Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd1 Drank
1 Die Witperd
Pure water - die visse bewys dit - maak stom.
Sterke dranke - die mensdom bewys dit - maak dom.
Harde arbeid - die dom mens bewys dit - maak krom.
Lê veel op jou rug en voorkom so die kromheid,
| |
[pagina 109]
| |
Drink jou drankie met water en vermom so die domheid
Van kromhout se sop met die water se stomheid.
2 Die Vaalperd
Sit hom in spiritus - as jy een wat doodlê,
Lewenslank suiwer en goed wil bewaar.
Wil jy 'n lewende baie gou doodhê,
Sit dit in hom - en hy's een, twee, drie klaar!
| |
2 Wein, Weib und ... KopfschmerzenBedwelmd werk die susterpaar:
Die vrou, die eed'le wyn.
Die wyn word soeter elke jaar,
Die vrou, helaas ... asyn!
Die huwelik volg op die liefde se spore,
In rosegeur volg sy haar na.
Wie dink by die wyn-skink die aand vantevore
Aan die hoofpyn die oggend daarna?
| |
3 Die vrouDie vrou is die sout van die aarde,
Die suurdeeg, beskou op die keper:
Al hoër steeds rys sy in waarde:
Sy's beide die sout en ... die peper!
Wie ter wêreld verstaan ooit die vrou,
En wie sal haar geheimenis weet?
Haar verjaarsdae moet jy onthou,
Maar haar ouderdom moet jy vergeet!
| |
[pagina 110]
| |
4 OrakelHoe kan die vrou 'n naam verwerf,
Onsterflikheid behaal en roem?
‘Haar naam verloor - en as sy sterf,
Een nalaat wat haar “Moeder” noem!’
| |
5 Oud en jonkOud vergeet reeds wat hy moes geweet het:
Jonk die weet steeds wat hy moet vergeet.
Oud, die Vrek, kwel oor wat hy geëet het:
Jonk, die Vraat, lol oor wat hy sal eet!
| |
6 Die liewe jeugIs die draadlose telegrafis
Nog 'n nuweling hier in ons land,
Voetjie-voetjie inteendeel is
Al so oud as die Suikerbosrand!
Al is 'n jongeling nog so edel,
Met goed en eer bedeel,
Tog sal hy om 'n handjie bedel,
'n Soentjie sal hy steel!
| |
7 OndervindingOndervinding is die meester
Wat die hoogste laat behaal,
Maar sy leergeld is die duurste
Wat 'n leerling ooit betaal!
Is geld die wortel van die kwaad
Wat oral wortel skiet,
Sy diepste wortel inderdaad -
Penwortel - is ... krediet!
| |
[pagina 111]
| |
Op elke boot is een kaptein.
Hy voer bevel alleen -
Selfs op die huweliksbootjie klein ...
Die vraag is: Watter een?
| |
8 LeweWat mense laat staan of probeer
En wat ook hul doelwit en strewe -
Aleer hul nie lewe om te leer,
Sal hulle nooit leer om te lewe!
Die goeie sterf jonk. Is die rede miskien
Om te lewe ontbreek hul die moed?
Dis beter op aarde - dit moet hulle sien -
Veel beter: goed dood as doodgoed!
|
|