Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Verplante blommetjies 1 Swaansang And the wild swan's death hymn took the soul of that waste place with Joy hidden in Sorrow. Tennyson Weerspieël in die stille stroom, Sag vlietend na die see, Die beeld van Werklikheid en Droom, Dryf swaan en skaduwee. Al singend wou hy sonwaarts styg Vér deur die bloue swerk; Al swygend het sy hoof geneig, Want kragt'loos hang sy vlerk. [pagina 68] [p. 68] Maar plots'ling, met 'n wonderkrag Ontvlam 'n wilde gloed; Daar, met 'n magt'ge vleuelslag, Styg hy vanuit die vloed. 'n God'lik skone lied weerklink - 'n Lied van liefdesmart. O saal'ge dood, hy val, hy sink, Gebroke was sy hart! 2 Vraag en antwoord Die goue son het ek gevra: Weet jy wat liefde is? Sy antwoord was ... 'n stroom van lig Deur diepe duisternis. Die rooie roos het ek gevra: Is liefde skoonheids kind? Haar antwoord was ... 'n soete geur Op wieke van die wind. Die blye stroom het ek gevra: Is liefde wel of wee? Sy antwoord was ... 'n melodie Sag singend van die see. Die nagwind het ek eens gevra: Is liefde vreugde of smart? Toe suis daar sag 'n sug van pyn Stil knaend aan die hart. Die Goedheid self het ek gevra Wat of die liefde sy: Of heil'ge erns òf louter skerts? Toe gee Hy jou aan my. [pagina 69] [p. 69] En nou ek in jou hart mog lees Jou soet geheimenis, Nou weet my hart - nou vra ek nie ... Nie meer wat liefde is! 3 Duisend-en-een Die Nag het duisend oë: Net één die Dag. Tog wyk dié uit die hoë, Volg 'n wêreldnag. Die Gees ken duisend sterre: Net één die Hart. Tog lonk dié nie van verre, Volg 'n lewensmart. 4 Sy 'n Tuin gelyk In lentebloei Het sy gegroei So roseryk; Met goud gekroon, 'n Sonnelus, So onbewus Van al haar skoon. Haar frisse jeug So lenig slank, So lelieblank, Was louter vreug. 'n Lelie fyn En sorge-vry Het sy gebly Madonna-rein. [pagina 70] [p. 70] Verheugenis En raserny Veroorsaak sy, So sonder lis, Vir jou en my. Vertwyf'ling hou Die lelie-roos Vir my en jou, Toe al en nou, En eindeloos. Vorige Volgende