Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 114] [p. 114] 4 Die kleinspan Makoemazaan - die waterman - Onder in die koele stroom, By die groene wilkerboom Langs die waterbaan, Waar die wilkers staan en droom, Op die middag lou en loom Woon Makoemazaan. Groener as die groenste gras Aan die stille waterplas; Groener as die graan Met sy kleine water-ogies Deur die fyne wilker-bogies, Loer Makoemazaan. Net die kinders onder tien Kan die waterman ooit sien, - Skelm Makoemazaan! - Met sy pak van groen ferweel, Met sy onderbaadjie geel, Met sy pouveer aan. En hy lyk tog so beminlik, En hy kyk tog o so vrind'lik. Voordat hulle weet, Gaan hul met hom na sy huis, Het hul al die boeties tuis, Moeder selfs vergeet. Omgekeer die wêreld onder - Alles lyk daar mooier, ronder. Hy self word 'n slang, Word Namlaambo geel en groen; As hy kinders streel en soen Word hulle nie eers bang. [pagina 115] [p. 115] In sy onderaards' paleis, Kan hy die geheime wys Van elk' dier en plant, Waar die waterhondjies bly, Waar die wortels grondjies kry In die rotsig' rand. Moeder huil: ‘Ag vlindertjies, Waar is tog my kindertjies; Is hul dalk verdrink?’ ... Vlinders vlieg tot waar die water Oor die ronde klippies klater, Blank en blou en blink. Kermend loop sy op en neer: ‘Nooit sien ek my kinders weer.’ En daar val 'n traan, Val 'n moedertraan na onder, Breek die towerkrag, o wonder, Van Makoemazaan! En hul loop met moeder saam, Almiskie 'n bietjie skaam, Weer na huis te gaan. Hoor hul iemand saggies roep ... In die maanlig op die stoel ... Dis Makoemazaan! Vorige Volgende