Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 52]
| |
Die môreglorie
Op druppels dou:
Jou glimlag, liefste,
En oë blou!
Was ek 'n sanger
Sou klink my lied,
Vorstinne Somer,
Oor u gebied!
'n Lied van weelde,
'n Son-sieraad,
Van velde en tuine
In bruidsgewaad:
Jou rose wange
O liefste myn,
Jou sagte lippe
Inkarnadyn!
Was ek 'n sanger,
Oor berg en dal
Sing'k najaarsrykdom
Eer blare val;
As al die bome
Vol vrugte hang,
Die boord weergalm
Van voëlsang -
Namiddag-vreugde,
Vry - onbeklem:
Jou rype skoonheid
Jou soete stem!
Was ek 'n sanger,
As winter kom
Sou'k sing van rose
In volle blom!
Dis nie net lente
Wat skoonheid bring:
Die aandblom soet is
Herinnering!
| |
[pagina 53]
| |
Die vuur van binne
- Word buite ook koud -
Gloei dan eers helder:
Jou hart van goud!
|
|