| |
XV. Gedenkskrifte van di Hugenote familiis in Afrika.
(O'ergedruk uit di Afrikaanse Almanak van 1881.)
Di famili de Villiers.
Ofskoon di famili di laaste van almal hiir angekom het is dit tog di grootste van al di Hugenotefamiliis. Daar is gen plek in ons land of daar is De Villiers, mar veral in di Pêrl. Nou al di afstammelinge sal wel bly wees om te hoor hoe hulle voorouers hiirnatoe gekom het en wat met hulle gebeur is. 'n Oue gedenkstuk van di famili, wat ek onlangs gelukkig in di hand gekry het, deel ik hiir kort en getrou me.
Toen di vervolging in Frankryk so erg was teen di Hugenote, woon 'n tak van de famili de Villiers al byna 'n 100 jare stil en gerus op 'n buiteplaas digteby La Rochelle, 'n séstad van Frankryk. Ou Pierre de Villiers en syn vrou was albei al oud. Hulle had al gehoor van di vervolging op ander plekke, mar omdat hulle so stil en afgesonderd leef, het di Roomse priisters en di soldate hulle nog met rus gelaat.
Hulle het 4 seuns gehad: Piêrre, Abraham, Jakob en Paul. Di 3 eerste was al groot en bewerk di plaas, want di Hugenote was iwerige mense. So nou en dan hoor hulle van di toenemende vervolging op ander plekke; mar hulle dag, di storm sal wel weer verby trek, nes vroeger.
Mar hulle lot kom oek. Een dag kom daar 'n gerug van di stad, dat di konstawels di plaas sal kom besoek. Toen word hulle onrustig. Di aand sit
| |
| |
hulle by makaar; di vader eenkant in di oue leuningstoel, di moeder in di anderkant, en di 4 seuns tussen in op 'n bank. Toen begin di oue vader:-
‘Myn kinders, onse liwe Here het ver ons so lank gespaar; mar nou kom ons lot oek. O'er 2 of 3 dage is di konstawels hiir, en dan moet ons ons geloof afsweer of sterwe. Maak ver julle klaar en vlug! Moet ni versuim ni! Ek en julle ma is al te oud; ons kan dit ni deurstaan om te vlug ni; ons sal mar hiir bly en sterwe ver ons geloof, as di Hére dit wil hê. Mar julle is nog jonk en fluks; julle kan nog nuttig wees op 'n ander plek in di wêreld. Daar is nou gen ander middel as vlug!’
Di seuns sit dood stil - di koppe hang - di trane rol. Di vader sug. Di moeder veeg haar oge af.
‘Kyk’ - sê di vader na 'n ruk stilte - ‘om nimand dit te laat merk ni nou gaan julle mar morre an met julle werk; dan kan julle ma julle klere en dinge regmaak; ek sal siin om 'n bitji sakgeld ver julle te kry, en morre aand, soos dit donker word, vlug julle mar!’
Stil-stil raak di kinders weg sonder 'n woord te praat. Want gehoorsaamheid en eerbiid ver hulle ouers was in di oue familiis, meer as nou. Hulle gaan na hulle slaapkamer. Mar in di huis en in di nag - was slaap net onmo'entlik.
Di ander dag morre vroeg was di seuns in di werk. Parstyd was daar. Hulle maak trapbali, ens. reg, net of hulle di ander dag sou begin te pars. Hulle moeder is besig om hulle klere reg te maak. Di enigste wat haar werk afbreek is - so nou en dan gaan sy in di kamer om te huil en te bidde. Hulle vader is stil.
Dis nou aand. Eers eet hulle 'n stukki. Alles was reg gesit ver di reis. Di oue vader neem nou di Bybel en lees Ps. 91. Toen kniil hulle same. Di oue vader bid. Alles is doodstil. Snikke is al wat gehoor word. Hy draag hulle op an onse liwe Heer - vraag om hulle te bewaar - 'n veilige woonplaats te besorre - en eenmal in di hemel by makaar te breng.
Dis nes hulle ni kan opstaan van di kniee ni. ‘Kom, kinders,’ sê di vader, ‘di tyd is daar, groet nou!’ Pierre staan op, en begin te groet. Di moeder wil praat, mar kan ni. In stille trane neem sy een ver een om di nek en gé hulle 'n soen. Mar toen haar jongste, haar liveling, haar Paul, kom, bars sy uit: ‘Ag myn kind! ek kan jou tog ni lat gaan ni! Mar ek moet! Ag, Here! bewaar myn kind! Pierre, kyk tog na hom!’ - ‘Kinders, vaarwel! di Hêre gaan met julle!’ roep di vader hulle agterna. Toen hulle di deur uitgaan val hulle moeder in di arme van hulle vader.
Daar gaan di 4, ver di eerste mal, van hulle ouers af. So donker as dit voor hulle oge is, is dit ver hulle gemoed. Hulle vader het hulle 'n plan gegé hoe hulle moet vlug na Holland toe.
Mar dis 'n lange pad. En di arme kleine Paul was na 'n paar dage so moeg en verdritig, dat hy ni vêder kon ni. Hy wou mar weer terug na syn pa en ma. Di ander 3 kon toen ni anders ni. Hulle moes hom mar laat teruggaan, en hulle dag, dit kon nog altemit tot troos wees ver hulle vader en moeder.
Di lange moeilike reis slaan ons mar o'er.
Op laas kom Pierre, Abram, en Jakob in Holland, en daar het hulle een jaar o'ergebly. Mar hoe hulle oek al verneem, hulle kon gen tyding kry van hulle ouers en broertji ni.
Naderhand maak hulle plan om oek mar na di Kaapstad te kom, waarnatoe al so baing Hugeuote gegaan het.
In Mei 1689 kom hulle an di Kaap met di skip Sion. Di eerste plaas in Franshoek het hulle angelê, en di naam daarvan het hulle gegé La Rochelle, na hulle geboorteplaas. Hiir het hulle 'n eenvoudige huis gemaak met kleimure en riit dak, wingerd en vrugbome geplant, ens.
Deur vlyt kon hulle naderhand 'n pêrd koop om Sondags na Groot Draken- | |
| |
stein kerk toe te ry. En ofskoon dit vêr was, tog versuim hulle byna nooit. Dit was ver di Hugenote in di tyd regte mooi as hulle bymakaar kon kom om te praat van hulle ondervindings, en makaar raad te gé en te help.
Toen hulle begin voorwaarts te kom in di wêreld, is al dri naderhand getroud, Pierre met Elizabeth Palivert, en Abraham en Jakob met twe susters, Susanna en Maria Gardjol. Di twe ander broers gé toen di plaas an Pierre alleen en gaan ver hulle elkeen 'n plaas anlê in di buurt. Op La Rochelle is nou nog 'n oue murasi, 'n eikeboom, ens. te siin wat hulle daar gebou en geplant het.
Al 3 broers is oud geworde en was geseend tot hulle dood. Pierre was twemal getrouwd. Hy had 25 kinders, en voor syn dood het hy nog syn honderdste kleinkind gesiin.
In latere jare het hulle nog altyd gevra ver reisigers; mar hulle het nooit weer iits gehoor van hulle famili in Frankryk ni.
De famili de Villiers is di grootste en ansiinlikste van al di Hugenote in ons land. Di hoofregter van di Kolonie en Vrystaat is uit di famili. Mag di kinders mar altyd di vroomheid en deug van hulle voorouers bewaar! Dan sal di gebed van oue Pierre ver syn kinders by hulle vertrek oek nog verder verhoor worde en vele van syn kindskinders hom ontmoet in di hemel!
| |
Di famili Theron.
Di eerste Theron wat uitgekom het was Jacques Theron. In 1687 is hy gevlug uit Nismes, di hoofdstad van Languedoc, 'n p'ek waarvandaan baing Hugenote gevlug het. Hy het in Klein Drakenstein gaan woon, en syn plaas syn naam gegé Languedoc.
'n Briif wat hy van syn vader gekry het enige jare nadat hy hiir kom woon het, en wat deur di famili bewaar is, vertaal ons hiir om te lat siin di gees wat daar in di oue mense was.
‘Nismes, Languedoc, 2de April 1719.
Myn liwe kind!
Ek kan jou ni sê ni hoe bly ek was toen ek van Meneer Tisquet gehoor het dat jy an di Kaap woon, onder di sorg van onse liwe Hére, en dat jy getroud is en 'n famile het. Jy kan self begryp wat 'n blydskap dit was op myn oue dage. Ek wens en bid nou mar nog dat onse liwe Vader my di genade wil, bewys, dat ek voor myn dood van jou self mag verneem, dat dit met jou welgaat. Ek is seker as jy myn briif ontvang, dat ek deur Gods goedheid myn wens sal verkry.
Groetenis van jou broer Moyze en syn famili; hulle is nog fris. Jou skoonsuster, wat met jou broer getroud is na jou vertrek, het twé seuns en 'n dogter. Di oudste seun, jou neef, is getroud en het 'n seuntji. Jou ooms Moyze en Pierre Theron, en hulle vrouens en kinders is oek nog gesond; en hulle laat di hartelike kompelmente weet. Di seuns van jou neef Moyze stuur di beste groetenis ver jou vrou en kinders. Dis in di huis van jou neef Daniël dat ons ver jou di briif skryf; en waar ek, vol ens Gods wil, an Wi ek my o'ergegé het, myn laaste da'e slyt. Viir dogters van jou ooms Moyze en Pierre is al getroud. Hulle laat oek kompelmente weet; veral jou kleinneef De Couvison en syn hele famili stuur hul e groetenis. Syn vader, jou oudste broer, is al voor omtrent 8 jare gesterwe. Syn weduwe is nog fris en laat oek groetenis weet Dit is al, myn liwe kind, wat ek nou ver jou skryf. Ek bid onse liwe Hére om jou in alles te segen - as jy di briif sal ontvang. As jy terug skryf, set dan di adres op an jou broer Moyze, Au Fauburg des Preschein.
Van di nuws van di land, - Frankryk is in oorlog met Spanje; dis geproklameer in Nismes op di 30ste Desember met tamboer en trompet, iits wat nog
| |
| |
nooit vroeger gedoen is. Van ons godsdiins word ons nou niks meer gesê ni. Ons hou godsdiins en bid same in di huise: mar hulle let fyn op, dat daar ni grote klompe by makaar kom ni. Party van di eerste gally-slawe is verlos, mar in di laaste twe jare is daar meer nuwe bijgekom.
Ek eindig, myn liwe seun, met jou nog eens myn beste segen toe te wers, en myn gebed is dat di Hére jou mag bevestig en versterk deur Syn genade.
Jou liifhebbende Vader’.........
By di stamlys van di Therons famili is oek nog 'n oue antekening; dis geskrijwe deur Maria Jane du Preez, di vrou van Jacques Theron. Dis 'n lys van haar kinders, en by elke kind syn naam staan 'n versi. Party daarvan vertaal ons hiir. As di briif ons kan lat siin hoe dit met di famili gesteld was wat in Frankryk agter gebly het, dan kan ons hiiruit siin di godsdiinstige gees wat hiir in ons land nog agtergebly het.
In di jaar 1698, op di 7de Augus, is Maria Theron gebore.
Di eerste haar naam is Maria, omdat
Uit Maria gebore is di hemelse skat.
Mog ons Vader haar breng waar Maria nou woon,
En di hemelse skat ons ver een[w]ig beloon!
In di jaar 1699, op di 7de Juli, is Jacques Theron gebore.
'k Het Jakob syn naam ver myn oudste gekiis;
Mog hy nooit di segen van Jakob verliis!
Mog Jakob syn segen hom volg tot syn dood;
En hy dan ge[d]ra word in Abrahams skoot!
In di jaar 1709, op di 10de Augus, is Pieter Theron gebore.
Nou di een syn naam sal ek Petrus lat lees;
Mag hy mar in waarheid 'n Petrus ook wees!
Ag segen hom, Here, soos Petrus op aarde,
En gé hom, soos Petrus, tog hemelse waarde!
In di jaar 1716, op di 11de Mei, is Thomas Arnoldus Theron gebore.
An Thomas het Jesus syn wonde getoon;
Vertrou dan op Jesus, myn Thomas, myn soon!
As jy dan, soos Thomas, op Jesus vertrou,
Dan sal jy, soos Thomas, Hom eenmal anskou!
‘O Vader, die alle di vrome behoed,
O segen myn kinders deur Jesus syn bloed!
O bring ons tog almal verheerlik daar bowe,
Dan sal ons te same ver ewig U lowe!’
Onder an di stamlys het sy haar man syn dood opgeteken.
‘Anno 1739, in di nag tussen di eerste en twéde Desember, omtrent 'n kwart voor 10 uur, is myn eggenoot Jacques Theron gesterwe, in di ouderdom van 71 jare, 6 maande, en 16 da'e nadat ons same getroud was ver 42 en 'n half jaar.’
Gelukkige kinders en kindskinders wat so'n vrome moeder gehad het! Mog dit tog van di héle famili nog meer en meer blyk dat Gods Woord waarheid is: ‘Het geslacht der rechtvaardigen zal tot zegening zyn.’
| |
Di famili du Plessis.
Onder 'n party geskrywe papire is oek nog wat van di famili te vinde wat wel wêrd is om bewaard te bly. Di stamvader van di famili, wat uitgekom het, was Jean Prieur du Plessis. Hy was 'n dokter van syn ambag. Syn vrou was Madeleine Menanto. Hulle is gebore in Poictiers, in Frankryk, en
| |
| |
is hiir angekom in 1688. Di beskrywing bevat mar min van hulle jong da'e. Hulle oudste seun is gebore in 1691, en hy is getroud met 'n dogter van Pierre Rousseau op di vyfde Mei 1714.
Een gebeurtenis in di famili is regte belangrik. In di begin van dese eeu, in di da'e van ou Gouwerneur Janssens, kom daar 'n skrywing uit Frankryk om ondersoek te doen na di famili Plessis, in Afrika. Di famili was in Frankryk uitgesterwe, en daar was 'n grote erfenis en 'n hertogdom, en nou vra di regering di ouste lid van di famili in ons land om daarvoor op te kom as erfgenaam. 'n Deel van di famili het in di tyd in di distrik van Stellenbos gewoon. Di gouwerneur stuur toen di order uit na Meneer van der Riet, wat daar Landros was. Hy het di ding toen verder uitgepluis, en toen kom hy agter dat di oudste du Plessis 'n boer is daar op 'n buiteplaas.
Hy ry toen dadelik na di plaas om di ou di goeie nuws te kom vertel. - Altemit het hy nog gedink om 'n persent te kry uit di grote erfenis.
Di kar hou stil voor 'n eenvoudige boerehuis, strooidak, misvloer, ens. Voor hy nog afklim, daar kom di oue vader al uit om hom af te nooi, want hy het di kar siin ankom o'er di onderdeur.
Onderdeur? Ja, kyk in di tyd het hulle mos di deure dwars in di middel an twe gemaak, bodeur en onderdeur. Nou teenswoordig maak hulle di deur, an twe van bo tot onder. Is dit 'n verbetering? Ja, so half en half, soos hulle alles teenswoordig verbeter. Mar di ou deure lyk seker meer vrindelik en gasvry. Kyk, net di onderdeur staan toe, om varkens en hoenders en slange en sulke goed uit te hou; mar di bodeur is ver mense altyd oop om uit en in ver makaar te siin.
Mar lat dit nou mar staan. Di ou kerel is al by di kar.
‘Kom af, Meneer!’
‘Dag, Meneer Plesi!’
‘Dis mos ons Landros, né?’
‘Ja, mar ni om u an te kla ni.’
‘Dit sou dan oek di eerste maal vammelewe wees. Mar kom binne, Meneer! sit.’
Juffer Plesi: ‘En hoe gaan dit tuis, Meneer?’
‘Alles wel! Hoe gaan dit hiir?’
‘Almal vris, Meneer, danki!’
‘Mar, Meneer Plesi, ek kom jou goeie nuws vertel.’
‘So, Meneer, wat mag dit wees?’
‘Daar is 'n skrywing ontvang uit Frankryk.’
‘So! en hoe gaan dit tog daar met di godsdiins? Word di arme mens nog so vervolg om hulle geloof?’
‘Né, mar ek kom ver julle wat anders vertel van dag.’
‘Wil Meneer ni 'n koppi koffi drink ni?’
‘Danki!’ Hy drink.
‘Dis tog ni van ons famili wat daar agter gebly het ni? Ag, ons sal tog so bly wees om van hulle iits te hoor.’
‘Ja, di famili is daar heeltemal uitgesterwe.’......
‘So, en noem Meneer dit dan goeie nuws?’
‘In 'n sekere sin ja, want daar is 'n grote erfenis, en nou vra di Regering na di oudste van di famili in ons land om daarvoor op te kom as erfgenaam. En ek hoor u is di oudste van di famili.’
Ja toen kom daar 'n hele uitleg van di famili: want di oue mense kon tog di familiis al te mooi onthou. Daar was toen oek meer liifde onder di mense; tot in di viirde en vyfde gelid het hulle makaar gereken; en met verjaarda'e en nuwe jaar en sulke tye, dan kom hulle altoos by makaar. Mar ag, teenswoordig word dit waar wat in di Bybel staan, di liifde word koud; daar waai so'n koue wind o'er di sé, uit England veral, en baing mense draai net soos di wind waai. Nou hoor jy amper ni meer: ‘Oom en Tante, Niggi en Neef’ ni. Né, dis alles, ‘Meneer en Juffer,’ en dit onder famili! Ja, hulle begin
| |
| |
hiir oek al di Engelse fessi te volge: net vader en moeder, broer en suster, mar verder gaan di famili ni. Selfs skoonvader en skoonmoeder, man en vrou, ens., is nou al ‘meneer en juffer.’
Mar ons gaan te ver. Lat di wat wil megaan met al di nuwighede, Patriotte soos ou Plesi bly liwer by ‘de oude paden’ (Jer. vi: 16). En hy was oek di oudste van di famili.
‘Nou, Meneer Plesi, ek wens u geluk. Daar is di dokument. U is nou 'n skatryke man. Nou kan u met di eerste skip na Frankryk gaan.’......
‘Wat? weer na Frankryk gaan? Waar so veul bloed gestroom het om ons geloof? Waarvandaan myn voorouers gevlug het?’
‘Ja mar di vervolging is nou al opgehou. En as u daar is, dan is u Hertog, met 'n grote landgoed en 'n ryke erfenis’...
‘Né, ver al di geld van di wêreld ni. Afrika is nou myn land. Hiir kan ek myn God vry diin, en wat sal ek maak met al di rykdom?’
‘Ja, mar jou kinders! Dan het hulle tog di genot daarvan.’
‘Né, onse liwe Heer sorg hiir ver ons. Ons het nog altijd kos en klere gehad. En di Hére sal wel verder oek ver ons sorre. Laat di geld en goed mar bly. Ons leef hiir gelukkig en tevrede. Vrou, wat sê jy?’
‘Ja, ek denk oek so.’
‘Nou ek gé julle 14 dage uitstel; denk daaro'er en sê my dan. Julle moet dink as julle di erfenis ni gaan ontvang ni, dan kryg di Regering dit tog mar.’
‘Ja, laat hulle dit mar hou. Meneer moet tog ni kwalik neem ni. Mar Meneer kan mar skrywe hulle kan daarmé maak wat hulle wil; ek sal tog di erfenis ni kom ontvang ni. Afrika is nou myn land. Di Here het ons nou hiir gesegen, en nou wil ek mar hiir lewe en sterwe.’
‘Goeien dag,’ ens., en daar ry Meneer van der Riet, en ou Plesi sit ewe gelukkig en tevrede langs di tétafeltji met syn oue vrou. En ons kan ni help om te dink an wat ons lees van Mozes: ‘Achtende de versmaadheid van Christus meerderen rijkdom te zijn, dan de schatten in Egypte.’ (Hebr. xi: 24-26).
Een van di famili du Plessis, altemit nog 'n broer van di een wat ons van vertel het, was in di Swellendamse burgerkorps in di slag op Muisenburg, en daar het hy hom so dapper gedra dat dit selfs di andag van di Engelse Generaal Elphinstone getrek het.
Di famili du Plesis hoef dus nooit beskaamd te wees ver hulle afkoms ni. Ek ver myn voel trots op myn afkoms; myn moeder is oek 'n du Plessis.
| |
Di famili Malan.
is oek 'n grote famili in ons land. En dis wonderlik dat 'n mens vandag in Frankrijk gen een Malan meer kry ni. Daar is 'n oue oerlewering in di famili dat hulle oorspronkelik uit Itali'e afstam en dat hulle voorouers in Frankrijk gaan woon het ni lank voor di vervolging. Dan was hulle ware naam Malana, en di naam kry 'n mens nog in Itali'e en naderhand is di Malan geworde. En daar is iits in di famili wat ons lat dink dat di oerlewering juis is, en dat is: di Malans is byna almal lange mense, terwyl di Franse mar meestal korte kereltjiis is.
Ons sê in Frankryk is gen Malans meer ni, mar in Switserland is di famili regte ansiinlik. Di beroemde Dokter Malan is daaruit. Hy is hiir oek bekend deur sommige van syn boeke wat hy geskrywe het. Dan Majoor Malan wat hiir goed bekend is as sendeling is 'n kleinseun van di Dokter Malan. En hy het an di skrywer gesê, dat hy denk, dat daar mar twé broers was, wat met di vervolging gevlug het, di een na Afrika en di ander na Switserland. Hy vertel dat syn voorouers so arm was toen hulle daar in Switserland gekom het, dat di vader hom gaan verhuur het ver 'n werksman en di
| |
| |
moeder ver 'n wasvrouw. Hy vertel oek dat di famili daar nog so lyk op di famili hiir. En vandag is hulle daar 'n ryke en ansiinlike famili. En so is dit in ons land oek. Daar is weinig, weinige familiis deur 'n bank meer geseend as di Malans. Ja, in di famili en in al di afstammelinge van di Franse vlugtelinge blyk di waarheid van Gods woord: ‘De Godzaligheid is tot alle dingen nut, hebbende de belofte des tegenwoordigen en des toekomenden levens,’ 1 Tim. iv: 8. Mog ons dit tog mar nooit vergeet ni!
Party van di vlugtelinge was van hoge afkoms, soos di Faures en Rouba'xs.
| |
Di famili Faure.
Di Faures in Afrika stam algar af van een stamvader, ou Antoni Faure. Hy is hiir angekom in 1707 en is getroud met Rachel de Villiers, 'n dogter van diselfde oue Abraham de Villiers wat ons al van vertel het. Di Antoni Faure syn grootvader is gesterwe in 1624, en was president van Savoye, en syn oom was biskop van Nismes, en 'n vrind van di bekende Richelieu. Voor di Herroeping van di Edik van Nantes het di famili Faure gewoon in di principalité d' Orange, mar in 1766 is hulle oek gevange geworde om hulle geloof en in di tronk geset in Grenoble. Mar deur invloed van hooggeplaaste vrinde is hulle ontsla'e en toen na Genéve gegaan. Daar het hulle twé jaar gewoon. Toen is hulle na Holland gegaan, en daarvandaan af hiirnatoe gekom. Di ou Antonie was di o'ergrootvader van o'erlede Dr. Abraham Faure van di Kaap, en Dr. Philip Faure van Wynberg. Uit di famili, hoewel dit ni so groot is ni, het ons al vyf predikante. Buiten di twe wat ons genoem het, is daar nog Hendrik Faure wat nou in Holland is, dan nog Abraham Faure, 'n kleinseun van ou Dr. Abraham, hy is predikant an Stockenstrom, en Philip Faure, seun van ou Dr. vroeger Fhilip, predikant van Clanwilliam.
| |
Di famili de Roubaix.
'n Tyd gelede is navraag gedoen na di wapen van di famili, en Meneer Piet de Roubaix, di gewese Parlementslid, het dit toen gelewer met di vollende antekening wat syn oupa geskrywe het: ‘Emanuel Josef de Roubaix, myn vader, is gesterwe in di Haag (in Holland), in 1775; hy was 74 jaar oud. Hy was 'n gebore Markies en is afgestam van 'n hoge famili. Di landgoedere de Rouxbaix en Sourecin in Picardie was syn eiendom. Mar met di vervolging het hy so di grote besittings laat staan en is gevlug na Holland. Di besittinge is toen deur di Franse regering in beslag geneem. In di Haag was hy in grote agting om syn bekwaamheid, en di Hollanse regering het hom toen luitenant-kolonel van di engineurs gemaak, en so het hy lank gediin.’ Syn seun is toen hiirnatoe gekom as sekretaris op 'n Hollanse oorlogskip, in 1782, en hy is toen hiir getroud en bly woon. Ter ere van di naam is in Franshoek 'n dorp angelê met di naam van De Roubaix's Dorp. Mar dit lyk of di inwoners liwers di naam van Frans-Hoek wil hou, as 'n herinnering an di vlugtelinge in algemeen, as di naam van één famili alleen te vereewig. En dit is di rede dat di dorp tot nog toe ni groot opgang gemaak het ni.
| |
Di famili du Toict.
Buiten di de Villiers is di du Toicts glo di grootste Hugenote-famili in ons land. 'n Oue stamlys, nog op perkament geskrywe, en altoos in di famili bewaard, lê hiir voor ons, met fraaie krulle en draaie geskrywe. Bo op di hoek staan: ‘Stamboom der oude famili van Dutoit in Afrika.’ In di middel boan staan met grote dikke letters di naam van di oue stamvader en langsan van syn twe broers wat met hom same uitgekom het, so:-
| |
| |
BRUNO, |
FRANÇOIS, |
GUILLIAUM, |
benevens syn Suster vermist. |
vlugte ter tyd van de verdrukkingen der waarheid uyt Frankryk na Afrika, met syn vrouw Susanna. Overleden 1734 te Drakensteyn. |
gestorwe aan de Cabo de Goede Hoop. |
Dan gaan di stam verder van François alleen uit, sodat dit lyk of hy alleen di stamhouer was. En daar is 'n o'erlewering in di famili oek, dat daar 3 broers uitgekom het; een is ongetroud gesterwe (dis mo'entlik Bruno) en een had niks as dogters (glo Guilliaum).
Di owerlewering vertel verder, dat di oue Francois, toen hy uitgekom het, di Gouwerneur gevra het om di Dal, wat nou tussen Paarl en Wellington lê, en Daljosaphat genoem word, te koop. Mar di grens van di Koloni was toen Bergriviir, en o'erkant was nog vol krale van Boesmans en Hottentots. Di Gouwerneur het hom toen di gevaar voorgestel, dat hulle syn goed sal steel, en hom straks sal vermoor, ens. Mar hy hou an. Toen sê di Gouwerneur: ‘Goed, mar dan moet jy jou self verdedig; ek staan ni borg ver jou veiligheid.’ Hy neem di voorwaarde an en di Gouwerneur verkoop toen di héle Dal (nou 'n 30 of 40 plase) an hom ver duisend guldes. So was hy di eerste wat o'erkant Bergriviir gaan woon het. Di eerste voortrekker. Hy het toen daar di plaas Kleinbosch angelê. Daar staan nog 'n oue eikeboom van di tyd, wat nou by di twé honderd jaar oud is; daar naas staan nog een wat 'n bitje jonger, mar so dik is dat 4 man hom skaars kan omvat.
Eenkeer het di Boesmans regtig syn vé gesteel en in di berg daar bokant gedrywe. Hy het toen so 'n klein komando opgemaak om di vé weer te gaan afneem. In 2 klompiis het hulle in di 2 klowe bokant opgeloop, met di afspraak om bo weér by makaar te kom. Di teken was, hulle sou met 'n trompetter blaas. Bo is 'n grote bos, daar het hulle toen geblaas en is hulle by makaar gekom Di plek heet vandag nog Trompetterbos. Toen is hulle ver di eerste maal deur di kloof gegaan oek; daarom heet dit nou nog du Toits kloof. Di vé het hulle weer afgeneem van di Boesmans, digteby Goudini by di rots wat nou nog Leeuklip genoem word.
'n Kraal van di Boesmans was ni vér di plaas ni. En eenkeer kom di pokkiis onder hulle. Nou wat weet hulle van my, of oppas, of medesyne gebruik? Di gevolg was dat di hele kraal uitsterf. Net 'n klein boesmantji bly o'er. Hy was ni vatbaar daarvoor ni. Hy kom toen na di plaas uitgehongerd, om kos te soek. Hulle het hom toen gehou en mak gemaak.
Vollens di stamlys had di ou François 4 seuns en 6 dogters, di name van di dogters word ni genoem ni. Di seuns hulle name was Andries, Stephanus, Pieter en François. Stephanus en François is jonk geterwe, sodat nou twe seuns di stamhouers worde.
Pieter is getroud met Elizabeth Rousseau, en hulle had 3 seuns: Stephanus, Gabriel en Guilliam, en 2 dogters, Anna en Martha. Martha is getroud met Jacobus de Wet op Roode Sand (Tulbagh). Van di seuns van Pieter staan net van Stefanus dat hy getroud was met Sara Möller, en hulle had 1 seun en 1 dogter; di seun Johannes Stefanus was getroud met Maria Joubert, en di dogter Maria met Christoffel Frick. So vêr gaan di tak.
Andries, di ander seun van ou François, syn tak is verder opgeteken. Hy was getroud met Martha Rousseau. Hy had 6 seuns en 1 dogter. Di dogter Anna was getroud met Roelof van der Merwe, ouderling en heemraad van Drakenstein. Van di seuns is twé ongetroud gesterwe, Pieter en Andries. Johannes had 3 seuns, Daniël 6, en Stephanus 2. Mar di seun wat nou weer stamhouwer word is.
| |
| |
François; hy had ni minder as 8 seuns, Jacob Stephanus, Johannes Jacobus, Andries François, Pieter, Schalk Willem, François Jacobus, Andries, Petrus Johannes. En hiirme eindig di stamboom. Di takke gaat nou al te vér uit makaar ver 1 stamboom.
Di plaas Kleinbos, wat toen di héle Daljosafat omvat het, en deur di stamvader van al di du Toits in Suid Afrika angelê is, het altyd in di famili gebly tot in 1882. Toen is dit angekoop ver di Gedenkskool van di Hugenote, wat opgerig is met di doel om an ons jonge Afrikaners, veral an di afstammelinge van di Hugenote 'n degelike opvoeding te gé in di wetenskap, mar in 'n eg nasionale en gesond godsdiinstige gees, in di gees en geloof van di vrome Hugenote vadere. Opmerkelik di Hoofonderwijser an di Skool is Ds. Francois du Toit, wat dus diselfde naam het as di eerste stamvader.
Hiir is dus di ware, lewende Gedenkteken van di Hugenote. Di onderwys is goedkoop en degelik. En elke reggeaarde afstammeling van di Hugenote wat dit eenigzins kan doen behoor syn seuns hiir te laat oplei.
| |
Di famili Marais.
'n Oue antekening van 'n bejaarde lid van di famili lê nou voor ons. Daarin word eers 'n beskrywing gegé van di vervolging in Frankryk; dan van di ankoms van di familiis hiir, en hoe di Gouwerneur hulle langes di Bergriviir plase gegé het; hoe hulle vernamelik met wynboerdery angegaan het in di streek van Franshoek, Groot Drakenstein, Paarl, Wellington, ens., terwyl di Hollanse bevolking meer an di koornboerdery gedoen het in di distrikte van Tiirberg, Koeberg, Piketberg, ens. Dan kom di beskrywing van di famili Marais, waarvan ons nou 'n uittreksel gé:
So is dan oek onder di regering van gesegde Lodewyk di Veertiinde, Koning van Frankryk, van 'n plaas Lesuer Duplessis, Marle genoemd, digteby di stad Parys, met hulle mede lot-en landgenote hiir angekom as di eerste stamouwers van al di Marais in Suid-Afrika, op di 26ste Augus, 1687, Charl Marais met syn vrouw Catharina Tabaurdeuse (in di wandeling genoemd Tabourt), met hulle viir kinders, Claude, Charl, Isaak en Maria. Di twe laaste, Isaak en Maria is ongetroud gesterwe. Van Claude en Charl is di famili dus voortgeplant.
Dan volg daar 'n lys van di vertakkings van di famili van kind tot kind. Dis te lank om dit hiir op te neem. Mar dit bestaan en as so 'n famili wil samemaak kan hulle dit gemaklik lat drak. Dis mar 'n wenk in verbygaan.
An di eerste ou vader Charl Marais en syn famili is 'n plaas gegé an Groot Drakenstein. Di plaas noem hy, na syn geboorteplaas in Frankryk, Duplessis Marle. Na hom het syn seun Claude di plaas gekry. Hy was getroud met Susanna Gardjol. En di plaas is onder syn famili gebly tot di vyfde stam, en ofskoon ni met diselfde van, so is dit tog van dag nog (geskrywe in 1856) ouder syn nakomelinge gebly, en in besit van Pieter Huge.
Di ander seun Charl is getroud met Anna de Ville, en is gaan woon an Wamakersvley, syn plaas genoemd Fortuin, di is in 5 dele verdeel, en onder syn nakomelinge gebly tot di derde gelid.
| |
| |
| |
Di famili Theron.
Daarop volg di stamlys van di Therons famili in alle vertakkinge, waarvan ons mar net di begin kan gé. As daar is van di famili wat hulle afkoms en verbreiding heeltemaal wil weet dan kan hulle dit maklik uit di boeke laat afdruk nes 'n stamlys.
Di stamvader van di Therons in ons land van Jacques Theron. Hy is gebore in di jaar 1668, 15 Mei, in di stad Nismes, in di provinsi Languedoc, in Frankryk. Hy is an di Kaap angekom in 1685 of 1686, en is getroud in 1697 met Maria Jaen du Preez. Sy was oek 'n vlugteling, en gebore in 1675. Hy is gesterwe op 2 Desember 1739 en sy in 1763. Hulle het 7 kinders gehad: 5 seuns en 2 dogters, waarvan di hele Therons famili afgestam is. Di geslagslys beslaan dan 16 bladsye folio. Daarop volg wat van
| |
Di famili du Toit.
‘Daar ik, P.F. Theron, Thom. zoon, van moeders syde, uyt de du Toits afkomstig ben, voege ik hier een lyst van het geslagt der du Toits by, getrokken uit de oude Fransche kerkenboeken.
Onder al de Fransche Protestandsche Vlugtelingen die in het jaar 1685 en 1686 op de Caab syn aangekomen bevond zich een Guiliaum du Toit, die blijkens kerkelijke Resolutie van het jaar 1697 een lid van den kerkeraad was, en volgens andere antekeningen twee malen gehuwd, maar geen zaad heeft nagelaten. Zyn broeder, genaamt Francois du Toit, mede een vlugteling, zynde de aanlegger van de plaats Klyne Bos, gelegen op Klyn Drakynstein onder de du Toit Kloof, hetwelk tot heeden nog onder dieselfde nazaaten is gebleven, was gehuwd met Susanna Seugnet. Uyt deze eene stam hebben alle de du Toits hun oorsprong.’ Daarop volg dan di geslaglys van di du Toits famili. en daarop volg
| |
Di famili Hugo.
‘De eerste Hugod, welke als Fransche Protestandsche vlugteling aan de Caab in Afrika is aangekomen, was genaamd Daniel Hugod, en huwde in Afrika met Anna Rossouw, dogter van een Pierre Rossouw, zynde mede een vlugteling.
‘Daniel Hugod was zeer klyn van persoon. Hy was soo lang als een juk, dus 4 voet en 4 duym. Hy was 45 jaar oud toen hy trouwde met Anna Rossouw, die slegts 15 jaren had berykt. Hy was by de H. doop een der getuigen over dat kind. Hy op de Doopmaal zynde nam 't kind in zyn armen en zyde onder andere: ‘Deese kind sal nog myn vrouw worden.’
‘De juiste tyd wanneer gemelde Hugod is getrouwd kan ik niet bepaalen, allerwaarskynlyks in het jaar 1709. - Ook weet ik syn sterfjaar niet zeker, waarskynlyk is het geweest het jaar 1725; want in 1726 had syn weduwe by haar tweede man, Jan Blignaud, al haar eerste kind.’ Daarop volg dan di geslagregisters van di familiis Hugo en Rossouw.
| |
Di famili Boshoff (Bossau).
‘Dewyl wylen myn vader, Jacobus Nicholaas Boshoff, veel prys stelde op zekere getuigschriften, hem van zijnen vader ter hand gekomen, aantoonende de afkomst van zynen grootvader, die in deze volkplanting en geheel Zuid Afrika het eenige hoofd was van onzen stam, en my meermalen zeer sterk heeft aanbevolen groote zorg voor die geschriften te dragen, en terwyl men in deze gewesten teregt er niet weinig op gesteld is afstammeling te zyn van de Protestanten, die, wegens de vervolging om hun geloof hun vaderland hebben moeten verlaten en zich naar deze gewesten begeven, en zich alhier hebben
| |
| |
gevestigd, zoo heb ik gemeend aan onzen stam, die reeds zeer talryk is, en zich van de Kaapkoloni tot in den Vrystaat, over de Vaal en Natal heeft uitgebreid, geen geringe dienst te zullen bewyzen, om, door middel van de drukpers, hun de volgende getuigschriften, waarvan de oorspronkelyke, wel verouderd maar nog in goeden stand bewaard, zich in myn bezit bevinden.
Uit deze stukken zal het ook blyken van wanneer af de verandering in onzen familienaam van Bossau tot Boshoff heeft plaats gevonden; hoedanig zulks is geschied kan ik niet bepalen, maar het komt my voor, dat toen onze overgrootvader in de dienst van de Oost Indische Compagnie als smid zich heeft verbonden, of welligt, by zyn aankomst in de Kolonie, by het bestuur zich heeft aangemeld, men zonder referte tot zyn kerkelyk attest, of eenig ander geschrift, en zonder met eenige naauwkeurigheid ten dien opsigte te handelen, zyn naam op de boeken geplaatst heeft, zoo als het blykt uit de Acte van Ontslag door Gouwerneur Swellengrebel verleend, en dat, wegens de moeijelijkheid die er welligt kan hebben bestaan om dat abuis te herstellen, die naam van toen af zoo veranderd onder de familie is gebleven.
Eindelik meen ik nog te moeten bijvoegen, dat onze overgrootvader in Frankrijk reeds gehuwd was met Martha Cortier, en dat zij hier met verscheidene kinderen zijn gezegend geworden, waarvan mijn grootvader ook, Jacobus Nicolaas geheeten, de oudste was; de namen van de anderen zijn mij niet bekend, anders zou ik die hier ook bekend stellen.
(Hiir volg dan 'n Kerkelik Attest van 1742, waarin di naam nog Bossau geskrijwe is, en 'n burgerlike Acte van Ontslag van 1759, waarin dit al Boshoff staan, sodat di naamsverandering van di tyd is.)
Ten diinste van dien tak van onze familie, waar ik nu van nog de oudste ben, wil ik hier nog bijvoegen dat onze grootvader Jacobus Nicolaas Boshoff, gehuwd is geweest met Regina Catharina Roch, dochter van Johann Christoffel Roch, een Duitscher, en Regina Catharina van Zijl, wier ouders waren Gideon van Zijl en Maria van Heerden. Uit dit huwelijk zijn gesproten de volgende kinders:-
1. | Jacobus Nicolaas, |
2. | Johan Christoffel: |
3. | Willem Hendrik, |
4. | Daniel Petrus, |
5. | Regina Catharina, gehuwd geweest met Hendrik Fredrik Papenfus, en |
6. | Martha Maria, gehuwd geweest met Christoffel Fredrik Rothman. |
Mijn vader Jacobus Nicolaas, is gehuwd geweest met Aletta Helena Joubert, dochter van Jacobus François Joubert, die een zoon was van Gideon Joubert en Hester du Toit, hare moeder heette Sara Susanna Moller, die eene dochter was van Johannes Stephanus Moller en Petronella Maria van Heerden. Uit dit huwelijk zijn gesproten:-
1. | Jacobus Nicolaas Boshoff, |
2. | Johan François, jong gestorven, |
3. | Johan Christoffel Boshoff, |
4. | Willem Hendrik Boshoff, |
5. | Johannes Stephanes Boshoff, |
6. | Sara Susanna, gehuwd geweest met Jacobus Russouw, en |
7. | Regina Catharina, gehuwd met Pe[t]rus van Coller. |
J.N. Boshoff.
Kaapstaad, November 20, 1862.’
Dan het ons nog di vollende mededeeling ontvang van di
| |
| |
| |
Di famili Badenhorst.
‘Kookpan, Distrikt Hope Town,
28 Maart, 1879.
Waarde Heer, - Ek siin in di Afrikaanse Almanak dat jy stukke vra van di vroegere vlugtelinge. Ek het gen beskrywing van myn voorouers ni; mar ek kan jou verhaal wat myn vader an my vertel het; en wat myn vader gesê het, dit glo ek, want ek het nog nooit 'n leugen van myn vader uitgevinde ni.
Myn vader was enige jare ouderling op Riversdal, en hy het an my vertel, dat di eerste Badenhorst in di land gekom het, daar hy om syn geloof gevlug het uit Duitschland. Syn naam was C.P. Badenhorst. Ek is nou in di viirde gelid. Dan sê myn o'erlede vader, dat myn voorvader uit di stad Hanover kom en dat hy is uit di stam van Levi, uit Israel. Hy het gevlug met 'n klomp mense tot by di sé, en daar het hulle gewag na 'n skip om na di Kaap te kom, en hulle kos is opgeraak. Toen is hy landwaarts ingegaan om te jag, en di Turke di dog dat hy 'n rower was, en hulle vang hom en set hom in di tronk. En toen word di vrou van di koning van di Turke siik, en hy sê, as hy di vrou kan siin, dan sal hy siin om haar gesond te maak. Toen hulle hom di vrou laat siin, het hy haar bloed gelaat. Toen staan 2 manne met sawels weerskante om syn kop af te kap as di vrou iits o'er kom. Mar sy kom niks o'er ni, en verder het hy haar medisyne gegé tot sy vris was. Toen moes hy al dag na di sé gaan om medisyne te soek. Eers het 2 man met hom saam gegaan om hom op te pas. Naderhand loop hy alleen; en toen was daar meer sike wat hy o'er dokter, en di Here seen syn werk. Op 'n dag was hy weer in di veld, toen hy 'n skip siin ankom. Hy maak toen rook, en di skip het hom na di Kaap gebring, en hiir is hy getroud met 'n Franse meisi. Dus is di Badenhorste wat in di land is almal mar uit één stam. - Met groete, ens.
P.J. Badenhorst.’
| |
Di famili Uys
is oek van moeders kant, afgestam van di Franse vlugtelinge, soos blyk uit di vollende belangrike mededeeling van Meneer J J. Uys, van Natal:
Waarde Heer en Vrind, - Ek stuur met dese brief £1 ver di Gedenkteken wat ver di Hugenote opgerig sal worde. Julle kan dat gebruik soos di meerderheid dit goed denk, of hulle 'n Gedenkteken wil bou of iits anders. Ek is oek 'n afstammeling van di Franse Vlugtelinge; ek is di 3de geslag van hulle af.
Ons stamvader, Dirk Cornelis Uys, was getroud met een van di Hugenote; haar naam was Dina Maria Roux. Hulle is in Holland getroud en is toen na di Kaap toe gekom met di ander Franse Vlugtelinge in di Hollanse tyd. Hulle had 3 seuns en verder net dogters. Di dri seuns was, vollens ouderdom, Cornelis Janse Uys, Johannes Gerhardus Uys, Dirk Cornelis Uys.
Di oudste, C.J. Uys, is getroud met 'n Hollanse Noi, haar naam was Alida Maria Swart. Hulle is toen an di Potteberg gaan woon, waar Brede Rivier in di sé loop.
Di jongste broer, D.C. Uys, is an Katriviir gaan woon. Di plase lê digteby makaar. Toen was di land nog woes toen di mense o'er Hottentots Holland Berg getrek het. Dit was in di eerste tyd toen di distrik van Swellendam bewoond is. Hy was oek met 'n Hollanse Noi getroud. Ek dink syn vrou was 'n suster van di oudste broer syne.
Di twede broer, J.G. Uys, is met 'n Franse Noi getroud, soos ek meen, en hy is toen met di Franse megetrek na Franshoek of daaromtrent.
Di oudste van di dri seuns, C.J. Uys. was myn o'ergrootvader. Hy gewen 4 dogters en 7 seuns. Di name van di seuns was Dirk Cornelis, Jacobus
| |
| |
Johannes, Cornelis' Johannes, Mathys, Barend, Petrus. Di oudste seun, D.C. Uys, was myn moeders vader. Hy was getroud met Elisabeth Helena Swart, dogter van Piet Swart.
Jacobus Johannes Uys was myn grootvader van myn vaders kant. Hy was getroud met Susanna Margaretha Moolman. Haar vader was Petrus Lafras Moolman, oek uit Franse bloed, en haar moeder was Johanna Wessels, van Hollanse afkoms. Hulle twe het 22 kinders gehad; 18 het an haar borste gedrink; en 12 daarvan het hulle groot gemaak, 6 seuns en 6 dogters. Di 6 seuns hulle name was Cornelis Janse, Petrus Lafras, Jacobus Johannes, Dirk Cornelis, Johannes Zacharias, Wessel Hendrik.
Nege van di kinders was getroud, en 3 seuns nog ongetroud, toen is myn grootvader, di patriarg Jacobus Johannes Uys, met syn kinders weggetrek van Kromriviirs Mond, distrik Uitenhage, na di woestyn; of eintlik na Natal, deur wat nou genoem word di Oranje Vrystaat. In 1837 is ons vertrek van ons plaas en in 1818 is ons in Natal gekom.
Toen ons daar in di Vrystaat getrek is het myn vader, Petrus Lafras Uys, J. seun, 'n kommando gedoen op Mosellekaats en het hom uit syn land geja ver al di onskuldige bloed wat hy van ons Boere vegiit het. En toen ons op Drakensberg was om af te kom, het di Sulokoning Dingaan, weer 'n moord gedoen ouder onse Boere. Di Soelonasi was nog wreder as di van Salkaats. Toen is myn vader di berg afgekom en het di eerste oorlog met di Soelos gehad op Woensdag, 11 April, 1838, en daar is toen myn vader en myn twede broer, Dirk Cornelis Uys, geval in di slag deur di asgaaie van di Soelos.
Di slag was so. Di Soelos had 2 komandos op 2 berge, en dit was hulle krygslis, en so het hulle di boere o'erval. Mar ek sal mar tot myn eerste punt terugkeer; want as ek van al ons moeite en verdriit en onnoemelike besware begin te vertel, dan sal dit 'n grote boek moet wees, wat alles sal bevat wat ons arme boere het moet deurstaan tot vandag toe.
Myn moeder was 'n godvresende vrou, Alida Maria, dogter van Dirk C. Uys, C. s un. Sy had 5 kinders, waarvan 3 groot geworde is, al 3 seuns: ek Jacobus Johannes, en myn broers Dirk Cornelis en Petrus Lafras. Ek was 19 jaar oud toen ek in Natal kom; di twede broer was 15 jaar, en Petrus was mar 10 jaar, namelik toen ons vader geval is.
In 1834 is 'n klomp Boere as 'n Kommissi di woestyn ingetrek na Natal toe. Daarby was myn vader, Piet Uys, en 2 van syn broers, Jacobus en Johannes Uys; en myn skoonmoeder, Geertruyda Human, was di enigste vroumens wat gewaag het om met haar man, J.J. Uys, saam te gaan op di tog. Di leser sal wel sê: ‘Is dit molik dat 'n vrou dit kan wa'e?’ Mar sy wis, dat haar man 'n dappere krygsheld was en sy was 'n dogter van di onverskrikte Piet Human, kommandant in di Hollanse tyd, en sy wou oek di land siin of dit bewoonbaar is, om tog mar ontslage te wees van di Engelse regering wat hulle so verdruk het in di koloni. Piet Human wou nooit 'n pos anneem onder di Engelse regering ni, oek gen diins doen ni, ofskoon hulle hom geag en geëer het, en dikwils daarvoor gevra het.
Myn seun, P.L. Uys, is met myn broer P.L. Uys syn dogter getroud; Maria Johanna is haar naam, en haar moeder was M.T. van Niekerk, dogter van Cornels van Niekerk; en haar Moeder was weer M.T. Louw, hulle het an Koeberg gewoon en is in di Transvaal gesterwe.
|
|