XVII. Geskidenis van di Voortrekkers in Natal.
Onderstaande verslag is geskrywe deur Mnr. Rudolf C.M.G., Magistraat van Lady Smith, Natal. Ons ontleen dit (vertaald) an di Natal Afrikaner:-
Op jou versoek en op andrang van vele vrinde stuur ek jou ter publikasi in jou veul gelese blad 'n kort o'ersig van di geskidenis en lotgevalle van di voortrekkers na Natal, met 'n lys (a) van di name van di manne (4 kinders ingeslote) wat op di 6de Few. 1838 met Mnr. Retief deur Dingaan so verraderlik werd omgebring is, as oek 'n lys (b) van di name van di manne wat met hulle vrouens en kinders op 17 Few, 1838 deur Dingaans kommando langs Blauw Krants, Moordspruit en Bosmans Riviir vermoor werd. Ek glo dat di lyste vertroubaar is. Hulle is opgemaak uit eie herinnerings en di beste bronne van di geskidenis.
In myn skrywe kan ek noodwendig gen gewag maak van bisonderhede of van enige helde en onder-kommadante van di dage van di voortrekkers.
Voor ek voortgaan met myn verhaal wens ek te sê, dat daar vóór Mnr Retief gen ander Arikaner ooit by Dingaan gewees was.
Toen G.M. Maritz, Pieter Retief en Hendrik Potgieter beslote had Natal binne te trek (nadat Mzilikazi deur Maritz en Potgieter met di hulp van Pieter L. Uys versla'e was), daar Uys in di Vrystaat vertoef met syn gevolg, werd Retief tot Gouwerneur, Maritz tot President van di Wetgewende en Judisiële Magte'en Potgieter en andere tot Kommadante en Veldkornette angestel.
Op 'n genome besluit besog Retief Dingaan in Oktober '38, ten einde Natal van hom te verkry ver di Emigrante-boere. Hy kry di land, onder voorwaarde dat hy Dingaan's vé, wat deur Sinkonyale gesteel was, sou gaan terughaal. Hy en almal trek di berg o'er, en 'n gedeelte van hulle leger was verspreid, in vertrouwe op Dingaan syn woord, langs Blauw Krans Moord Spruit en Bosmans riviir, terwyl Retiif, met 66 man en 4 jongens, Dingaans beeste terug neem, om daarna di land van Natal in wettig besit te, ontvang. Hy kom an by Dingaans hoofdstad Umgumgundhlovu, op 3 Few. 1838, werd uiters beleef deur Dingaan ontvang en bejegen. Dingaan teken di afstandstraktaat van Natal; dog op 6 Few. toen Retief gereed was te vertrek, laat hy hom en syn mense almal verraderlik vermoor, en stuur dadelik 'n kommando, wat daar in slaag op 17 Few. (dus 11 dage na Retief syn dood) om di mans in lys B. genoem, met hulle vrouens en kinders wreedaardig te vermoor.
Di enige lager, wat bij di moord deur di Sulus angeval werd, was di van Maritz, Bloedriviir, waar hulle afgeslaan werd. Di lager van Retief, an Doornkop, en van Potgieter, hoger op, was uit hulle pad, dus het hulle di ni gemolesteer ni, en 'n gedeelte van Retiefs lager val di Sulus an te Moordspruit en drywe hulle terug.
Di tijding van di voorgevallene laat Kommandant Uijs, wat nabij Sandriviir was, met syn anhang, dadelijk ter hulpe snel en op 5 April 1838, trek 'n kommando burgers uit, (350 man) onder Kommandante Uijs en Potgieter. Di raak 10 April in geveg met 'n Sulu kommando, in di spelonke van di Italaberg in Sululand. (Nou Zulu ‘Reserve.’) Di Sulus kry di o'erhand. Kommandant Uijs met syn 14 jarig seuntji Dirk, sneuwel benewens 3 Nels, 3 Malans, Frans Labuscagne en Daniël Kruger. Di gevolg was vreselik; Potgieter verloor di moed en verlaat met syn anhang di land, om sig op Mosilikatsis o'erwonne land te vestig. Maritz, weer alleen as hoof van di voortrekkers ly reeds veul an di liggaam, deur siikte. Daar was di haggelikste tyd wat di voortrekkers toen ondervinde het, en dit was veral te danke an di onversaagde heldemoed van di waardige Maritz, dat di land ni opgegé werd ni, soos Potgieter gedaan het. Op raad van Maritz werd deur kommandant Land-