Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Geen rosie sonder dorinkie! Vir Annatjie Gister in die môrestond Loop ek in die blomtuin rond En met môredou gedoop, Gaan die rosies stadig oop. Goeiemôre! Al my liefies, Al my rose-hartediefies, Kyk die son het opgestaan, Nou's dit tyd om oop te gaan. Nou's dit nie meer tyd vir slaap nie, Nie manierlik nog te gaap nie! Nou's dit tyd vir pronk en pryk Roseplig om mooi te lyk! [pagina 121] [p. 121] Wys jul prag van mooie kleure, Sprei jul vrag van soete geure; Skoonheid wat ek sal onthou In die winterryp en -kou. Net een rosie kyk nie vrolik! Klein Ophelia lyk so olik; Hou haar koppie weggedraai, Bewerig die lippies fraai. Traantjies glinster in haar oë, Traantjies wat sy nie kan droë; Nou en dan gee sy 'n snik - Droef en duister is haar blik! ‘Rosie, nee dit sal nie gaan nie! Dit kan ek ook nie verstaan nie! Waarom in die môre sommer So vol droefheid en vol kommer?’ En die rosie antwoord saggies, Al met traantjies onder laggies: ‘Ek het ... al my leed is dit ... Op my dorinkie gaan sit!’ Vorige Volgende