Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 81] [p. 81] Voor in die wapad brand 'n lig S.J.P. Kruger - 10 Okt. 1825 Vryheid, woord van alle woorde Wat die mensehart beroer, Op jou wekroep na die Noorde Trek die stoere, kleine Boer. In die leerskool van gevare - Wilde diere en barbare - Word gebrei sy kinderjare. Onder swaarkry nooit beskrywe Groei 'n man op, langs die pad, Wat die eie span kan drywe En die voortou veilig vat: Vir g'n drif of duister swig ... Voor in die wapad brand 'n lig. Kom die jonkman uit die Noorde Wyl die awendskadu's val; Skuimend lek die stroom sy boorde: Vaalrivier lê kant en wal. In die waters van die Vaal Waar die donker draaikolk maal, Helder skitter daar 'n straal! Oë mistig van verlange, Weerskyn van 'n skone droom: Sagte arms, rooie wange ... En hy werp hom in die stroom! Liefde hou sy blik gerig ... Oorkant die water brand 'n lig! Heldemoed en doodsveragting, Makapan, spel jou spelonk Op die dag van wrede slagting Van jou stryders bloedlus-dronk. Reg voor die spelonk se mond Val die voorman swaar gewond, Drenkend met sy bloed die grond. Met die uitroep: ‘Help! O Here’, Onweerstaanbaar soos die wind, [pagina 82] [p. 82] Uit die mond van die gewere Red hy sy gewonde vrind! Broederliefde en burgerplig - Diep in sy boesem gloei die lig. Ná die veldtog, rus en vrede - Vrede in die Vaderland; Nader bring hom elke skrede Na die huisie teen die rant Met die troue eggenoot' En die kleintjies om haar skoot, Dierbaar almal, klein en groot, En hy neurie: ‘Dank U, Vader,’ - Wyl sy hart al sneller klop - ‘Dat die uur van weersien nader!’ Trek sy perd weer op galop; Vreug verklaar sy aangesig: Voor in die wapad brand 'n lig! Sware, swarte onweerswolke Trek saam oor die jonge staat, Benjamin van al die volke, Prooi van hebsug, nyd en haat. ‘Hier,’ spreek hy, ‘g'n dwinglandy, Hier g'n vreemde heerskappy, Weet die wêreld: Ons is vry! Bewe vir g'n krysgbasuine, G'n geweldenaar se wrok; Nooit lê hy ons land in puine Voor ons heel die mensdom skok! Val vry, felle bliksemskig: Bo-op Majoeba brand 'n lig!’ In die land van sneeu en koue Peins oorstelp die gryse held, Enkel met sy Godsvertroue En verlange na sy veld! Hoor hom smeek: ‘Heer, dis genoeg; Roep die landman van die ploeg: Hy's gedaan, Heer, hy is moeg! [pagina 83] [p. 83] U, die Kenner van die harte, Weet wat elke hart kan dra. Lenig, Man van Smart, die smarte Van verwond' Suid-Afrika.’ Sterwend' straal sy aangesig: ‘Voor in die wapad brand 'n lig!’ Vorige Volgende