Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd1 Die kampIn die kamp van die vroue heers stilte en donker,
Die ellende genadig bedek deur die nag.
Hier en daar in 'n tent nog 'n flou liggeflonker,
Waar die Engel van Meely - die Doodsengel - wag.
In die plaas van verdriet en van loodsware harte
Lê 'n knapie te snik in 'n troost'loos geween.
O wie tel al die trane, wie meet al die smarte
Van 'n weeskind verlate, op die wêreld alleen!
Want sy vader was vroeg in die stryd al gesneuwel.
Na die kamp toe moes moeder toe die huis was verbrand.
Sy en Sussie lê daar aan die voet van die heuwel;
‘Wees getrou,’ het sy sterwend gesê, ‘aan jou land!’
| |
[pagina 76]
| |
Maar meteens word hy stil, hou sy asem en luister:
Uit die verte verneem hy 'n dowwe gedruis,
‘Dit is waens en perde wat trek in die duister,
Soos die Boerekommando die aand by die huis.’
En 'n vurig' verlange laat ril al sy lede
By die denkbeeld: daar trek van ons mense verby,
En hy kruip by die skildwag verby - net 'n skrede -
Deur die doringdraadheining ... Goddank hy is vry.
Nie die grynsende nag, nog die skoot van die skildwag,
Nie die snerpende kou laat hom huiwer ... hy's weg ...
Half verkluim, by De Wet bring hom een van die brandwag:
‘Generaal, hier's 'n burger wat ook kom help veg!’
| |
2 Die laerBleek word die held van 'n honderd gevegte;
Duister die anders so heldere oog.
‘Moet ook ons kinders nog sterf vir ons regte?
Vaderlandsliefde, u eise is hoog!
Vryheid verg hier vanuit onse geleed're
Manne van moed wat gevare uittart.
Maar in die kamp ook die moeder, die teed're,
En die onskuldige kind aan haar hart.
Wie by ons aansluit het net een verwagting:
Daagliks die dood in die oë te kyk.
Honger en dors te verduur met veragting;
Nimmer die eindpaal of doel te bereik.
Berg oor waar nooit nog 'n hoefslag-gedonder,
Stroom deur waar woes rol die bruisende vliet,
Krans af waar swart gaap die afgrond daar onder;
Blokhuis en haakdraad 'n pad deur te skiet.
| |
[pagina 77]
| |
Vlug as die springbok die vyand ontwykend,
Blitssnel hom later te spring in die sy;
Nou soos die aad'laar sy planne afkykend,
Dan soos die leeu van hom buit weer te kry.
En die beloning? ... Miskien op die velde
Eensaam 'n rusplaas, benat deur geen traan.
Eenmaal, wie weet? eer die nakroos ons helde ...
Seun, sien jy kans?’ ‘Generaal, ek sluit aan!’
| |
3 Die slagSoos sprinkaneswerms kom vanuit alle oorde
Die vyand, toe die oggend die laer bestraal -
Van Môre en Awend, van Suide en Noorde!
By De Wet net 'n handvol, maar manne van staal.
Verniet al hul voetvolk en ruiters en bomme!
Niks baat ook die drie maal verdubbeld' kordon;
Hy breek soos 'n warrelwind deur die kolomme
Met agthonderd burgers en Danie Theron.
Die stofdamp verdwyn en die krygsrumoer swyg weer,
En sag daal die nag oor die bloedige veld,
Waar buld'rende moordtuig en mouser nie dreig meer -
Sieltogend lê menige strydros en held.
Tesaam vriend en vyand. Die Rooikruis kry later
'n Arme klein seun met 'n koeël deur die bors:
‘Ag, Omie, bring gou tog vir my bietjie water;
Die pyn kan ek uithou, maar o, nie die dors!’
Gelaaf word sy lippe, verbind al sy wonde,
Maar ru was die storm en die stingel gekraak.
Diensvaardige Meelyde daar aan sy sponde
Kon sien elke uur, hoe die Skadu genaak.
| |
[pagina 78]
| |
In brandende koors yl hy: ‘Daar kom van verre
'n Grote kommando ... hul roep my op my naam.
Kyk, al die wit perde ... daar naby die sterre ...
O daar is my vader ... 'k gaan saam, ek gaan saam!’
Die oë word flouer en slapper die hande;
'n Glimlag verstyf op die koue gesig -
So sag as die aandson daar ver op die rande
Nog rus, met 'n soengroet van liefde en lig!
|
|