Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die ou Voortrekker Ende hij stierf oudt ende der dagen zat. Bybel My kinders om my bed geskaar Ek voel die lange tog is klaar, Die laaste uitspan daar - Dank Heer, dat U aan gindse kus Die moeë trekker gun sy rus, Na opdraans lank en swaar. Die ou familiebybel daar Moet julle meer as goud bewaar; Hy was deur al die swaar My raad en troos in tyd van nood, Nou in die ure van die dood My vaste steunpilaar. Daar aan die muur hang my geweer, Bewaar hom goed. Hoe menig' keer By dreigende gevaar Was net sy snelle, wisse lood Ons een'ge redding van die dood Deur roofdier of barbaar! Majoebaberg die ken sy knal; Die grootwild het voor hom geval, En leeus die stof gebyt! Mag daar nooit iemand met my van, Wat nie kan skiet - geen weerbaar' man - Die lewe hulploos slyt. [pagina 80] [p. 80] Besonders wil ek julle vra: Hou vir gedagt'nis my ou wa - Wat het hy nie deurstaan? Hy was ons huis as onweer dreig, Ons vesting sterk in felle kryg Met Silkats en Dingaan! Hy kan getuig van moedermin: Die Lewe het in hom begin; Die kille Dood ken hy. Wat 'n verhaal kon hy ontvou Van mannemoed en vrouetrou En eerste liefde bly! Gee aan ou Poon, my laaste perd, Genadebrood. Hy is dit werd. Vir hom is daar geen geld! Hoe dikwels het ons twee gedeel My laaste bietjie mieliemeel Daar buite op die veld! My kinders, bly die grond behou; Onthou julle afkoms; wees getrou! Laat vreemde sedes staan! Al bars die swaarste onweerswolk Oor ons, tog bly ons nog 'n volk En sal ons voortbestaan. Daar's nog 'n ou Transvaalse vlag - Bewaar ... wie weet ... miskien ... eendag - Ek sal daar nie meer wees - Maar mag ons eie vlag weer waai, Vat my geweer en skiet en laai - En ... Heer, ontvang my gees! Vorige Volgende