Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Aan die Aardbol: 1 Jan. 1926 Vele zijn de wederwaardigheden des menschenlevens, en altijd is zijn weg niet met rozen bezaaid. Oom Willem Bezuidenhout Hul sê jy is 'n losse bol Wat ewig deur die ruimte rol En rondomtalie soos 'n tol - 'n Mens word sommer bang. Hoe anders in vergange jare Toe jy nog vas was op pilare? Maar destyds was ons nog barbare. Ek weet nie hoe't jy losgeraak nie, In elk geval, dit maak g'n saak nie, Ou Aarde, gaan jou gang. En tog wil ek jou laat verstaan, As dit nog langer so moet gaan, Dan is ons almal na die maan: Die kwaaiding sal ons vang. [pagina 112] [p. 112] Die land oorstroom van Poolse Jode. Bankrotskap, brande word die mode. Die arme boer sterf duisend dode. Aan wat gebeur of nie gebeur nie, Hoef jy altans jou nie te steur nie, Ou Aarde, gaan jou gang! Of als verspoel, of als verdroog, Een sak te laag, een vlieg te hoog. Daar's al 'n doring in die oog, Die groen gras berg 'n slang. Van Nuwejaar tot Januarie Is elke sprinkaan op safari, Vaarwel aan die ou Kalahari! Hul laat die boer nie eers sy vel nie. Jy moet jou egter nie ontstel nie, Ou Aarde, gaan jou gang! My seuns die laat hul hare groei, My dogters hou dit kort geskroei, My vrou rook sigarets - ag foei, Maar wat nou aangevang? My skulde kan ek nie betaal nie, Ek weet nie waar die geld te haal nie: Ek het geen goudmyn in Transvaal nie. My uitgaaf's meer, my inkoms minder, Maar nogtans, laat dit jou nie hinder, Ou Aarde, gaan jou gang. Daar's wolhaarruspers in my werk, Daar's wolhaarsektes in die kerk. Gesond' verstand is nie te merk nie. Landsliefde's eie belang. Ek drink die bitter medisyne, Maar my ou rug bly vol van pyne - Die dokters met hul tierlantyne! - Waaragtig, so kan dit nie bly nie, Tog, kwel jou nou maar nie oor my nie, Ou Aarde, gaan jou gang. [pagina 113] [p. 113] Ek wonder of jy self wel voel Hoe die ou mensdom op jou woel En moeg word vir die hele boel. Die grappie duur te lang. Miskien het jy ook maar jou nukke, En gaan dit ook met stote en rukke. Wel - eendag loop jy tog op krukke. Wie al of nie die moord gaan steek nie, Daaroor moet jy jou hoof nie breek nie, Ou Aarde, gaan jou gang. Vorige Volgende