Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermdDie tweeling
| |
[pagina 122]
| |
Brand binne die lig, dan laat vat hy na buite,
Kruip onder die tafel of loer deur die ruite.
Vir almal wat moeg is bring Donker Daan rus,
Vir kinders en blomme 'n goeienagkus.
As Donker Daan saans uit die diep klowe kom,
Sluit soet kind sy oë, sy kelkie die blom.
Slegs dan sal hy klaag dat ou Daantjie te lank is,
As Moeder moet waak by haar kindjie wat krank is.
Sy tweelingbroer Dawie is 'n vrolike kêrel,
Hy laat elke doudruppel blink soos 'n pêrel;
Hy skyn op die water, hy loer oor die rande,
Met skitt'rende klere uit Oosterse lande.
Hy is baie nuuskierig en kyk oral in:
‘Dis opstaantyd, netnou moet skool weer begin;
Word wakker,’ roep hy, ‘kyk daar trek my ou broer!’
En een, twee, drie het hy die spul aan die roer.
Die tweeling groei aan en neem af soos die maan,
Want somers is blink Dawie langer as Daan;
Maar winters - ek weet self nie wat daaraan skort -
Rek Daantjie so lank en krimp Dawie so kort.
Boet Dawie die hou van ravot en rinkink;
Hy laat vir Klaas Vaak smôrens sterk koffie drink.
Broer Daantjie die laat 'n mens vroeg-vroeg al gaap;
As perdjie eers kopspeel dan's sy ruiter Jan Slaap.
Wil iemand nog weet hoe ou Donker Daan lyk,
Druk albei die oë styf toe en kyk;
En as jy tot môre om sewe-uur wag,
Maak oop dan jou oë - en daar's Dawie Dag.Ga naar voetnoot1.
|
|