjaar sit hul by die dam op 'n ry O so bly, want hul kry daar die klei om te brei. En ook nie op 'n tak Maar wel onder ons dak Bou hul kunstig die nes. Hulle skrik nooit vir ons, Net vir goeters wat gons. Hul word bang as 'n ding Uit die water uitspring; Vir 'n ding wat so koerrr Soos 'n grote woer-woerrr: Vir die ou Kokkewiet, Vir die grou Kokkewiet, Vir die blou Kokkewiet Met sy mes! Ek is lief vir die dam waar die diertjies op wemel, En ek kyk o so graag in die spieël van die hemel Na die wolke daar onderstebo, waar die lug In die blou waterkoelte lê en droom op sy rug. Ons ou voorbok, Kapater, is vies vir die water Met sy stewels wat kraak en sy klokkies wat klater. O dis heerlik die water se handjies te voel Soos dit spoel, O so koel in die sloot of die poel. O, maar kyk ek is bang Vir die groen waterslang Wat daar onderin woon. 'k Wou in diep water loop, Had my voet reeds gedoop, Toe ek skrik dat ek hik. [pagina 124] [p. 124] Wie't my nou weer verklik? Hoor daar roep een: ‘Pas op! Ja jong, jy raak gefop, Want die ou Kokkewiet, O die grou Kokkewiet, Ja, die blou Kokkewiet Sny jou toon!’ En daar klink oor die dam op die stil middagstond 'n Afgryslike yslike klank in die rond, 'n Geluid asof twee dosyn motbye dreun Met 'n nadraai so tussen 'n kreun en 'n steun. En my hare die rys en my tande die klap En my oë rek oop en my knieë word slap Want 'n liederlik-lelike wolhaar-insek Kom direk na my toe met sy bek oopgerek. Ag my bene was lam Maar ek sny van die dam En ek woerts op die es In my ma se kombuis, Ja maar toe maak ek vuis En ek sê: Wie's dan bang Vir 'n groen waterslang, Wie sal skrik - tog nie ek Vir 'n wolhaar-insek? Vir 'n ou Kokkewiet, Vir 'n blou Kokkewiet, Vir 'n grou Kokkewiet Met 'n mes? Vorige Volgende