Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Bede En ik zag eenen nieuwen hemel en eene nieuwe aarde. Openbaring van Johannes Hoe sal verduur die bron van lig 'n Arme kind van duister stof, Waar Vorste van die hemelhof Staan met bedekte aangesig? Gee aan Profeet en Martelaar Die duur verdiende oorwinnaarskroon Waar Serafs skitter, Magte troon - Te midde van U Engelskaar - Maar my - vergun U goede Gees - Ek smeek U dit, ek durf nie meer - 'n Plekkie op die aarde weer, U nuwe aarde wat sal wees. [pagina 58] [p. 58] 'n Heiligdom van boom en blom Waartussen voëltjies bly gesels, Klein armpies my nog eens omhels, Klein voetjies my weer teëkom. Laat sag daar 'n Verskyning ruis Wat grasie, vreugde en skoonheid is En liefdes soet geheimenis Bekoring bring aan hof en huis; 'n Bergtop in die vrye lug Met groue newels aan sy voet, Pers wolke wat die aandson groet; Wit swane op 'n verre vlug. Laat Nag daar weer die Dag vervang En rus die werk van hand en gees En laat daar ook nog Winter wees Dat ons na Somer kan verlang. Die daag'raad oor die Oostertrans In newelsluier opwaarts gaan - 'n Bruid met goue skoentjies aan Wat juigend op die berge dans; Wat blydskap wek langs heel haar pad Tot sy die Weste vuurrooi verf; En toon ons, as haar luister sterf, Die lampe van U wonderstad. Al kan ons nimmer opwaarts vaar Op vleuels van ekstase hoog En nimmer met verklaarde oog U oer-geheimenis ontwaar: - Die wanklank in die harmonie - Waarom die skoonste blom verwelk - Die droesem in die lewenskelk - U skeppings somb're trenodie; [pagina 59] [p. 59] Al kan g'n klanke tot ons dring Nooit op die aarde nog gehoor En nooit vertolk deur mense-oor: G'n hooglied wat U sfere sing; Laat lag en lied soas weleer 'n Hemelhuis vir Liefde maak - Dit het ek reeds op aard' gesmaak - Skenk ons die liewe Aarde weer! Vorige Volgende