De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk
(1895)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekend
[pagina 192]
| |||||
deur Anna Elizabeth Steenekamp gebore Retief. Boan staan ‘Gedenkskrif of journaal van ons uittog uit ons moederland tot hiir an Port Natal.’ Di verslag is geskrywe ver myn betrekkings, kinders en kleinkinders, wat nog in di onderveld woon, dat hulle kan weet om watter rede hulle ouers en voorouers hulle geboorte land verlaat het en watter onrus en angs, droefheid en smart, ontbering en kommer, van vyande en van vuur ons o'ergekom het, en di oorsaak was van menige droewige sug en bittere traan, hoewel ons nogtans onder al di beproewende omstandighede geleid en bestuur is deur onse getrouwe God en Vader. Di rede waarom ons, ons boerderye en huise, ons land en ons famili verlaat het, is di vollende:-
Mar dis onnodig om nog meer omtrent di kwessiis nou te sê, want ek weet julle is goed bekend met di sake, daarom sal ek liwer ver julle vertel wat met ons gebeur is op ons tog. Twé klompe het al vertrek voor ons. Di eerste was di Taljaards en Liebenbergs, onder wi di eerste treurige moord gepleeg is deur di sterke Kafferoning Salkats. By di slag het Potgieter met veertig man ruim 'n duisend Kaffers geklop, mar ons was ni self in di la'er ni. Di gerugte van di moord was egter di oorsaak dat ons di Koloni nog gouer verlaat het om ons bro'ers te kan gaan help. Di moord is gepleeg deur Salkats op di 2de September, 1836. 'n Ander trop onder di leiding van G.M. Maritz, en myn ou vader Francois Retief, het di Koloni verlaat op di 15de November, 1836, en ek en myn famili moes agterbly, omdat myn man baing siik was. Mar op di 5de Mei, 1837, het ons oek di Koloni verlaat, alleen met ons kinders, bediindes, viir wa'ens en vé. Met ons vertrek van Sékoei Riviir het ons baing moeilikhede gehad; want ek het 'n siik man en 'n siik kind gehad om op te pas en ek self het oek mar gesukkel met 'n sware koue wat ek gekry het. Di swaarste saak was nog dat ons al da'e ons kruid en lood onder di grond moes begrawe, en dit snags laat haal met 'n wa. Di rede daarvan was dat ons baing ammunisi gehad het, en daar was 'n verbod teen om daarmé te vertrek. Op laas met baing moeite en groot gevaar het ons di Groot Riviir o'ergetrek, en daar het ek God toen gedank dat Hy ons so ver gehelp het. Toen, tot ons ongeluk kom ons onder di Basters te land, en hulle het ons net brutaal ontvang, en hulle sê dat hulle di reg het om ons van alles te berowe en te plunder, want di stam was al van lank af al bekend gewees as di grootste diwe en rowers op di aarde. Ons diinsbodes het weggeloop, en di meisiis, al was hulle nog jong en swak, was verplig om di wa'ens te drywe en te lei, ja selfs moes hulle di vé deur al di onregeerbare stamme drywe. Ons geselskap was nog ni vergroot ni; ons was nog mar net met viir wa'ens; en tog het ons blymoedig volgehou met di hoop van beter dage, en met di troos ver ons hart onder al di verlange dat blyer tye kom. Ons moes daarom nog deur twé soorte van Basters trek, di Korannas en di Boesmans, met di verliis van 'n party van ons pêrde en vé. Met vreugde en blydskap kom ons naderhand by Riitriviir, en daar kry ons toen 'n hele party mense, di eerste griste mense wat ons gesiin het op ons lange reis. Hiir het ons twintig dage gebly om dat myn man te siik was om verder te gaan op di reis, mar hy was oek skaars beter of ons het weer lat trek | |||||
[pagina 193]
| |||||
met ons viir wa'ens. Toen kom ons in 'n verlate land sonder hout of mis om vuur te maak, waar di gras zoo hoog is, dat ons skaars ons kinders en vé kon kry. Hiir het ons oek baing koue weer en sware reens gehad. Op laas kom ons by di Kaffer Koning Morokko en di Kaffers kom toen sommar ver ons by honderde te gemoet, en omring ons viir wa'ens nes twe mure. By di sendedeling syn huis het ons 'n bitji gewag, en toen kom di Groot Koning Masoes met syn bediinde en di klerk van Morokko kyk of ons slawe of apprentjiis by ons het om dit dan af te neem van ons. Nadat ons vertrek het van Morokko het ons nog baing sware beproewings ondervinde, en omdat ons gen pad kon kry ni, moes ons toen baing heen en weer swerwe, en ons kan nimand kry ni om ver ons di regte pad te wys of inligting te gé ni; mar ons siin toen baing verlate krale en lagers, en ons vé het gevrek by klompe, en bo'endiin was ons in 'n land waar gen hout is ni, mar vol van verlate krale, en hiir en daar hope bene en geraamtes van stamme wat deur Salkats vermoor en uitgeroei is. Hiir was o'ervloedig wild van alle soorte. Na ons viir maande gery het kom ons by Sand Riviir, mar ons was glad op di verkeerde pad, daarom het myn seun toen vooruit gery om te kyk of hy imand kon kry wat ver ons di pad kon wys, en tot ons grote vreugde kry hy toen mense op di 24ste Augus, 1838, en op di 25ste is myn jongste kind gebore. Hiirin het ek toen di waarheid van di woord van ons liwe Heer ondervinde, dat, is ons nood op syn hoogste, dan is Hy op syn naaste. Mar ons het toen daarom nog ni di klomp gekry ni, waarvan Maritz di Leider was en waarby myn vader was; mar dri dage na di geboorte van myn kind (di 28ste) het kommadant Potgieter vort gegaan op syn tog met syn geselskap, en toen het ons almal bymakaar gekom. Dit was daarom mar net moeilik ver ons om met so'n groot klomp mense te trek, en een dag toen ons 'n vlakte moes deur wat in di brand was, het ons 'n grote nood uitgestaan dat ons kinders sal verbrand. Van ons het 'n hele party, en van andere somar hele troppe vé verbrand. Van te vore het ons deur di land van twé soorte Basters getrek, di Korannas en di Boesmans, Morokko en Masoes is hulle kapteins. Nou moes ons weer deur di land van di vreselike Salkats trek; mar omdat meneer Maritz al syn mag so gebreek het, was ons ver hom ni bang ni. Toen ons di Sinkoenyella verby was, kryg ons ver Piet Retief digteby di Drakensberg met di eerste voortrekkers, oek myn ou vader Francois Retief en di Eerwaarde Smit. Daaro'er was ons tedanig bly, want di eerste kon tog ons wette uitvoer, en di laaste kon as predikant ver ons onderrig in Gods woord, en Doop en Avondmaal bediin, so dat ons gere'eld godsdiins gehad het. Elke Sondag, en alle aande was daar godsdiins, en dit het ons reis deur di woestyn regte angenaam gemaak, toen ons siin dat di Heere ons ni verlaat het ni. Meneer Maritz het vooruit getrek met 'n klomp voortrekkers, mar ons het kort daarna vertrek onder leiding van Meneer Retief tot by Groot Drakensberg, en daarvandaan het Retief met vyf man na Dingaan gegaan om di land van hom te koop of te ruil, en hy het dit verkry. Ek moet ver julle oek van Sinkoenyella wat vertel. So lank as ons op d Drakensberg was is hy betrap op diifstal en rowery, want hy het mense te pêrd na Dingaan gestuur, met geweers en gekleed, om vé te gaan steel. Ons het niks daarvan geweet ni; mar toen Retief by di koning kom vra di ver hom of hy ni bang is om by hom te kom ni, want hy het syn vé gesteel? Retief sê: ‘Né, ek het dit ni gedoen ni.’ Di koning sê: ‘Dan het jy geskiit na myn volk; hulle sê ver my dis di Maloenkoes (wit mense) wat dit gedoen het.’ Nadat Retief hom o'ertuig het dat hy onskuldig was, het Dingaan hom vrindlik onthaal. Mar dit was mar net geveinsheid, soos ons later sal siin. Retief het toen na di Baai gegaan. Toen hy weggaat van hom af, het Dingaan twé kapteins en 'n klomp van syn volk met hom saam gestuur om te kyk of syn vé by Sinkoenyella was. Retief het toen met di Kaffers en 'n | |||||
[pagina 194]
| |||||
party van syn mense na Sinkoenyella gery en kry di vé by hom, en hy gé dit toen an di twé kapteins om ver di koning te gé. Met grote moeite het ons o'er di Drakensberg getrek en di lager opgeslaan voor di Groot Tugela, waar di voortrekkers onder Maritz by makaar gekom het. Di Raad het toen besluit dat Retief, nadat hy di koning van di genoemde diwerye o'ertuig het, moet gaan om di land van hom te kry. En hy is oek sonder versuim gegaan met 63 man en dri kinders, buiten di agterryers. Toen Retief by di koning kom het hy ver hom vrywillig al di land present gegé (omdat hy di vé by Sinkoenyella gekry het) van di Tugela tot an di Umzimvubu, vollens di kontrak wat hulle naderhand gekry het by di mense wat vermoor was. En tog, al di vrindelikheid van Dingaan bewys mar net dat hy 'n wrede en vreselike moord wou begaan, soos hy oek werkelik gedaan het op di elfde Fewerwari toen hy ver Retief en 66 andere mense so wreedaardig vermoor het. En op di 17de Fewerwari het di Kaffers ver ons oek angeval. O vreselike, verskrikkelike nag, toen so baing martelaars bloed gestort is, en 200 onskuldige kindertjiis, 95 vrouens en 33 mans vermoor, en, in di verskrikkelike eewgheid geslinger is deur di assegaaie van di bloeddorstige heidens. Buiten ons bediindes, was ons getal o'er di 400 sile. O dit was amper ondragelik ver vlees en bloed om di verskrikkelike gesig te siin di anderdag morre! In een wa'e leg 50 dood en di bloed het gestroom van di soom van di seil tot op di grond. Ag, dit was akelig om di dooie en gekweste te siin! Di ander dag het ons algar na makaar toe gevlug in 'n ander lager op Doornkop, tussen di Tugela en Boesmansriviir. Di moord is gepleeg tussen Bloukrans en Boesmansriviir. Di Kaffers het ons di dag met 'n grote mag angeval, mar Maritz het hulle dapper angevat en terug gedrywe. En omdat di riviir toen net vol was en di Kaffers daaro'er moes gaan is 'n menigte van hulle doodgeskiit, so dat di water naderhand bloedrood was. Ek moet julle oek vertel, myn liwe kinders, hoe dit gekom het dat di Kaffers di nag so maklik di moord kon pleeg. Dit het gekom deur ongehoorsaamheid en onversigtigheid; dan di meeste mans was same met Retief, en di ander, was party uit op buffeljag, en party was na Drakensberg om hulle familiis te gaan help di berg af kom; so dat 'n mens amper kan sê, di Kaffers het di vrouens en kinders alleen gekry en terwyl hulle gerus slaap. Retief het ver ons gewaarskuw op Doornkop om by makaar te bly totdat hy terug kom, want hy was ongerus; hy het oek nadat hy weg was ver ons terug geskrywe dat ons ni van makaar af moes gaan ni. Mar di moeite wat ons gehad het met di vé het ver baing genoodsaak om langs di riviir af te trek met hulle familiis in klein klompiis. Ons was alleen, en voel veilig en gerus. Retief het syn vrou op Doornkop lat bly by Meneer Smit, en di Kaffers het daar ni gekom ni. Di dag na ons ankoms daar kom di gekweste, di vrouens en kinders wat agter gebly het an, party te voet, ander te pêrd, en 'n party in wa'ens. Ons veldkommadant, Piet Greyling, het ons kamp toen goed met kos versiin en versterk. Hy het oek ons vé terug geneem van di Kaffers; dis te sê, ons skape, want di osse was o'erkant di riviir, wat net vol was. Di Kommadant het di dode lat begrawe en di gekweste lat oppas. Waar jy kom, siin 'n mens mar trane rol en hoor jy mar mense huil by di geplunderde wa'ens, met bloed gevlek; tente en beddes an stukkent geskeur; swangere vrouens en kleine kinders moes ure ver loop in di verplukte toestand. Ag, hoe moeg en afgemat was di vrouens en kinders tog! en hoe verskrikkelik was dit te siin ongebore kindertjiis uit makaar geskeur deur di moordadige Kaffers! Toen di vrouens by ons kom, val hulle sommar op hulle kni'e en dank ons liwe Here dat hulle verlos is uit di hande van di wrede tiran. In ons kamp hoor jy niks as klagte en gehuil. Ider dag moes ons weer van di gekweste begrawe wat gesterwe was. Di gesig en di verskrikkelike omstandighede kan myn pen ni beskrywe ni. In April was ons kamp op Bloukrans, daar het veld-kommadant Piet Uys | |||||
[pagina 195]
| |||||
angekom. Hy is toen weer met 'n kommando uitgegaan, en is met tiin man omgekom op di 10de Mei. Di mense wat ver ons verraai het - Stubbs en Blanckenberg - het oek uitgegaan op 'n strooptog na di Baai op diselfde tyd toen ons kommando vertrek het, mar di Kaffers het ver hulle omsingel en vermoor, 17 Engelse, 'n party Natalse Kaffers en Stubbs daarby; so dat ons verraiers in hulle eie net geval het. Daarna was ons hele mag by makaar getrek by Bloukransriviir. Mar ag, myn kinders, om in so 'n grote lager van omtrent 'n 1,000 wa'ens te lewe is oek mar swaar, en dis nadelig ver di vé oek. In Juli het ons lager getrek so ver as Boesmansriviir. Luister nou, myn kinders, na di opsomming van myn droewige lotgevalle. Op di 2de Fewerwari is julle liwe jongste sussi gesterwe. Op 11de Fewerwari is di kommissi by Dingaan vermoor, daaronder was myn oom Retief, syn twé seuns, en ander betrekkings. Op di 17de Fewerwari was di grote moord by di wa'ens. Op di 10de Mei is Piet Uys met nog tiin man omgekom. Op di 23ste Juli is julle brawe vader gesterwe, en 'n menigte ander van julle naaste betrekkings en bekende. Di laaste sterfgevalle is waarskynlik veroorsaak omdat ons kamp so nat was; want dit het byna al dage gereen, en ons kon gen skoene dra ni, omdat daar so veul modder was. Op di 10de Augus het di Kaffers ons weer angeval by Boesmans-riviir. Hulle was verspreid o'er di land by duisende, so ver as jy met jou oog kan siin. Dit was verskrikkelik om te anskou. Ek kan hulle getal ni beskrywe ni, want 'n mens sou gedenk hê, as jy dit siin dat di hele heidendom vergader het om ons te vernitig. Mar lof en dank sy onse liwe Heer, wat ons so wonderlik uit di hande van ons ontelbare en bloeddorstige vyande gered, en ons di o'erwinning gegé het! Hulle voorste troppe het klere gedra, en di gewere gehad van di mense wat hulle vermoor het, en hulle loop storm op ons terwyl di ander ver ons omsingel. Ons getal van weerbare manne was baing verminderd, want 'n party was met Maritz by di Tugela, en 'n ander klomp was na Port Natal, sodat ons hele mag bestaan het uit twé veldkommanante en twé veldkornets met hulle manskap. Hulle name was Joachim Prinsloo, Jacobus Potgieter, Johannes du Plessis, en Johannes de Lange. Dan was nog dertig van du Plessis syn manskap en 'n party van Prinsloo syn oek met ons vé na Drakensberg, so dat ons net min mense in di lager gehad het, wat met geweers kon omgaan, en di heidens sou ons heeltemal uitgeroei hê as God dit toegelaat het. Nou kan julle self begryp, myn liwe kinders, in watter onrus ons vrouens was, toen ons siin di moordadige anval van di Kaffers. Di meeste vrouens was buite weste en verwese. En ons kon dit nooit denk dat so 'n handvol mense kan wen ni. Mar onse liwe Heer het ons versterk en ons vyande verswak. Di Kaffers loop storm op ons in 'n kring tot amper teen di tromp van di geweers. Dan val hulle ons weer op verskillende punte an, so dat ons mense verplig was om agter makaar om te loop en di vyand plat te skiit, nou op di een en dan weer op di ander hoek van di kamp. Ons het di wa'ens in 'n kring getrek en so dig toegeslaan dat hulle ni kon deurbreek ni. Mar di Kaffers het ons daarom twé dage en twé nagte besig gehou en hulle het net gedurig op ons geskiit. Mar ni een van ons mense het hulle ko'els geraak ni. En toen hulle siin dat so baing van hulle val en dat hulle an al di kante gedurig verslage word het hulle ons lat staan en is hulle vertrek met 'n oorlogsliid, so dat ons hulle ver nog kon hoor. Di twéde dag het ons manskap hulle agterna geja om ons vé terug te neem, mar hulle pêrde was te min en te uitgehonger in di kamp, so dat hulle verplig was om te draai en di Kaffers ons vé te lat hou. Mar ons het almal God gedank dat Hy ons lewe gespaar het, met uitsondering van een man wat hulle by syn skape vermoor het, en van myn getroue meid wat uit di kamp gevlug was. Na di slag het ons getrek na di Tugela, omdat Maritz graag syn mense uit | |||||
[pagina 196]
| |||||
di berge wil hê. Mar ons het 6 maande nog by makaar gebly. In di tussen tyd het julle broer Francois Marthinus Hattingh na di binneland gegaan om 'n kommando by makaar te maak en oek om pêrde te kry om ons vé terug te neem van di vyand, want daar was al hongersnood onder di mense wat van alles beroof was, mar ons het makaar so lang gehelp totdat naderhand almal syn provisi glad op was. Ek was oek ver di twedemaal getroud met 'n vreemdeling, 'n wewenaar, Thomas Engenaas Steenecamp. Maritz is gesterwe; Retief is vermoord; Uys is geval in di slag. Al ons leiders was dood, en ons was as skape sonder 'n wagter. Op di 10de November, 1838, kom myn seun met syn oom Andries W.J. Pretorius, wat toen met algemene stemme ver kommadant-generaal gekiis word. Hy het toen 'n kommando by makaar gemaak en 'n geveg gehad met di Kaffers. Deur Gods genade het hy di Kaffers gewen; 'n menigte van hulle is geval, en van ons manskap mar 5. Na di slag het ons weggetrek van di Tugela in Janewari 1839, en het toen hiir angekom in Pietermaritzburg. Ek moet ver julle nog vertel wat my op di laatste reis o'ergekom het. Ons het weggetrek op di 20ste Janewari, en op di 23ste van diselfde maand is myn seun Francois Marthinus Hattingh van di sware-weer doodgeslaan in 'n grote donderstorm, terwyl hy by syn vé was. Hy was 28 jaar oud en het 'n weduwe met twé kinders nagelaat om syn verliis te betreur. Dit was 'n harde slag ver my en ver ons hele famili. Hy was 'n man ver vrede, geag en geëer deur idereen en betreur deur almal. Mar di hand van onse liwe Heer doen wat Hy wil, en by di dood is gen anneming van persoon ni. Van dat ons hiir angekom het, het ons 'n hele jaar nog in lagere gewoon, en in di laaste daarvan het 'n treurige ongeluk ons o'ergekom. Op di 28ste Augus, 1839, om 9 uur in di aand, raak ons kamp an di brand deur 'n klein meid wat 'n kers opsteek. Party mense was al in di slaap toen di vuur uitbreek, mar ons was nog besig om ons kinders te leer. Met eens hoor jy 'n geskreeu van ‘Kaffers! Kaffers!’ en ons kon ni anders denk ni as dat di vyand ons kamp an di brand gesteek het. Di eerste huis was pas an di brand of een-twé-dri was di hele spul in di vlam. Di lager was goed voorsiin van kruid en lood, want ons vader Steenecamp het allenig al 'n ton van 600 pond kruid gehad, en di ander huise was oek algar vol kruid, so dat dit gevaarlik was om in di kamp te bly. Ek het dadelik gevlug met myn twaalf kinders buitekant di poort omdat ek bang was ver di vuur en ver di Kaffers. Ons het gehardloop tot by di eerste laagte, mar verder kon ek ni. Naderhand is di ander vrouens oek agterna gekom, en daar is ons gebly totdat di vuur uitgebrand was. Toen kryg ons eere tyding wi algar verbrand is in di vuur; hulle vertel dat myn man oek daaronder was: en di boodskap het my ni groot onstel ni, want ek kon vooraf begryp dat ons nooit algar daaruit lewendig sou kry ni. Di nag het ek nog akeliger gedagte gehad, dit was my kompleet nes di oordeelsdag, en di woorde van Petrus was gedurig in myn gedagte waar hy sê: - ‘De dag des Heeren zal komen als een dief in den nacht, in welken de Hémelen met een gedruisch zullen voorbygaan en de elementen branden zullen en vergaan, en de aarde en de werken die er in zyn zullen verbranden.’ (2 Petr. 3:10). Mar di vreselikste van di hele nag was nog om te siin toen di kruid vuur vat en di stukke van di wa'ens in di lug vliig na al di kante, rondom ons. Net soos di gevaar verby was, het ons dadelik weer na di lager gegaan om di half verbrande te verpleeg en di dode te begrawe. Toen di eerste huis vuur gevat het, was daar tiin man om te blus, en toen di kruid an di brand vliig is dri van hulle dood op di plek en di ander swaar gekwes. 'n Tog-wa met 'n menigte kruid het oek vuur gevat; twé man wou perbeer om dit te redde; mar albei is so swaar gekwes dat een dadelik daarop gesterwe is en di ander een het net mar 'n klein tydji gelewe. Di wa met | |||||
[pagina 197]
| |||||
kruit was in di middel van di kamp. Twé wit kinders en twé klein kaffertjiis is doodgebrand daarin. Di vollende dag kry ons 9 dood en 12 gewond, wat so mar in di as lê. Di hitte was so sterk dat ons di aand ni kon ingaan om di dode uit te haal ni. Al wat ons had was tot askool verbrand: 4 wa'ens, 9 vette ingesoute osse, verder vet, seep, sout, suiker, ens. Alles was verbrand, en ons was goed versiin van alles, huis is oek afgebrand. Ons moes di hele nag so by di vuur sit, sonder klere en sonder bed. Party van di vrouens en moeders huil, want hulle het hulle mans en seuns siin omkom in di vuur. Ons arme vrouens en kleine kinders, het di nag mar benoud gehad om di koue en di vrees ver di Kaffers; mar om di héle nag by 'n vuur te sit, waarin so baing mense verbrand is, was nog swaarder; en di nag was bitter koud. Di ander dag morre het ons al di bene in 'n deken gebinde en begrawe. Daar was verbrand 3 Stenekamps, 2 Potgieters, 1 Deventer, 2 kinders, en 2 Kaffers, en 2 Stenekamps was swaar gewond, myn man was een daarvan, mar hy is deur Gods goedheid weer herstel. Hiiruit kan julle nou siin, myn liwe kinders en vrinde, met hoeveul teen-spoed ek te kamp gehad het op myn reis v;n 20 maande, voor ons 'n huis of woning gehad het. Kort na di brand kry ons weer di masels waaran baing gesterwe het. Myn ou man en ek moes 23 kinders en kleinkinders oppas, en dit sonder 'n huis of tent, in 'n wa'e. Party da'e was ek so swak, deur al di moeite en sukkel, dat ek dit byna ni kou deurstaan ni. Mar ons liwe Vader sy gedank; Hy het my so veul krag gegé dat ek di laste kon dra en myn pligte vervul. Ver omtrent twe jare na di tyd het ons stil en gerus gelewe, in vrede met al di kafferstamme rondom, so dat idereen weer 'n kleine lewensbestaan begin te kry, want di land is regte vrugbaar, en 'n mens kan goed lewe as jy ni geplaag word met oorlog of ander ongelukke ni. Mar tot onse smart en teleurstelling word onse vrede gou weer gesteur, en al ons vooruitsig van voorspoed en geluk was gou vernitig, want op di 6de Mei, 1842, kom Kaptein Smith an in di Baai van Port Natal, en op di 25ste van diselfde maand val hy ons an. Hy kom al langes di kant van di sé met kaweltouwe rondom di wile van syn kanon-wa'ens gedraai. Kyk nou hiirin weer, myn liwe kinders, hoe sigbaar di Here onse manskap bygestaan het; met al di bedrog en lis van di Engelse in di slag en al hulle kanonne en grof geskut, is daar net vyf van ons mense geval, en twé vermoor deur di Kaffers, wat hulle te'en ons opgemaak het. Mar an goed het ons baing verloor. Vrou'ens en kinders moes nakend vlug, van al hulle klere beroof. Plase en landerye is verwoes deur di heidens, en di Kaffers het so veul van ons vé weer weggesteel, deur hulle onophoudelike diwerij, dat ons weer in armoede verval is. Op di 15de Juli kom di eerste Cloete an in Maritzburg, en maak vrede met 11 van ons mense, en bepaal dat di dag jaarliks as 'n vrolike feesdag moes geviir worde deur ons en ons kinders. Mar op di 9de Mei, 1843, kom di twede Cloete hiir an, en ons moet alweer ons land afgé, wat ons met ons goed en bloed gekoop het - dit is di vergoeding wat ons beloof was. Mar, myn liwe vrinde en kinders, ek moet julle ten slotte sê dat, as alles in di ongelukkige toestand blyf waarin dit nou al is, dan word ons kompleet gereneweer, en dis mo'entlik dat daar binne weinige maande nog mar net min van julle betrekkings in Port Natal sal te kry wees, want ons is hiir totaal verarm, en ons wil weer na di binneland trek, as onse liwe Here ons di gesondheid en syn seen gé.
Julle liifhebbende Moeder en Grootmoeder,
Anna Elizabeth Stenecamp,
Gebore Retief. |
|