Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 120] [p. 120] Met 'n mandjie rose Liefste Tannie, ons bring rosies, Rosies blink met môredou, Mooie kleurtjies, soete geurtjies, En dis alles net vir jou! Rosies fluister: ‘Liefde, soentjies’ - In verbloemde blommetaal; Rosies wat ons uit ons tuintjie, Liefde uit ons hartjies haal. Maar die soentjies ... in geen mandjie, Nêrens in wil dit geluk - Liefste Tannie, ons is raad-op - Soentjies moet jy self maar pluk! Vorige Volgende