Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende As hy kom ... As die oproep weerklink: Na die strydperk van eer Want die vaderland is in gevaar, Saal die burger sy perd op en gryp sy geweer, En die ure van afskeid is daar. Waar ek gaan, gaan jou beelt'nis, my Liefste, alom: Maar my hart laat ek ewiglik hier. As ek kom, as ek kom, as ek eendag weer kom, Word ons bruilof, my Liefste, gevier. Ag die stryd was so lang en die dae so bang En nog banger elk' slaaplose nag, Tot die glans uit haar oog wyk, die blos van haar wang, Het sy dae en jare gewag, Steeds gewag en verwelk soos 'n kwynende blom Wat die tuin van haar hart nie meer sier; - As hy kom, as hy kom, as hy eendag weer kom, Dan sal liefde en trou seëvier. Al die burgers kom tuis en sy soek langs die ry Vir 'n lang, lang verwagte gesig, Hulle kom, hulle gaan, nou is almal verby ... Uit haar wese verdwyn al die lig; [pagina 79] [p. 79] En die lied, soveel male herhaal al, verstom ... Hy lê ver op die slagveld van eer ... As hy kom, as hy kom ... hy sal nimmer weer kom, Net verlange en hartseer kom weer. Vorige Volgende