Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 85]
| |
Waarin die hemel onbewolk
Sy beeld sien ver benede.
Met duisend sterre straal die lug,
Vanuit die water styg 'n sug
Van smartelik' verlange:
Waar is my kinders wat hul dors
Gelaaf het aan my milde bors
In dae van vergange?
Voor nog die mens, met woest' geweld,
Die blye wydgestrekte veld
Met dieretal ontelbaar,
Ontwy het met moorddadig' lood,
Versprei het wisse, wrede dood,
Verwoesting onherstelbaar.
Hier waar nou net die nagvoël steun,
Hoe vrolik het dit nie gedreun
Van wilde dieretroppe -
Met oë mild en houding fier,
So skoon gekleur so sterk gespier
Met swaargehoornde koppe?
Hier het hul almal in 'n kring
Hul dors geles en weggespring
Met klett'rend' hoefgeklater;
Die vlakte stuur hul klein en groot
Uit ruime wonderryke skoot
Om lewegewend' water.
Hier nagt'liks het om roof gebrul
En met ontsag sy ryk vervul
Die Veld- en Vlaktekoning.
Sag sluip die Bergvors sterk dog fyn,
Die dood op voete van satyn,
Die rotskasteel sy woning.
‘Hy vat wat kan - hy hou wat het;
Bestaan is stryd’ - dit was die wet -
| |
[pagina 86]
| |
‘Met vreugde van gevaar by,
Aan Sterk en Snel gelyke kans,
Dat altyd suiwer die balans
In ewewig bewaar bly.’
My heug nog elke skone oog,
Versierde koppe trots omhoog,
Die nette ledemate!
Nog droom ek - in die maneskyn -
Van heerlikheid, helaas! verdwyn -
So eensaam, so verlate.
Verdwyn ... in die vergetelheid -
Die mens in sy vermetelheid,
In naam van sy beskawing,
Het al wat vry was uitgeroei;
Dis slawediere wat hier loei,
En tot my kom om lawing.
|
|