Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 54]
| |
Klanke soet verruk sy sinne;
In vervoering tree hy binne
In jou wonderskoon paleis,
Salwend vir die siele suis daar,
Rein as eng'lestemme ruis daar
Tone uit die Paradys.
Aan die Poort-van-duisend-smarte
Staan daar duisend droewe harte:
Stadig gaan die deure oop.
Al wie intree ken geen smart meer,
Al die droefheid al die hartseer
Word weer vreugde, word weer hoop.
Op die groene Saal'ge Velde
Sing die Skone, juig die Helde
In hul frisse sterke jeug.
Gode-ambrosyne groei daar,
Nektar, vreugdewyne vloei daar,
Blydskap bruis in elke teug.
In die Vryheid knel geen boeie;
Aan die Ware, Skone, Goeie
Is die lewe toegewy!
Elkeen weet daar by ervaring
Van die raaisel die verklaring:
Lewe is enkel harmony.
Langs die somersee se boorde
Wieg op smeltende akkoorde
Oor die blou sy bootjie sag;
In 'n goue reën dalend,
Deur die Hemelpoorte stralend,
In die weste sterf die dag.
| |
[pagina 55]
| |
Alles kry 'n nuwe waarde,
En hy is nie meer op aarde;
In 'n blou etêries' lig
Opwaarts styg hy na die sterre,
Tot hy, huiw'rend en van verre,
Skou die Algoedheids aangesig!
Stil die klanke - weg die luister -
Oor die landskap daal die duister;
Ewig in sy hart bewaar
Weerklank van die harmonieë,
Nagalm van die melodieë
Aan die poort die Bedelaar.
|
|