Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Geboorte van die Lente Aan E.S. Gelukkig en bly was die dag Toe die Reent met die Sonskyn gaan trou het; Veelverwig die boog wat die Lug Vir 'n troupresent kunstig gebou het. Getwis het hul eens op 'n dag Met 'n storm verwytende woorde; Die Sonskyn verdwyn en die Reent Word 'n haelbui koud uit die noorde. Versoen raak hul weer en betaal Agterstallige Liefde - met rente! - En Sonskyn en Reent juig tesaam Oor 'n liewe klein dogtertjie: Lente! Vorige Volgende