| |
XIV. Hoe Froude ons geskidenis vertel.
Di Kaapkoloni. - Di Hollanse Volkplanting. - O'ermaking an England. - Afskaffing van Slawerny. - Onregvêrdigheid teen di Hollanse Koloniste. - Di Boere - Trek. - Poginge om hulle weer te verower. - Di Oranje Riviir Traktaat. - Deur England verbreek. - Di Oorlog. - Traktaat van Aliwal Noord. - Ontdekking van Diamante. - Traktaat weer verbreek. - Engelse Politiik an Kimberley. - Persoonlike Toer in Suid Afrika. - Lord Carnarvon stel 'n Konferensi voor. - Vergoeding betaal an di Vrystaat. - Anhegting van Transvaal. - Oorlog met di Transvalers. - Vrede. - Nuwe Moeielikhede. - Expedisi van Sir Charles Warren.
Di Kaapkoloni, soos ons behoor te weet, mar in di praktyk vergeet ons dit altyd, was oorspronkelik 'n Hollans Koloni. Voor 200 jare, toen di Hollanders di twede sévarende Mag in di wêreld was - molik ni eens di twede ni - neem hulle besit en bewoon di Suidpunt van Afrika. Hulle onderwerp di Hottentots en Boesmans gemakkelik, op diselfde maniir soos ons self oek altyd doen onder dergelike omstandighede. Hulle roei di roofdire uit, bou stede, maak paaie, sluit landerye in en ploeg dit, plant bome en wingerde. Beter Koloniste of voorspoediger as di Hollanse, het nog nooit bestaan ni. Hulle het geworstel en was voorspoedig, en het vortgegaan met voorspoedige ontwikkeling tot di einde van di laaste eeu. As ons di voorspoed van di Hollanders in di bestuur van onbeskaafde stamme vergelyk met di van ons self, in alle dele van di wêreld, dan sal dit blyk, dat, ofskoon hulle bestuur strenger is as ons syne, en vollens skyn harder, hulle minder oorloge met inboorlinge had as ons. Daar was minder geweldenary en bloedvergiting, en di inboorlinge onder hulle was ni minder gelukkig of minder werksaam ni.
Onder di oorlog van di Rewolusi werd Holland geneem deur di Franse Bestuur (Direktoraat). Op versoek van di Prins van Oranje neem di Engelse di Kaap onder hulle beskerming. Dit was di hoofweg na Indië toe; daar was nog ni 'n ander pad deur di Sues Kanaal ni; en so'n belangrike stasi mog ni in di hande van Napoleon val ni. By di vrede van Amiens werd dit an Holland terug gegé en di Engelse soldate word weg geneem.
Toen di oorlog weer uitbreek, het di Engelse weer di Kaap in besit geneem. 'n Vloot word gestuur, met 'n sterke anvallende mag. Di Kaapse Hollanders biid weerstand in 'n dappere geveg, waarin di inboorlinge hulle fluks gehelp het. Hulle gé naderhand in, alleen onder di méning, dat di Engelse besitting mar weer tydelik sal wees, nes di vorige keer, en dat hulle land eindelik an hulle sal terug gegé worde soos di oorlog verby is.
Mar dit word ni terug gegé ni. By di Kongres van Weenen werd hulle ver goed an di Engelse bestuur o'ergemaak, sonder dat hulle toestemming ooit gevraag of gegé is. Hulle werd behandel nes hulle 'n deel van di grond was (adscripti glebae). Hulle objekteer daarteen; di kwaaiste van hulle biid
| |
| |
weerstand; hulle werd rebelle genoem, en werd op di gewone maniir dood geskiit en opgehang.
As ons verstandig was, dan sou ons di omstandighede in aanmerking geneem hê, waaronder di Kaap in onse hande gekom het; ons zou perbeer hê om di Hollanse inwoners te versoen met 'n vreemde regering deur buitengewone konsiderasi. Wel, ons het 'n uitsondering gemaak, mar ni in hulle voordeel ni. Ons regvêrdig ons verowering ver ons self deur di verowerde hulle karakter te ontneem, en ons werp ver ons self op as di kampvegters van di swarte nasiis teen hulle, net of hulle verdrukkers en rowers was.
Na di vrede was di vrymaking van slawe di kwessi van di dag. Hulle was eienaars van slawe, mar so was ons oek; ons was mar gelijke sondaars. Ons kry berou, en ons stem o'er di 20 miljoen pond om ons self skoon te maak van di smet. Ons verwag toen dat di Hollanse Kapenaars net so dadelik soos ons di verkeerdheid van slawerny sou insiin; en omdat hulle 'n bedaarde en langsame bevolking is, wat ni somar met alle nuwighede samehol ni, val hulle in ongenade bij ons, waarin hulle nog altijd gebly het.
Slawerny an di Kaap was meer 'n huiselike inrigting as an di grond verbonde; di skandale van di Wes Indise besittings was onbekend onder hulle. Di slawe was 'n deel van hulle familiis en werd altyd behandel met sorg en goedhartigheid. Hulle het ver hulle onderwerp an di vrymaking, omdat hulle ni anders kon ni. Mar toen di vergoeding moes uitbetaal worde, was di terme wat an hulle angepresenteer worde, soveul ongunstiger as di wat an di boere van Jamaika en Barbadoes toegestaan werd, was so ongelijk in sigself, en beswaard met so veul moeilike voorwaardes, dat vele van di Hollanse boere geweiger het om dit te ontvang. Hulle het somar gratis hulle slawe laat vry gaan, en tot vandag toe het hulle nog nooit di kleine somme kom vra ni, wat hulle met moeite kon gekry hê.
Dit was ni genoeg om slawerny af te skaf ni. Di geesdrif van di o'enblik kon selfs ni 'n skadewe daarvan verdra ni. Daar was toen baing Hottentots in di Koloni. Same met di vrygemaakte slawe het hulle 'n grote bevolking gevorm. Hulle was onder paswette gestel, nes in England heersend was tot di hervorming van di teenwoordige een. Nes di rondlopers in England werd hulle daardeur gedwing om op een plek te bly en te werk ver hulle lewensonderhoud. Di wette is herroep.
Di Hottentots was nou vry om te loop, waar hulle wil. Hulle versprei in di bosse, begin te suip en te steel, en word 'n algeméne pes ver di Hollanse boere; want toen was daar nog mar heel min Engelse settelaars buiten di dorpe, en ons posisi was net di van militére o'erheersers. Was di Hollanse boere en di Hottentots an hulle selwers o'ergelaat, dan sou di laaste, wat meesal sleg an hulle einde gekom het, vandag waarskynlik nog gelewe hê en op pad wees om 'n nuttige lewe te lei. Drank en ledigheid het hulle lewe verwoes. Mar omdat dï Hollanse boere geobjekteer het teen di maatreels, werd hulle in England beskou as onverbéterlike slawe-houers, as barbare en tiranne, as ongeleerde woesaards, as di ware oorsaak van alles wat verkeerd geloop het. Di ongunstige indruk van hulle werd 'n o'erlewering van di Engelse drukpers, en ongelukkig oek van di Koloniale Kantoor. Ons het hulle op 'n onregvêrdige sowel as op 'n onverstandige maniir behandel, en ons vergewe nooit an di wat deur ons benadeel is ni.
Di Kaapse Hollander, of Boer, soos ons ver hom noem, is 'n lanksame, goedhartige persoon, wat ni veul om politiik gé ni, mar sig besig hou met syn godsdiins en syn private affêre, en as ons ver hom stil laat bly het, en syn gewoontes en opiniis in anmerking geneem het, sou hij al lank syn onafhankelikheid vergeet hê, sou hij berus hê in wat onvermydelik was, en di mees konservatiwe en mins rewolusionêre onderdane van di Koninge geworde wees. En di Koloniale Kantoor, as dit vry was om vollens eie oordeel te handel, sou ter wille van sig self lank al 'n versoenende politiik gevolg hê. Mar Koloniale Sekretarisse moet sig skik na hulle party in di
| |
| |
Parlement, en Parlementslede moet sig weer skik na hulle kisers en publike opini. Vrymaking van slawe was di bisondere heerlikheid van di Engelse nasi, en daar was gen veiliger weg tot publike guns as om di wat ni gesond was op di groote vraagstuk te behandel as mense wat gen konsiderasi werd is ni. Di Boere had, of het gemeen dat hulle had, 'n lijs van griwe, grote en kleine, net so lank as di van 'n Ier, en mense wat onreg ly het 'n beter geheuge as di wat onreg pleeg.
Ongeduldig met 'n juk, wat valse beskuldiging ondragelik maak, kom enige duisende van hulle in 1835 en 1836 o'ereen, pak hulle goed in hulle wa'ens, maak hulle skape en beeste bij makaar, en trek na di onbekende wildernis ten noorde van Oranje Riviir. Deur di trek werd egter di familibande ni verbreek di. Elke famili in di Koloni stuur een of meer van di jonge lede mé. Di geskidenis van di trekkers is 'n herhaling van ons eie geskidenis, waar ons ver ons gevestig het, en moet di geskidenis wees van alle koloniste in nuwe landstreke, wat reeds bewoon is deur 'n lagere ras. Voor hulle trek het hulle onderhandeling angeknoop met verskillende stamme, wat bereid was om hulle te ontvang. Hulle was by party welkom, by andere onwelkom. Daar ontstaan geskille o'er land en gesteelde vé. Daar was gevegte, en moorde wat verradelik genoem werd, en gewreek werd deur oorloge en nuwe verowering van gronde, totdat hulle besitters was van di hele landstreek nou bekend as Oranje Vrijstaat, Transvaal en Natal.
In England werd dit voorgestel dat hulle met vuur en swaard di onskuldige naturelle verwoes. Inboorlinge van andere rasse kon ly; ons had wel jammer, mar ons kon stil sit. Mar daar is iits in di behandeling van 'n kleurling (neger) wat 'n Engelsman zijn bloed laat kook. Ons besluit dat di Boere ni van hulle onderdaanskap ontslage kon raak deur uit di Koloni te trek ni.
Ons agtervolg hulle, verdrywe hulle uit Natal, val di Oranje Vrystaat an, maak veldslage met onbesliste uitslag, kry self rusi met di inboorlinge, veral met di Basuto Moshesh, wat ver ons geleer het, dat di swerftogte onvoordélig is en selfs gevaarlik kan worde. Op laas siik van al di ondernemings, wat gen eer en oek gen vrede anbreng ni, besluit ons in 1852, om Boere, Kaffers, Basutos, en Sulus an hulle self oer te laat, en ons maak di Oranje Riviir tot di grens van Britse verantwoordelikhede. Ons maak forméle Traktate met di 2 Hollanse State, en verbind ons om ons ni meer te bemoei tussen hulle en di inboorlinge ni, en hulle vry te laat om hulle self te vestig as 'n beskutting tussen ons en di binnelande van Afrika, of hulle ondergang te kry (wat beskoud werd as di waarskynlikste) in 'n ongelijke strijd met oorlogsugtige stamme, wat hulle oneindig o'ertref in getal. Hulle onderneem an hulle kant om gen slawerny ween in te voer ni; en so het ons hulle laat staan.
Met een uitsondering, wat ek straks sal anhaal, werd di Traktate 17 jaar lank gehou, en ‘di land had rus’ van al syn ongelukke. Di moeielikhede op onse eie grense hou op. Di Koloni was stil en had gen geskidenis ni. Di nuwe State is ni ondergegaan ni, mar was voorspoedig. Di Boere versprei sig o'er 'n land so groot as Frankrijk. Hulle regel hulle geskille met di inboorlinge met weinig strijd. In di Transvaal leef 'n miljoen inboorlinge vreedsaam tussen hulle, werk met hulle en ver hulle. Di voorspoedigste Kafferlokasi wat ek gesiin het in Suid Afrika was naby Pretoria. Hulle was ruw, mar hulle had ruwe deugde, wat ni di geringste deugde is ni, omdat dit in di laatste dage so skaars word. Hulle is 'n seer vrome volk, en onderhou hulle kerke en hulle predikante met buitengewone vrygewigheid. Hulle woninge is so ver van makaar, dat hulle ni hulle kinders kan skool toe stuur ni, en gewoonlik meesters in huis neem. Huisgodsdiins word oek stip gehou. Di Boere van Suid Afrika kom di meeste o'ereen, van alle menselike wesens op aarde, met di beskrywing wat Horatius gé van di Romeinse beere-soldate wat ver Pyrrhus en Hannibal o'erwin het. Onder hulle allénig kan jy nog kry gehoorsaamheid an ouers net so streng as by di oue Sabyne, di strenge moeder wat haar seuns
| |
| |
laat doen wat sy wil, en wat an haar seuns as hulle gaan veg ver hulle land di rifels in di hand gé, en hulle beveel om met hulle wapens in hulle hand terug te keer, of anders glad ni terug te keer ni.
Hulle regeer op hulle eie maniir. Hulle verbiid ledigheid en onbeteugelde leeglopery. Hulle o'erreed, en as hulle kan, dwing hulle di swarte om di grond te bewerk en iwerig te wees. Hulle ge an di kleurlinge gen stem ver di kising van Volksraad ni: en laat hulle selfs gen grondbesit toe ni, as onder blanke trustees, om te voorkom dat hulle weer di oue gebruik sal invoer om dit as 'n stam te gaan bewoon en di wette sal o'ertré. Mar o'er algemeen was hulle bestuur ni teenspoedig ni. Daar was gen opstand van swarte teen blanke in di Transvaal ni. Gesag is gehandhaaf, sonder rusverstorings en sonder gestrengheid. Sulke tonéle, soos di verwoesting van Langalbalele syn stam in Natal, of di moord bij Koegas, wat di Kaapkolonii tot skande was in 1878, is nooit voorgekom in di Hollanse Vrystate ni. Tog kon hulle di vertroue van di Engelse Regéring ni verwerf ni. Molik was hulle onverwagte voorspoed 'n anstoot. Hulle manire was ni ons manire ni, en werd so lig verkeerd voorgestel. Storiis werd vertel - meesal onwaar, hoewel ni heeltemal ongegrond ni - van Boere, op di grense van Transvaal, wat klein Kaffertjiis vang, of koop van roofsugtige stamme en ver hulle groot maak as slawe onder di vorm van inboek. Di Transvaalse Regeering het di dade streng en met sukses onderdruk. Ek sê met sukses, want in di jare toen Transvaal weêr 'n Britse Provinsi was, sou sulke gevalle seker in di lig gebreng wees had daar enige bestaan, en daar is toen ni 'n enkele kind in di toestand gekry ni. Tog werd di praktyke an Engeland gerapporteer as bewese feite, en werd eerlik geglo oek. Dit werd beskou dat di Boere hulle verbintenis verbreek het, en baing van onse vernaamste persone het daarop angedring, dat ons ons plig versuim om di Boere so te laat vort gaan.
Tog werd di Boere eintlik ongehinder gelaat. Di Engelse Regéring was ni haastig om weer sig te bemoei ni. Di Kaapse politiik was so'n onangename onderwerp dat di gesagvoerders in di Koloniale Kantoor dit mar liwers uit hulle gedagte wou verset. Hulle het gehoop dat di moeielikhede met di Hollanse Boere ver altyd verby was; en so min was hulle bekend met di karakter en verdéling van di Kaapse bevolking, dat Lord Cardwell, wat self Minister van Koloniis was, gemeen het, en dit nog in 1875, dat al di Hollanse Koloniste in Suid Afrika weg getrek het na di Vrye State, en dat di Koloni enkel uit Engelse bestaan. Hy het dit an my self gesê, en was heeltemal verbaas toen ek hom vertel dat di Hollanse bevolking nog di meerderheid, en wel di grote meerderheid, uitmaak in di Koloni self. En ni alleen was hulle di meerderheid ni, mar hulle doen al di werk wat werkelik waarde het. Di Engelse was mar koopmans, winkeliirs, ambagsmans; hulle bou spoorwege, hou vo'elstruis-boerderye, grawe diamante en koper, en drywe ossewa'ens. Di Boere is omtrent di enigste wat di grond bewerk, en as dit ni ver hulle was ni, dan sou al di blanke inwoners van Suid Afrika moes lewe van ingevoerde meel, blikkiis melk, en ingevoerde aardappels.
Vrede was besig syn werk te doen. Di 2 rasse kom nader na makaar; en as di Traktate van 1852 ni verbreek is ni, dan was Suid Afrika nou al verénig, en di Hollanse Boere sou loyale onderdane van di Kroon gewees hê. Ek denk elkeen wat di geskidenis van Suid Afrika ken sal met my hiirin samestem. Di Boer is konserwatiif gebore en di Vrye State, as hulle alleen gelaat is, sou natuurlik later met hulle broeders herénig hê.
Ongelukkig werd di gevoel in England gedurig weer teen hulle opgewek deur oneerlike rapporte. Di vrinde van di swart nasiis was altyd op di loer, en daar kom weer 'n kans om 'n nuwe tussenkoms te forseer. Toen ons di Vrystaat verlaat, het ons di onbesliste grensdispuut met di Basutos as 'n erfenis nagelaat. Ons was moeg om self met hulle te veg, en ons het dit an di President en Volksraad an Bloemfontein gelaat om di geskille uit te maak soos hulle kan. Hulle kon dit ni vreedsaam uitmaak ni. In 1865 breek 'n
| |
| |
oorlog uit tussen di Vrystaat en di Basutos. Dit het 4 jare geduur, en kom toen tot 'n einde, omdat di Basutos ni langer kon vol hou ni. Hulle werp sig toen in di arme van Engeland, en met verbreking van onse plegtige verbintenisse gaan ons tussen beie met 'n sterke hand. Dit beantwoord mar selde om Traktate te verbreek, selfs met di beste bedoelings. Basutoland lê ten noorde van Oranjeriviir, en ons doen toen wat ons duidelik ons verplig het ni te doen ni. Ek meen dat ons self en Suid Afrika in algemeen gen rede het om dankbaar te wees ver ons daad by di geleenheid ni. Di gemeenskappelike belang van ons almal sou beter gediin wees had ons by ons verpligtings gebly, en di Boere vry gelaat om met di Basutos te maak soos hulle kon. Mar di ware stand van sake was ni bekend in England ni. Di Boere had 'n slegte naam by ons. Di geroep onder di volk was: ons moes di onnosele Kaffers beskerm teen verdrukking; en di Engelse Regéring het an di algemene wens toegegé.
Dit was egter mar 'n enkele daad; di algeméne politiik van neutraliteit werd behou. Om di Vrystaat te bevredig waarborg ons toen, dat di Basutos ver di toekoms di vrede sal bewaar en di Traktaat van 1852 werd vernuw an Aliwal Noord in 1869, met nuwe versekeringe dat di verbreking daarvan ni 'n voorbeeld sal wees ver latere bemoei'ings ni. Di Hollanse bevolking in di Koloni het afgekeur wat ons gedoen het, en daar het 'n pynlike gevoel nagebly; mar hulle het gemeen, dat 'n nuwe verbintenis, pas angegaan, ni weer sou verbreek worde ni.
Molik sou dit oek ni verbreek gewees hê ni, had daar ni 'n nuwe versoeking in ons pad gekom ni. Mar Suid Afrika is, nes andere lande, verdeel in partye. Daar was een party wat ni goed gesind was teen di Vrystaat ni, en 'n stap wat eers eenmaal gedoen is, kan makliker di twede mal gedoen worde. Di ink was skaars droog op di Traktaat van Aliwal Noord, toen diamante in grote hoeveelheid ontdek word in 'n distrik wat in ons self behandel het as 'n deel van di Oranjeriir Souvereiniteit voor ons terug getrek het, en wat al di tyd onder Vrystaatse landdroste gestaan het. Daar was 'n toestroming van delwers uit alle dele van di land. Daar was 'n werkelike vrees, dat di Boere ni in staat sou wees om di trop aasvo'els in orde te hou, wat daar versamel by so'n ryke aas. Dan was daar oek 'n mening, dat di beste diamantmyn van di wêreld ni ver di Britse Ryk moes uit di hande raak ni.
Dit word ontdek, dat di plek waar dit lê ni 'n deel van di Vrystaat is ni, en dat dit an 'n Grikwakaptein, Waterboer, behoor. Di kaptein was vroeger 'n bondgenoot van Engeland. Di Boere werd beskuldig dat hulle ver hom beroof het van di grond. Hy roep ons hulp in en in 'n ongelukkige uur leen ons ver ons self tot 'n rowery, waarvoor gen verskoning was ni. Lord Kimberley gé syn naam an di nuwe neersetting. Di Hollanse gesag werd uitgedrywe. Hulle biid gen weerstand ni, mar onderwerp sig onder protes an di o'ermag, en van di dag af is gen Boer in Suid Afrika in staat om Engelse beloftes te vertrou ni. Bowediin di maniir waarop ons gehandel het, of ons verteenwoordigers toegelaat het om te handel, was onbeskaamd en onbeskof. Ons het ingegaan as di Kampvegters ver di arme verdrukte Waterboer. Ons het ver Waterboer en zijn Grikwas een tiinde van di land gegé; di orige en al wat waarde had het ons ver ons gehou. Wat kan di Boere erger gedoen hê? Ons het hulle beskuldig dat hulle verbintenisse met ons verbreek het, en dis ons wat ver hulle di les geleer het. 'n Traktaat van mar weinige maande oud kyk ons in di angesig. Selfs as Waterboer syn ansprake so goed was as syn vrind voorgegé het, dan nog had ons ver ons verbinde om ons ni meer met sulke sake te bemoei ni, met sulke duidelike woorde as jy mar in menselike taal kan uitdruk.
Ons gedrag sou nog ni so heeltemal onverdragelik gewees hê ni, had ons eenvoudig op ons grotere mag berus - as ons eenvoudig di Boere vertel het: dat ons di Diamandvelde moet hê en dit sal vat. Mar ons het di wond vergiftig, en onse daad wou regvêrdig, deur an di wêreld te wil wys maak, dat ons di
| |
| |
beskermers is van di regte van di inboorlinge, wat di Boere verdruk, en di houding het ons volgehou in di hele stryd wat later ontstaan is.
Ek moes self later ondersoek doen na di bisonderhede van di Transaksi, altemit di skandelikste in di Engelse Koloniale geskidenis. Daar was persone klaar, as nodig is, om te verklaar in 'n geregshof hoe di saak van Waterboer bekonkel was. Dis later bewys in 'n Landhof gehou an Kimberley voor Juts Stockenstrom, dat di Grikwakaptein nooit enige regte hoegenaamd in di streek had ni. Mar al sulke bewyse is o'erbodig. Di Traktaat van Aliwal is ons algenoegsame veroordeling.
Di een daad was di oorsaak van al ons latere moeielikhede in Suid Afrika. Di Hollanse Afrikaners is ni gou op loop ni, mar as hulle eers 'n koers neem, dan kan jy hulle ni lig stop ni. Ons het juis di tyd gekiis om di Kaapkoloni an hulle eie Palrement o'er te gé onder Verantwoordelike Bestuur, en ons het gemeen om di Diamandvelde an hulle te gé as 'n persent toen di Koloni mondig word. Di Koloniale Kantoor kon gen beter bewys gegé hê van syn onbekwaamheid om daar te regeer ni as in di laaste daad, en in di sin was di tyd goed gekiis. Daar was 'n algemene verkising an di Kaap by geleenheid van di nuwe Konstitusi. Di Hollanse kisers had beslis om di protes van di Vrystaat te ondersteun, en di nuwe lede het duidelik verklaar meteens, as di Ryksregering Traktate wil verbreek, dan moet di mar di gevolg daarvan dra. In plaas van Lord Kimberley syn persent dankbaar an te neem, weiger hulle om dit an te raak. Hulle wou niks te doen hê met di Diamandvelde ni, totdat di Vrystaat sig tevrede verklaar het met ons okkupasi; en so bly ons sit met 'n Provinsi in di binneland van Afrika, met gen ander Kommunikasi daarmé ni as deur di Vrye State wat ons beroof het, of deur di Kaapkolni wat ons vervreem het en wat ni langer ons eiendom was ni. Di delwers bevolking wat daar versamel het was 'n gemengde, gevaarlike en onregeerbare. Di grens tussen di Provinsi en di 2 Vrye State was ni bepaal ni en blykbaar ni te bepaal ni, omdat ons reg om daar te wees deur di Regering van Bloemfontein ni erken werd ni.
Daar was ver ons een goeie punt in di situasi: di waaghals en bekwame man wat ons gekiis het om onse kosbare nuwe besitting te regeer. Hy had gen Britse troepe om hom te steun ni, en hy het oek ni daarom gevra ni. Hy skeur di laaste stukke van di Traktate, wat nou tog nutteloos geworde was uit makaar uit, knoop betrekking an met al di inboorlinge-kapteins op di grense van di 2 Republike, nooi hulle uit om Britse onderdane te worde, en beloof om hulle te beskerm teen di Boere. Hulle stuur troppe van hulle volk om in di mijne te werk. Di volk werd betaal met kruid en geweers, wat ons beloof het an di inboorlinge ni te sal verskaf ni. Tiin-duisende geweers en ryfels werd in 2 of 3 jare tyd versprei onder di naburige stamme as 'n direkte bedreiging teen di Boere, wat nou 'n halwe sirkel rondom hulle, had van Kimberley af tot an Sululand toe. Natuurlik was daar di grootste onrus en di grootste verontwaardiging onder di Boere. Hulle werd bedreig met strooptogte en invalle van barbare angeset deur di Britse Regering. Hulle was arm in geld en kon met moeite di middele voorsiin om hulle te verdedig. Di doel was natuurlik om hulle op hulle knie'e te breng, hulle te dwing om hulle protes terug te trek, en di souvereine regte van Groot Brittanje te erken.
Di wa'ens, wat di ryfels opbreng na Kimberley kom deur di Vrystaat. Di Landdroste stop hulle as onwettig, wat hulle oek was. Dit was teen di wet om inboorlinge met vuurwapens te voorsiin. Dadelik werd vergoeding ge'eis. Kommissarisse werd gestuur van Kimberley na Bloemfontein, om kompensasi en 'n apologi te eis en net 48 uur werd gegé ver 'n antwoord. Di President was toen net siik en kon an gen werk deel neem ni. Syn uitvoerende Raad betaal di geld, mar betaal dit onder protes, met 'n ouderwetse beroep op di regverdige God, an wi hulle (vreemd om te sé) nog glo as 'n werkelikheid.
'n Ander ultimatum was gestuur na di Transvaalse Regering. Di Transvaal, wat verder af lê, was minder onderdanig, en daar ontstaan 'n spanning wat in 'n oorlog tussen di Afrikaners en Engelse moes eindig. Di inboorlingtstamme
| |
| |
sou losgelaat wees op di Hollanse bo re. Elke Hollanse Afrikaner in Suid Afrika wat 'n geweer kan dra sou syn famili gaan help hê, so diip was hulle verontwaardiging. Ons het wind gesaai an di Diamandvelde, en sou nou di storm oes daarvan.
So was di sake toen ek in 1874 deur Natal, di Vrystaat, di Diamandvelde, en di Noorde van di Koloni gereis het. An Kimberley het ek privaat ondersoek gedoen na Waterboer syn regte. Di getuigenisse was erg teenstrydig; mar persone wat agter di gordyne gekyk het was bereid om voorwaarts te kom en te bewys dat di anneksasi 'n bedrog en 'n swendelary was. Dit was onmolik ver my as vreemdeling om te sê wi liig en wi di waarheid spreek. Mar di verbreking van traktaat was buiten kwessi; en ek kon my ni verenig met di koele verklaring van 'n hoog geplaaste ambtenaar ni, dat, nou ons di traktaat verbreek het in di saak van di Basutos, ons dit mar weer kan breek. As Waterboer syn regte net so duidelik was as hulle nou twyfelagtig was, dan nog was onse handelwys buitensporg ontstaatkundig. Dit kon nooit ons doel wees ni, selfs ver so'n kosbare besitting as 'n diamandmyn, om 'n Provinsi te hou in di verre binneland wat onse Kaapkoloni ni wou hê ni, en di okkupasi waarvan di haat opwek van di Hollanse bevolking o'er hee Suid Afrika. An di Kaap had ik 'n gesprek met di Premiir, Meneer Molteno. Hy sê ver my, hy had net so spyt as ek; hy was self teen di annexasi; hy betreur di gedragslyn wat di Ryksregering gevolg het en nog volg, mar Grikwaland was buiten di grens van di Koloni. Dit was ni syn saak ni, en hy kon hom ni daarmé bemoei ni.
By myn terugkoms in England deel ek myn ondervinding mé an Lord Carnarvon, wat toen Koloniale Sekretaris was. Hy was ni o'ertiug dat di anneksasi onregverdig was ni, mar natuurlik het hy grote andag gewij an di opini van di Kaapse Premiir. Di Koloniale Kantoor het di strydkrag van di Hollanse bevolking te laag gereken, en het gemeen dat di ontevredenheid sig sou bepaal by woorde. Oek het hulle ni rekening gehou met di ontevredenheid in di Koloni ni. 'n Oorlog met di Vrye State, as dit daartoe sou kom, sou sowel gevaarlik as skandelik wees, en sou seker gelei hê tot verwikkelinge met di nuw opgrigte koustitusionele Regering. Lord Carnarvon perbeer toen 'n vrindskappelike skikking. Dit was ni maklik ver di Koloniale kantoor om te erken dat hulle verkeerd gedoen het ni; en di bewyse was oek ni gelewer dat onreg gedoen was ni. As 'n traktaat verbreek was, dan was daarvoor molik buitengewone redes. Mar dat dit onstaatkundig was om di meerderheid van bevolking te vervreem en te verbitter in 'n Koloni wat net selfregering gekry het, was duidelik. Dit was an my voorgestel an di Kaap, dat 'n Konferensi van afgevaardigdes van di verskillende belanghebbende state maklik 'n oplossing kon kry. Lord Carnarvon syn mening was, dat di eenvoudigste oplossing was 'n Konferensi van al di Suid Afrikaanse Koloniis en State, Hollanse en Engelse, in 'n konfederasi soos di Dominion van Canada, waarin di kleinere geskille sou ondergaan. Ek self het ni gedenk dat di Hollanse Afrikaners, in di stemming wat hulle toen was, na di voorstel sou luister ni. Dit was egter di maklikste terugweg ver di Koloniale kantoor. Lord Carnarvon stuur 'n skrywing, nooi uit tot 'n konferensi om di verskillende kwessiis te behandel, daaronder di toestand van di Diamandvelde, en stel voor 'n konfederasi, hoewel hy dit ni forseer ni. Veertiin dage na di skrywing vertrek ek, met instruksiis as di konferensi by makaar kom, dat di kwessi met di Vrye State dan di eerste moet afgehandel en uitgemaak
worde. Saam met di skrywing had ek self 'n private briif gestuur an Meneer Molteno, onder di indruk dat hy Lord Carnarvon syn voorstel sou ondersteun as 'n middel om syn eie uitgedrukte wense uit te voer. Sedert di oorspronkelike inbesitneming van Suid Afrika het gen minister meer belangstelling getoon in di Hollanse inwoners ni as Lord Carnarvon toen getoon het, en ek het nooit 'n o'enblik getwyfel ni of Meneer Molteno sou syn bedoelings ondersteun met di hartelikheid wat dit verdiin.
Di geheime geskidenis wat hiirop gevolg het ken ek ni. Ek denk daar
| |
| |
was persone wat belang daarby had om di geskille tussen di Vrye State en di Ryksregering an di gang te hou, en wat gewens het om di Vrye State op hulle knie'e te breng met hulp van inboorlinge bondgenote. Di skrywing word voor di Kaapse Parlement gelê met verklarings, wat net bereken was om elke geskil nog meer te verbitter. Dit werd voorgestel as 'n listige perbeerslag om di Koloni te wikkel in verantwoordelikhede wat hulle afgewerp het, - as 'n verradelike plan om di Vrye State onder di Engelse vlag te breng, - as 'n bemoeiing met di private sake van di Koloni, wat dadelik moes gekeer worde. Di voorgestelde konferensi werd op haastige, selfs beledigende maniir verwerp. Di dwase, verkeerde voorstellings van Lord Carnarvon syn doel werd o'er di land versprei deur di drukpers; en toen ek ankom kry ek 'n algemene gisting, en di Hollanse Afrikaners woedender as ooit.
Ek vra di Premiir om opheldering en ek herinner hom an wat hy ver my gesê het. Tot myn verbasing draai hy terug van syn eie woorde. Hy sê nou, dat ons kan doen soos ons wil met di Vrye State. Hy het gen objeksi ni. Ek sê ver hom, dat ek ten minste Lord Carnarvon syn bedoelings moes verklaar. Di Gouwerneur het 'n wenk gegé, dat ek 'n ophelderende briif kon skrywe, wat hy voor di Parlement sou lê. Mar Meneer Molteno weiger beslis om toe te laat, dat di saak weer voor di Parlement sou kom. Ek het syn weigering so opgeneem dat gen verklaring moes gegé worde ni en dat myn eie lippe moes gesluit bly. Ver my het dit onreg gelyk, en dat di leugens wat versprei werd ernstig was. As ek sou stil bly sou dit lyk of ek hulle regvèrdig. Di Hollanse bevolking moes ten minste weet wat Lord Carnarvon gemeen het, en terwyl dit 'n kwessi was tussen di Vrye State en di Ryksregering, kon ek ni siin dat ek enige konstitusionele beginsel sou skende deur di waarheid te vertel ni. In twyfelagtige gevalle is waarheid altyd di beste politiik. Ek woon toen 'n maal by an di Kaap en praat enige woorde. Di uitslag was 'n omkering in di gesindheid van di vrinde van di Vrye State, dat ek sleg gemaak werd in ministeriële krante, dat 'n beweging sig versprei o'er di land, en eindelik dat di Parlement weer opgeroep word, wat ver 'n tyd verdaag was, en dat di Koloni toen toestem om di Ryksregering te help om di kwessi op 'n end te breng. Dit was al wat ek wou hê. Daar kon gen oorlog wees ni, nadat di Koloni 'n party geworde was in di kwessi, en 'n skikking, wat annemelik was ver di Hollanse Koloniste, kon ni onbevredigend wees o'erkant di Oranje Riviir ni. Ek keer terug Engeland toe. Meneer Brand, President van di Vrystaat, kom kort daarna Londen toe. Dit werd in algemeen toegestem an di Koloniale Kantoor, dat hy ni goed behandel was in di saak van di Diamandvelde ni, en £90,000 werd an hom toegestaan as vergoeding. Di geld was
niks: di erkenning van di onreg was alles. Di Hollanse Afrikaners, hoewel hardkoppig nes muile, is gevoelig en gemakkelik te beweeg deur hulle gevoel. Dit lyk ver hulle of hulle swaar dage nou verby is, dat di Engelse Regering op di end tog kan reg doen, en dat 'n Verenigde, Suid Afrika tog nog kan molik wees onder di Engelse vlag.
As Lord Carnavon, nadat hy een goeie daad gedoen had, tevrede was om dit so te laat bly; had hy net so 'n goeie skikking gemaak met di Transvaal as met de Vrystaat; en nog meer, had hy di Transvaal gehelp in di moeielikhede met di kaffers, dan sou daar ten minste weer 'n kans gewees hê ver di Konfederasi wat hy wou hê. Ons was iits verskuldig an di Transvalers. Bechuanas, Matabeles, Swasiis, Sulus, almal het van di Diamantvelde wapens en anmoediging gekry om hulle te pla. 'n Kleine hulp met geld an di Transvaal, enige vrindelike woorde, di toestemming in 'n billike westelike grens, en 'n wenk an di stamme op di grense, dat ons en di Hollanse Afrikaners voortaan vrinde is, en dat 'n vyandige daad teen hulle sal opgeneem worde as 'n vyandige daad teen di Britse kroon, en elke Hollanse Afrikaner sou di blare uit syn boek van griwe uitgeskeur en dit ver altyd vergeet hê.
Mar Lord Carnarvon het sig misgis met di gunstige gesindheid wat hy opgewek het. Hy het gedenk dis ten gunste van syn konfederasi-plan,
| |
| |
waarmé dit niks direk te doen had ni. Hy het gevoel dat di stigting van 'n Suid Afrikaansi Dominion sou verstaan en bewonder worde in England as 'n skitterende en nuttige staatkundige daad. Di Transvaal lyk toen di sleutel van di posisi. As di Transvaal eers 'n Engelse Provinsi is, dan is di Vrystaat verplig om te volg. Hy had tot 'n sekere hoogte weer di vertrouwe van di Hollanse bevolking gewin. Dit was 'n teere plant, mar hy het gedenk, dat dit toen al sterk genoeg was om 'n sware gewig te dra. Di lewe van Engelse Ministeriis is mar kort. As hulle iits wil deurvoer moet hulle gou maak, of hulle laat di kans o'er ver hulle opvolgers. Di Transvaalse skatkis was leeg, en 'n okkupasi van di land kan nou sonder teenstand gebeur. Di Engelse in Suid Afrika - ten minste vele van hulle - het hom verseker, dat di Transvaalse boere maagsiik is van hulle onafhankelikheid, en di anneksasi sou toejuig. Hy kon reken op di ondersteuning van albei partye in di Engelse Parlement. Meneer Courtney was, glo ek, di enigste Engelse lid van di Wetgewing wat protesteer. Ek self was seker dat di o'erneming (soos dit genoem werd) van di Transvaal di gunstige indruk van syn vroegere daad sou wegneem, en di oue verbittering sou laat herlewe. Ek het hom myn opini megedeel, mar ek kon ni verwag dat hy ver my sou glo ni, as so baing ander persone, wat di land beter moes ken as ek, di teenoergestelde volhou. Di stap was geneem. Di ‘Zuid Afrikaansche Republiik,’ wat so trots was op syn onafhankelikheid dat hulle 'n eie munt geslaan 't, werd verklaar 'n Britse Koloni. ‘Konfederasi,’ wat absoluut onmolik gemaak was, moes nou volg, en Sir Bartle Frere werd na di Kaap gestuur as Gouwerneur, om dit uit te voer. Hoe hy gevaar het, is nog vars in di geheuge. Syn taak was hopeloos van di begin af. Mar hy kon ni of wou ni verstaan, dat dit hopeloos was ni. Selfs di waarheid werd ni an hom vertel ni. Dit werd gesê, dat di inboorlinge
stamme te sterk was; dat Suid Afrika, na Konfederasi, self alleen dit sou moet uitveg met Kaffers, Basutos, Sulus, ens. en dat hulle daartoe ni in staat was ni. As dit di moeielikheid was, sou Sir Bartle dit gou wegneem. Tot nog toe het ons ten minste geveins dat ons di kleurlinge wou beskerm. Nou was alles verander. Hy kry 'n voorwensel ver 'n nuwe Kafferoorlog in 'n nitige kleine geskil op di grense. Hy voer vuur en swaard o'er di Kei, ontslaan syn Ministers, en stel andere an wat gewilliger was om met hom same te gaan op di gevaarlike pad. Hy breek di mag van di Sulus, na 'n teenstand wat ver hulle tot meer eer verstrek het as di eindelike o'erwinning ver ons. Suid Afrika was o'erstroom van bloed, en al di gruweldade en dwaashede werd gedoen ter wille van 'n skadewe wat nou niks nader was as tevore ni. Di Sulus was vyande van di Boere, mar hulle uitroeiing het di Boere ni versoen met di verliis van hulle vryheid ni. Hulle eis hulle onafhankelikheid terug op 'n norse, besliste toon. Sir Garnet Wolseley syn veldtog teen Sekukuni, wat ver hulle vroeger gewen het, maak gen verskil ni. Di Liberale party in England begin sig ten gunste van di Boere te verklaar. Hulle verneem eindelik dat di Liberale leider (Gladstone) di anneksasi veroordeel het as angeneem onder valse voorwensels; en toen di Liberale an di Regering kom in 1880 het di Boere seker gereken dat hulle klagtes sou verhoor worde. In di tyd kon ons terug getrek hê met ere, en di Boere sou weer gesiin hê, dat ons bereid is om 'n fout te herstel as ons daarvan o'ertuig word. Mar ek meen (en dis eintlik di moeielikheid in ons Koloniale betrekkings), dat di Regering geweet het wat reg was om te doen, mar bang was om dit te doen uit vrees dat di Parlement dit sou afkeur, en party-belange in England werd van meer waarde geag as di welvaart van vêr afgelege bevolkings. Dit word besluit dat di Transvaalse Boere eers di gesag van di Koningin moes erken voor hulle klagtes kon gehoor worde. Hulle
had di wapens opgeneem ver hulle vryheid, en wou dit ni neerlê ni, daar di regeerings manne in England self erken het dat hulle reg was. Daarop is di oorlog gevolg wat ons nog almal herinner, waar 'n reeks van neerlage uitgeloop het op Amajuba en di dood van Sir George Colley.
| |
| |
Ek vereers kan di Regéring ni blameer, omdat hulle di bloedige oorlog ni verder voorgeset het ni, in 'n saak wat hulle al reeds veroordeel had. Ek blameer hulle eerder dat hulle ooit di oorlog begin het. Om toe te gé na 'n neerlaag, wat met ere kon toegege gewees hê, toen ons neerlaag an albei kante onmolik geag werd, het 'n soort van grootmoedigheid getoon, mar dit het seker di invloed van England in Suid Afrika oneindig verswak, en di angroeiende party versterk, wat hoop om di invloed heeltemal te laat verdwyn. Had ons volgehou, moes ons grotere krag en hulpbronne op di end gewen hê. Mar di oorlog sou sig uitgestrek hê buiten di grense van Transvaal. Dit moes 'n onderwerpings oorlog worde teen di hele Hollanse bevolking, wat almal daaran sou deelgeneem hê. Ons sou 'n skandaal op ons naam gebreng hê. Ons sou en moes 'n dappere en eerlike bevolking tot di rand van vernitiging gebreng hê. Ons sou di afkeuring - molik selfs di tussenkoms van andere Magte uitgelok hê. Om di redes denk ek, dat Meneer Gladstone goed gedoen het om di vrede toe te staan, ofskoon dit 'n vrede was wat ver di posisi en di gevoel van di Engelse Koloniste in Suid Afrika pynlik was, en ni anders as 'n gevaarlike angel kan nalaat ni. Di vrede was reg. Dit was mar spytig dat ons, as 'n balsem ver onse gekweste hoogmoed, bepalings ge'eis het, wat ni kon of sou nagekom worde ni, terwyl ons ver ons self gen middele gehou het om dit te dwing ni. Ek veronderstel dat enige inskikkelikheid nodig was om di beledigde hoogmoed in England te paai, mar di voorwaardes wat ons in di Konvensi (van Pretoria) geset het was 'n nalatenskap van ons vroegere dwalings, en dat hulle selfs genoem is was 'n ramp. Terwyl ons tog di dranki moes drink, kan ons dit net so goed heeltemal uitgedrink hê, sonder enige druppels onder in di beker te laat bly. Di oorsprong van al di kwaad in di Transvaal was dat ons van di Diamandvelde af di inboorlinge teen
hulle gewapen het. Di Kapteins het ons bondgenote gebly in di oorlog. Ons kan ni, of ons het gemeen dat ons ni ver hulle kon verlaat, sonder waarborg te neem ver hulle en ver hulle land ni. Ek denk dit sou beter gewees hê, ofskoon dit ni so netjiis mag gelijk hê ni, as ons liwers terug geval het op di Oranje Riviir Traktaat, en besluit het om ons ni meer te bemoei met di geskille tussen di Boere en di stamme ni. Had ons ons gesag behou dan kan ons di stamme onderhou an ons sy; mar om di land te verlaat, en op diselfde tyd te eis dat di inwoners daarvan ni na hulle natuurlike verhoudinge sou teruggaan ni, dit was nou eintlik om kunsmatig 'n gewisse oorsaak te behou ver toekomstige moeielikhede. Di Kapteins wat ons ons vrinde noem had 'n openlik dreigende houding angeneem teen di Boere. Dit kon di Boere ni kwalik geneem worde, dat hulle liwers hulle eie bevolking wou vestig in di streke ni, om te voorkom dat hulle weer an diselfde gevaar bloot gestel word.
Nogtans het hulle ons voorwaardes angeneem en dit ni gehou ni. Ons het di Traktaat van Aliwal Noord verbreek. Hulle verbreek di latere Konvensi (van Pretoria), of liwers di Regering het hulle onderdane ni belet om dit te verbreek ni. Op hulle foute het ons gelet; ons eie het ons vergeet. Daar gaan 'n geskreen op teen di ontrou van di Boere. Di sendelinge, wat nooit di Boere bemin het ni - di Engelse in di Koloni, wat nog seer gevoel het onder di indruk van vernedering - di leger, nydig o'er 'n ongewreekte neerlaag - staatsmanne, jaloers ver di eer van hulle land - filippyne wat tot lewensdoel het di verdediging van onnosele negers, - almal skreeu same, terwyl haar Majesteits Opposisi op di uitkyk was om voordeel te doen met elke kans wat di Regering hulle mag gé. Di Regering werd opgeroep om troepe te stuur om di Boere met mag te verdrywe van di grond van onse bondgenote, en hulle mog ni weiger ni. Mar wat moes di ekspedisi doen? Dis di stori van Don Quixotte. Di Ridder van La Mancha het di seuntji verlos van di sweup van syn meester, het di meester laat sweer om di jongetji syn huur te betaal wat hy vra, en ry weg, bly o'en di onreg wat hy herstel het. Toen hy uit gesig was, bind di meester di seuntji weer an di boom vas en
| |
| |
klop hom erger uit nes tevore. Toen ons di Boere uit Bechuanaland uitgedrywe het, moes ons toen daar bly? Moes ons 'n leger daar hou? En wi moes dit dan betaal? En as ons dit ni doen ni, sou di stroom weer inkom so gou as ons uittrek. Daar moet tog altyd 'n eweredigheid bestaan tussen 'n kwaad en di middel wat jy gebruik om di kwaad te herstel. Di beste wat ons kon verwag was, dat ons ons troepe sou instuur, teen 'n koste van altemit 'n miljoen ponde ver di belastingbetalers; dat hulle gen vyand sou kry ni; dat di troepe sou bly tot ons moeg word om daarvoor te betaal, en dan sou teruggaan met 'n belydenis van onmag. Dit sou onmolik wees om uit so 'n land 'n inkoms te kry. Net so onmolik sou dit wees om daar 'n regering op te rig wat sig self bekostig. En wat moes ons doen met 'n Provinsi, wat ver niks deug ni as om onbepaalde somme geld uit te gé, waarvan ons gen gebruik kon maak ni, en waarheen ons gen toegang het ni as deur di Kaapkoloni, terwyl di Koloni niks wou doen om ons teenwoordigheid daar ver ons ligter te maak ni? Di Regering mog gehoop hê, as ons di Boere uitgedrywe het uit Bechuanaland, dat di Kaapkoloni dit dan sou o'erneem. Mar elkeen wat di kwessi verstaan, het geweet dat di Kaapkoloni ni so iits sou doen ni. As ons Bechuanaland wou neem, sou ons dit moes hou tot ons moeg is daarvan, en dan moes weggaan nes gekke. Dit was di beste wat ons kon verwag. En di slegste was, 'n hernuwing van di oorlog wat sou uitloop op 'n oorlog tussen di Hollanse en Engelse bevolking van Suid Afrika. Di kleinste onversigtigheid, of net di weigering van di Boere om sonder geweld terug te gaan, kon dit veroorsaak. En di gevolg sou onberekenbaar wees. Di gevaar was groter, omdat baing van di wat di ergste voorstanders van di ekspedisi was ernstig begeer het dat dit op oorlog moes uitloop. Hulle het verlang om di skandvlek van Amajuba uit te was, en di Engelse vlag weer te hys an Pretoria.
Di vooruitsig was so ernstig, dat di teenwoordige Kaapse Premier, Meneer Upington, self in di herfs na di grens gegaan het en 'n soort van skikking met di Transvaalse Regering gemaak het, om te belet dat di ekspedisi sou gaan, - 'n skikking wat bevredigend was ver di meerderheid van di blanke bevolking in di Koloni. Terwyl ons daar Verantwoordelike Bestuur opgerig het, moes ons di gevoelens van di meerderheid angeneem hê. As ons ni Suid Afrika wil laat regeer vollens di mening van di meerderheid ni, dan moet ons dit self regeer. De Ryksregering verwerp egter Meneer Upington syn skikking as te gunstig ver di Hollanse bevolking. Di voorbereidsels werd vortgeset; 8,000 man sou uitgestuur worde, onder di bevel van Sir Charles Warren, na Bechuanaland. Di Kaapse Regering werd genooi om same te werk. Mar di Kaapse Regering weiger op 'n beskeie maniir en daar gaan ons alweer uit op 'n onderneming wat in stryd is met di konstitusionele beginsels waarop ons besluit het dat Suid Afrika sal bestuur worde. Suid Afrika kan alleen op konstitusionele maniir geregeer worde deur di Hollanse bevolking daar te bevredig, en ons het van di begin af volgehou, en hou toen nog vol, om hulle te beledig en kwaad te maak. Ek glo, as Meneer Gladstone syn Ministeri hulle eie oordeel kon volg, dan sou hulle di onderneming geweiger hê. Mar di stap was geneem. Di laaste afdeling troepe was afgeskeep voor ek van England vertrek, en di vooruitsig het ver my so donker gelyk as ons ergste vyand dit kon begeer. Dit mog wees dat di Boere gen reg had op di plase wat hulle geokkupeer het ni, mar was hulle verdrywing di gevolge wêrd wat dit kon hê? Di betwiste streek was 'n amper waterlose woestyn. Eén week syn koste van di leger was genoeg om di Kapteins wat geklaag het weg te stuur al juigende. Daar moet tog altoos 'n maat wees tussen di doel waar jy na strewe, en di koste om dit te verkry. Di doel hiir (so vêr as daar werkelik 'n doel was) was om Magaba te
wreek. Di koste kon heel molik wees di verliis van di Suid Afrikaanse Koloniis. Di publike opini in England sou seker ni 'n oorlog toegelaat hê om di Hollanse Afrikaners uit te roei ni, en dit kon al kom tot 'n keuse tussen so 'n oorlog of verlating van di land. Net so min sou dit toegelaat hê di
| |
| |
onderdrukking van di Kaapse Konstitusi en 'n militère bestuur daar. En tog watter ander regering sou daar molik gewees hê, as ous volhard het op di weg van geweld wat di Kaapse Parlement en Minister afkeur? Ek kon glad gen lig siin ni. Di enigste hoop was nog, dat Sir Charles Warren sou uitrek en terugtrek nes 'n man wat syn ploeg trek deur 'n moeras, wat agter di ploeg dadelik weer toeval. As dit di gevolg was, dan sou dit net belaggelik wees; mar juis nou kon ons dit ni bra betaal om belaggelik te wees ni.
Dis natuurlik seker as ons wil, en as ons standvastig vollens gewete wit handel, dan kan ons Suid Afrika regeer soos ons Indi'e regeer; ons kan ons eie naturelle-politiik hê, en gelijke reg doen an witte en swarte onder ons eie magistrate wat net verantwoording skuldig is an di Engelse opini. Onder so 'n regering kan di land rustig en voorspoedig wees. Mar dis net so seker, as Suid Afrika sig self moet regeer onder 'n kontitusionele systeem, dan moet ons ophou om Engelse beskouings op te dring an 'n volk wat onwillig is om daarna te handel. Ons kan hulle ni dwing om hulle self te regeer ni, en op diselfde tijd om te regeer op di maniir soos ons dit begeer ni. Jy kan 'n pêrd water toe lei, mar jy kan hom ni dwing om te suip ni; en pogings om teenstrydige maatreels te verenig sal in di toekoms, nes in di verlede, lei tot verwarring en mislukking. Daar ek self mar min glo in di waarde van algemeene stemreg, gé ek an di eerste weg di voorkeur. Mar ons moet di een ding doen of di ander. Onstandvastigheid is erger as albei... As Engelse Regering, as di Engelse Parlement en drukpers wil perbeer om di beste te maak van di Boer: in plaas van di slegste, as hulle kan besluit om di Kaap alleen te laat nes Australi'e en Canada, dan sal di ongelukkige land weer asem haal; en met hulle goeie grond en klimaat en rykdom van minerale en juwele sal Engelsman, Afrikaner, Basuto, Kaffer, en Sulu di krygsbyl begrawe en langs makaar lewe en voorspoedig wees.
|
|