| |
XIII. Wat Froude van di Boere vertel.
Di naam van Froude is in di geskidenis van ons land te min bekend. En dis oek net seker, dat di Engelse Regering reg gedoen het an di Vrystaat, en as daar naderhand hiir 'n Konfederasi of Verbond van Afrikaanse State en 'n Verenigde Suid Afrika kom, - dan het hy di eer dat hy di eerste an di saak geroer het. Hy was 'n man van grote naam in Europa, veral as geskiidskrywer. Daarom is dit oek ver ons van belang om in ons Geskidenis te bewaar, wat hy van di Uitgeweke Boere gesê het in syn Rapport, wat hy an di Parlement in England voorgelê het, in di eerste part daarvan, wat ons hiir vertaal:-
‘Meneer J.A. Froude an Graaf Carnarvon.
Londen, 10 Januari, 1876.
Mylord, - Jou Lordskap het ver myn bevel gegé om 'n rapport te lewer van di laaste gebeurtenisse an di Kaap di Goede Hoop, ver so vêr as ek daar selwers in betrokke was. Daarom begin ek, om myn verhaal verstaanbaar te maak, met 'n skets van di geskidenis en di toestand van di twé onafhankelike Republike an di anderkant van Grootriviir en Vaalriviir. Di landstreek, waar di twé State nou is, is in en na di jaar 1836 in besit geneem deur klompiis van di Uitgeweke Boere, wat beslote had om di Koloni te verlaat, omdat hulle ontevrede was o'er baing onregvêrdige dinge wat hulle moes uitstaan, vollens hulle gedagte, onder di Engelse Regering.
Dit word toen so gereken (deur di Engelse) dat di Boere, as Britse onderdane, hulle getrouheid an di Engelse Regering ni kon weggooi deur te vertrek na 'n distrik wat tot nog toe ni bewoond is ni. Di Uitgeweke Boere is deur di wilde stamme van di binneland angeval; baing van hulle familiis is o'errompel en vermoor; hulle het hulle gewreek, en om di vrede te bewaar het di Engelse Regering dit nodig gedink om syn gesag te laat gelde, so ver as di Boere gewoon het. Di grense van di grond an di Noordekant van Vaalriviir was ni bepaal ni; maar in 1848 proklameer Sir Harry Smith di oppergesag van Koningin Victoria o'er di Provinsi wat hulle toen genoem het di Oranje-riviir-gebiid, en bepaal dat di grense is Grootriviir, Vaalriviir, en di Drakensberge, en dan noem hy nog di name van di vernaamste Kapteins wat binne di grense woon, en wat toen, saam met di Boere an di Engelse Regering onderworpe word. Mar di land wat di Engelse Regering op di maniir bygekry het, kos hulle meer as dit wêrd lyk. Di Engelse wat di land di eerste besoek het beskryf dit as “'n huilende wildernis,” net mar geskik ver véboere wat vèr uit makaar woon. Mense en vé was bloot ver di gedurige diifstalle van di swart nasiis; di gevolg was 'n hele rits van bloedige gevegte, en di orde kon ni anders bewaar worde ni, as deur 'n trop soldate, waarvoor di Boere onmolik ni kon betaal ni, en di koste sou dan deur di Engelse Regering moet betaal worde.
| |
| |
Moeg van di uitgawe wat verëis word om di Engelse Regering verder in di binneland uit te brei, en begerig om tussen di Kaapkoloni en di swart nasiis 'n slagboom van wit mense te hê, - sodat hulle en ni di Engelse Regering sou verantwoordelik wees ver di strenge maatreels wat moes genome worde, - besluit di Engelse Regering om Grootriviir tot Noordelike grens van syn Afrikaanse besittings te maak, en di Hollanse skaapboere en di bitji Englse wat agter hulle an getrek het toe te staan om ver hulle selwers 'n regering te vorm. Dit moet erkend worde dat England deur di stap te neem net mar syn ei'e belang geraadpleeg het. Di Boere het ni om onafhankelikheid gevra ni. Hulle het geprotesteer daarteen dat hulle so in di steek gelaat word. Hulle het verklaar dat hulle ni in staat was om ver di bestuur van twé uitgestrekte geweste te sorre ni. Hulle proteste is ni verhoord (deur di Engelse ni). In 1854 word deur di Konvensi van Sandriviir, di Transvaalse gebiid, nou di Suid Afrikaanse Republiik, tot 'n onafhankelike Staat verklaar. In 1854 dra Sir George Clarke, die agerende Kommissaris, deur di Oranjeriviir-Konvensi, di bestuur van di Oranjeriviir-gebiid (wat vroeger bepaal was deur Sir H. Smith syn proklamasi) o'er an di vertegenwoordigers van di Boere wat angestel was om dit o'er te neem. Voordat di Boere di verandering anneem, stel hulle sekere voorwaardes. “Hulle siin vooruit dat hulle deur kwessiis met di swart nasiis in moeilikheid sou kom met di Engelse Regering, as hulle ni 'n vaste waarborg het dat di Engelse hulle ni met sulke kwessiis sal inlaat ni.” Hulle wou 'n waarborg hê, “dat alle traktate wat di Engelse gemaak het met di stamme sal vernitig worde, en dat di Engelse Regering hom ni sal inlaat met geskille tussen di inlanders en di ander inwoners van di land.” Di voorwaardes word ni meer as billik beskou en angeneem. In di Konvensi van Sandriviir het di Kommisarisse van di Koningin afgesiin van alle
verbintenisse hoegenaamd met enigeen van di swart nasiis an di Noordekant van Vaalriviir. Sir George Clarke verklaar in Art. 2 van di Oranjeriviir-Konvensi dat di Engelse Regering gen traktaat het met enige inlandse kaptein an di ander kant van di riviir; di enigste uitsondering is Adam Kok, van Filippolis (di Vrystaatse Regering het hom naderhand uitgekoop), en gen voornemen het om naderhand enige sodanige traktaat te sluit ni. Di voorwaardes is goedertrou angeneem, en eerlik nagekom. Meneer Labouchere skrywe in 1857 an di Gouwerneur van di Kaap, en gelas hom om di letter en di gees van di traktate met albei State getrou na te kom, en om hom ni in te laat met di sake van di inlandse stamme “behalwe in so vêr as dit duidelik noodsakelik mag wees om di onderdane van di Koningin te beskerm.” In 1853 sterf Andries Waterboer, wat deur Sir George beskrywe word as 'n klein kaptein woonagtig o'er Vaalriviir, en met hom had di Engelse Regering 'n ou traktaat. Syn seun Nikolaas, wat di oorsaak was van so baing stroeweling in later tyd, doet toen ansoek by Sir George Cathcart om 'n vernuwing van di traktaat. Sir George Cathcart weiger dit uitdrukkelik, om rede dat 'n vernuwing van di traktaat 'n verbreking sou wees van di Konvensi met di Transvaalse Boere geslote (Kaap de Goede Hoop Korrespondensi, No. 27, bladz. 135).
De Republike, so opgerig, beantwoord bo'e verwagting. Hulle het van hulle kant ver hulle verbinde om gen slawerny weer in te voer ni, openbaar of geheim. Met di grootste wantrouwe word op hulle gelet, en meer as een stori word in Europa omslagtig vertel van hulle barbaarsheid. Dit kan ni ontken worde ni, dat di Regering van di twé nuwe State in di begin swak was ni; dit kon oek onmolik ni anders ni. Dit word oek ni ontken ni, dat boere wat in blootgestelde distrikte woon, en gen polisi had om hulle te beskerm, en wat gedurig moet siin dat hulle vé gesteel word, dat hulle hulle ei'endom beskerm en di anvallers gestraft het. Net so min word dit ontken, dat wettelose reisigers en geluksoekers uit di Koloni, en skurke wat gevlug het daarvandaan, in menigte in di Republiik ingekom het, en daar op afgelege plekke dinge gedaan het, wat sterk moet veroordeel en betreur worde. Mar altijd, as di sake omstandig ondersoek worde, dan blyk dit, dat in di Vrystaat van di
| |
| |
begin af, en in di Transvaal stellig in di laaste ses jare, di Regerings hulle uiterste bes gedaan het om alle wesenlik onregvêrdige handelinge teen di inlanders te voorkom of te straf; en as 'n mens in anmerking neem di moeilikhede wat hulle daarin gehad het, dan is dit hulle nog al goed geluk. 'n Merkwaardige geval van di soort is gebeur in 1855, 'n uitvoerige, en skynbaar noukeurige verslag van 'n moord van enige inlanders in di Vrystaat, en dat hulle vrouens en kinders as slawe weggevoerd is, word gestuur an Sir George Grey, wat toen Gouwerneur an di Kaapkoloni was. Dit word gesê dat di Bloemfonteinse Regering syn toestemming daartoe gegé het. Sir George Grey ondersoek toen di saak noukeurig, en wat was syn berig? dat di geskidenis waar was, mar dat di daders ni Vrystaters was ni, mar Britse onderdane; en dat di Volksraad ver hulle knap gedraag het. “Di Vrystaters, skrywe Sir George Grey an Lord Russell, het 'n Regering gevorm wat enige land ter wêreld sou eer andoen. Di toestand van di Staat is ni alleen hoogs bevredigend ni, mar verstrek tot di grootste lof ver di geeskrag, di versigtigheid en standvastigheid van di bevolking.”
Omring soos di twé Republike is deur oorlogsugtige wilde stamme, wat nog nooit in anraking gekom het met beskawing anders as met 'n vyand, was dit ver hulle onmolik om dadelik met di sagmoedigheid en toegewendheid te werk te gaan, wat sonder gevaar in di Koloni, wat ou'er en digter bewoond is, kon beproef worde. Mar di arbeiders- en landloperswette van di Vrystaat is niks strenger as di wette wat in di begin van dese eeu nog in Engeland en Skotland was. As gesteelde vé nagespoor word tot in di krale van di inlanders, en daardeur 'n geveg ontstaan en mense doodgemaak word, dan is dit wel partykeer gebeur dat di Boere, in plaas van di weeskinders van honger te laat omkom, hulle méneem en as bediindes in hulle eie huise opvoed. Diselfde gebruik was in di land onder di Engelse Regering ook voor di Konvensi. En 'n mens kon misbruik daarvan maak, en ongetwijfel is daar oek sulke gevalle gewees, mar op sigself beskou was di plan menselik, en dis oek nooit uit enige andere oogpunt voorgestaan deur di Regering van di Republike. In di Transvaal, (dit was omdat di bevolking meer alle soorte deurmakaar vermengd en ruwer van aard was), daar het 'n losser stelsel verskeie jare nog geduur na dat di Staat gevestig is, en hiiran is mar eers kort gelede 'n end gemaak. Maar selfs teen di Transvaal is nooit 'n beskuldiging ingebring van 'n daad half so geweldadig en gestreng as di maatreels wat 'n Engelse Regering in Natal geneem het met di sogenaamde oproer van Langalibalele. In gen een van di Republike word di gekleurde toegelaat om te stem ni, - of om wapens in besit te hê sonder liksensi ni; of om vaste eiendom te verkry ni. Mar di eiendomswet word al opsy geset; en di formele onbekwaamheid sal binnen kort afgeskaf worde; en di beperking met wapens is 'n versigtige wet wat di hele Suid-Afrika gerus kan navolge. Di inlanders kan met diselfde vryheid kontrakte angaan ver hulle werk as in enig ander land, dis te sê as hulle ni misdadigers of
bandite is ni. 'n Swartjong wat hom sleg gedra, kan hulle uitklop, mar ni sonder bevel van 'n o'erheidspersoon ni, en dan swaarder of ligter nadat ni owertreding was, vollens di wet. Dis waar, di stelsel is streng, mar glad ni onmenselik of wreedaardig ni. Dit kan gerus gesê worde, toen di Engelse Regering di land an di Boere o'ergegé het, dat hulle toen ingesiin het dat dit noodsakelik was om di swart volk strenger te behandel as in di Koloni, en di wesenlike uitoefening daarvan (deur di Boere) was ni allenig ni strenger as verwag word, mar nog veul sagter.
Dat di twé geweste an di Boere afgestaan is, is algemeen (?) afgekeur in di Koloni. Di spyt daaro'er word nog meer toen hulle (natuurlik di Engelse in di Koloni) siin watter ordelike en voorspoedige staat di Boere daar stig, en hoe spaarsaam hulle dit bestuur. In plaas van di “huilende wildernis,” soos di land ver Sir George Clarke gelyk het, siin hulle nou dat di Vrystaat uitmuntend goed is ver skape en véboerdery, en dat di grond, veral in di Transvaal, baing vrugbaar is, en 'n menigte steenkole, koper, yster en goud
| |
| |
bevat. Di bevolking is toegeneem deur immigrasi veral van Boere uit di Westelike Provinsi, waar nou amper gen persoon is ni of hy het 'n broer of suster, of 'n getroude seun of dogter in een van di Republike. Di nouere gemeenskap het di wens om weer verenig te worde algemeen gemaak. Di Engelse Regering self het hulle abuis uitgevinde, dat hulle di Boere gedwing het om 'n eie Regering te vorm, en sou graag wou vernitig wat hulle gedoen het; en al het di Vrystaat gedink dat hulle onbillik behandel is deur di Engelse Regering met di end van di basuto-oorlog in 1868, di verbittering was al amper afgekoel, en as daar gen verder oorsaak van wantrouwe ontstaan is ni, is dit waarschynlik, amper seker, dat di meerderheid [ons sit hiir 'n vraagteeken?] van di inwoners van Vrystaat en Transvaal voor nou al sou gevra hê uit hulle selwers om onder di Engelse vlag terug te keer.
In di tyd word met eens diamante ontdek in grote menigte langes Vaalriviir, en op en nabij 'n plek op di linkerkant van di Vaalriviir, enige myle daarvandaan, in 'n distrik waaro'er di Vrystaatse Regering werkelik reg uitgeoefen het van di dag van syn ontstaan af. Di reg is betwis deur di Grikwa-kaptein, Klaas Waterboor, wat gebly het op di regterkant van di Vaalriviir, mar wat hom 'n stuk grond op di linkerkant nou toe'eigen, wat bepaal was in 'n ou traktaat, waarin di grense tussen Andries Waterboer en 'n ander Grika-kaptein, Adam Kok, vasgestel is, as di land wat lê an di Westekant van di lyn van Rama, an Grootriviir, na 'n plek wat hulle noem David's Graf, waar Modderriviir en Rietriviir in makaar loop, en daarvandaan na di top van Platberg, 'n berg an di rand van Vaalriviir. Mar di proklamasi van Sir Harry Smith, in 1848, had Vaalriviir self bepaal as di grenslyn van di Vrystaat, waarvan hulle di bestuur opgedra het an di Boere in 1854. As Waterboer land gehad het an di linkerkant van di riviir, dan was dit binnen di Engelse gebiid, en di Boere kon dink dat di gesag daaro'er an hulle opgedra was. Di traktaat waarin di land an di Boere o'ergemaak word het dit, miskiin met opset, onverklaard gelaat of di inlandse opperhoofde, wat vroeger Engelse onderdane was, nou onderdane geworde is van di Boere an wi hulle di bestuur van di land o'ergege het. Di inlandse opperhoofde was van gedagte dat hulle nou weer in hulle vroegere toestand (dus vry) was. Di Republike an hulle kant het nooit getrag om reg of gesag o'er hulle uit te oefen ni. Party is u itgekoop, en party blyf onafhankelik tot van dag toe. Dit was miskiin di wens van di Engelse Regering om dit an di inlanders en an di Boere self o'er te laat om hulle sake self onder makaar uit te maak; mar net so seker het di Engelse Regering hom plegtig verbonde om hom ni te meng in di geskille en ver di inlandse opperhoofde party te trek ni.
Waterboer het al reg gesoek op di grond an di linkerkant van Vaalriviir voor en aleer di Engelse Regering terug getrek is. Majoor Warden, di Engelse Magistraat an Bloemfontein, het grondbriwe uitgegé van plase agter di lyn van Rama deur David's Graf na Platberg. Waterboer, same met 'n sendeling, het na Bloemfontein gegaan om te protesteer daarteen. Vollens di sendeling en Waterboer vertel, dan het di Majoor gesê, dat hy spyt het van di abuis, mar dat dit gedaan is uit gebrek an inligting.
Dit lyk daarom of 'n ondersoek in di saak Majoor Warden ni o'ertuig het van Waterboer syn reg op di grond ni; want hy het mar angehou om grondbriwe uit te gé in di part van di Souvereiniteit so lank as hy in di land was. Di geskil kom toen van nuuts af op toen di Republiik opgerig word. Di Boere heg meer gewig an Waterboer syn ansprake as Majoor Warden. Hulle erken dat hy wettig reg het op 'n kosbaar stuk grond, bekend as Albani, gelege an di hoek waar Grootriviir en Vaalriviir in makaar loop, agter di lyn van Rama na David syn graf. Di land verder agterdi lyn van David syn graf na Platberg, di skatkamer waarin so'n ontsaggelike rykdom verborge was, het toen 'n onvrugbare dorre vlakte gelyk. Plase van 15,000 morge kon 'n mens toen daar koop ver £20 of £25. Waterboer lat toen niks hoor van syn regte op di grond, want dit was ver hom te armoedig om daarvoor te stry.
| |
| |
Di Vrystaatse Regering koop dit toen van di kaptein van 'n ander stam van Grikwas, wat voorgeef dat hy reg had om dit te verkoop, en ofskoon Waterboer di wettigheid van di verkoop betwis het toen hy dit hoor, kan 'n mens tog gerus sê, dat di reg wat di Vrystaat op di manier o'er di grond gekry het, en wat hulle in 15 jare tyd nooit betwis geworde is ni, oek nooit weer in twijfel sou getrek wees ni, as dit ni was dat deur di ontdekking van diamante di kale en onvrugbare stuk grond di rykste van di wêreld geworde is. Waterboer kom toen met eens weer met syn ansprake voor di dag en versoek di Engelse Regering om beskerming.
Di Myne word geopend onder di Vrystaatse Regeering. Dit kan ni betwis worde ni, dat wet en orde toen ewe goed [as ni beter is ni, voeg ons hiirby] gehandhaaf is as op enige latere tyd, en wel met tiinmal minder onkoste. Di Vrystaatse Regering verklaar dadelik dat di anhegting (van di Diamantvelde an di Koloni) 'n verbreking was van di Konvensi van 1854. Mar Meneer Arnot, Waterboer syn agent, dreig di Boere dat hulle, hulle onafhankelikheid sou verliis, as hulle dit waag om ver hulle te verset. As 'n mens 'n briif loes wat meneer Arnot an meneer Höhne, Staatssekretaris an Bloemfontein, geskrywe het in November 1870, dan kan jy di gees siin waarin di korrespondensi gevoerd is. Natuurlik moet di Engelse Regering ni verantwoordelik gehou worde ni ver di ongeoorloofde uitdrukkings van so mar so'n man, wat glad ni in diins is van di Koningin ni. Meneer Arnot vertel an meneer Höhne, dat hy las het van Waterboer om 'n kopy van syn briif an di Gouwerneur o'er te stuur “as vertegenwoordiger van uwe Vorstin di Koningin van Engeland,” en om di verwondering van di Kaptein te kenne te gé “dat 'n bevolking, soos joue van di Vrystaat, wat ni ontsla'e is van hulle onderdanigheid an di Engelse Regering, en dus werkelik nog uit Britse onderdane bestaan, an wi dit mar ver di naam toegestaan is om hulle self te regeer, dat di dit durf te wage [tensy hulle dit wens, en hiir gelo ons almal dat dit 'n hoogs wenselike saak is], dat di vryheid van 'n eie regering julle ontneem word; omdat julle in verset is teen di onmiskenbare bevel van di Gouwerneur, en di Kaptein erken hom, as vertegenwoordiger van di Koningin, ver di enigste oppermag in Suid-Afrika, en di Kaptein dink dat dit ver julle sal goed wees as julle oek daarmé wil instem, omdat di opini hiir in Grikwaland is, dat, totdat di Vrystaat di mening van di Konvensi beter begryp, waardeur julle 'n bestaan gekry het, dit 'n ellendige fout sal wees, om di Vrystaat toe te laat as 'n
bevolking langer 'n verstoteling van di Engelse Ryk te bly.” (David Arnot an Meneer Höhne, No. 7, 1870. Kaap di Goede Hoop Korrespondensi, No 26, bladz. 121).
Tot 'n voorwensel om Waterboer op te neem as Britse ónderdaan, word toen bygebreng dat di Basutos oek in beskerming geneem is an di einde van di laaste oorlog, 'n daad wat, as dit werkelik 'n verbreking was van di Traktaat an di kant van England, gen regvêrdiging sou wees ver onreg wat naderhand gedaan word, mar wat oek, vollens di voorstanders van di Vrystaat sê, in idere opsig verskillend was van di besitneming van di Diamantvelde. Di Vrystaatse Regering het nooit Basutoland in syn besit gehad ni. Dan was di Engelse Regering buitengewone verpligting an Massoes, di opperhoof van di Basutos, verskuldig ver verskeie vroegere diinste. Dan di anneming van di Basutos as Engelse onderdane was 'n welmenende bemoeiing om 'n veelbelowende stam te redde van di uiterste gevolge van 'n oorlog wat hulle selwers uitgelok het. Di Vrystaat skik hom naderhand daarin, miskiin het hulle ver hulle eers daarteen verset. Bij di Konvensi van Aliwal, an di end van di oorlog in 1869, word di Traktaat van 1854 plegtig vernuw, en di Vrystaat sê dus natuurlik dat di Engelse Regering daardeur belet word om di verbreking daarvan naderhand weer as 'n voorbeeld na te volg. En tog is daar werkelik 'n poging angewen om di bemoeiing in belang van Waterboer te laat voorkom as 'n gelyke daad van weldadige beskerming, en di Grikwas as 'n belangrike volk, waardeur naderhand, soos Generaal Hay, wat toen Gouwerneur was, sê,
| |
| |
“Afrika in grote mate kan beskaaf worde.” (Generaal Hay an Kimberley, 19 November, 1871). Di Grikwas is 'n spul basters, di onbeduidenste van di ellendige stamme, wat daar in di part van di land woon. So onbeduidend is hulle, dat 'n groot gedeelte van hulle, onder Adam Kok, al uit di land verdrywe is, en o'ergebring na 'n landstreek op di grense van Natal. En so weinig was di bedoeling om werkelik ver Waterboer te beskerm, dat di stuk grond waarop hy anspraak maak verdeel is in 1,500 plase van 7,000 morre elkeen, 150 daarvan is toegeken an di Kaptein en syn stam, en di ander sal verkoop worde tot voordeel van di Engelse Regering in Grikwaland West.
Di plotselinge toestroming van 'n nuwe en ongebonde bevolking na di Diamantvelde was altemit 'n werkelike rede ver 'n kragtiger bestuur as di Vrystaat kon lewer. As di voorwendsel van noodsakelikheid nou mar eerlik te kenne gegé was, dan sou dit in sekere maat in di Vrystaat erken wees, en in alle geval minder verbittering gegé het as al di praatjes van regvêrdigheid wat hulle wou voorgé. Di Vrystaat word beskuldig dat hulle oek di Konvensi verbreek het deur slawehandel. Di Vrystaat eis toen bewyse, en di beskuldiging word teruggetrek. (Bloemfontein Blouboek, No. 1, bladsy 86). Toen word di eis weer gegrond op Waterboer syn reg op di grond; en net soos hy in beskerming geneem is, maak hy di héle distrik an England o'er. Lord Kimberley, wat toen Sekretaris ver Koloniis was, was eers huiwerig en wou ni bra ni, mar naderhand keur hy di anhegting goed, mar op di duidelike voorwaarde, wat hy herhaaldelik an di Gouwerneur geskrywe het, dat di Engelse Regering “gen deel wil neem an di anhegting van enige gebiid, wat di Kaapkoloni ni in staat sal wees om te bestuur en te verdedig uit syn eie kas,’ of, soos Lord Kimberley dit uitdruk, tensy di Kaapse Parlement hom stellig wil verbinde om di verantwoordelikheid op hom te neem van di bestuur o'er di gebiid wat daarmé verenig sou worde, en dan oek om 'n mag te onderhou wat nodig mog wees om di orde te handhaaf. (Sir T. Rogers an meneer Hammond, 3 Janewari 1871; Graaf Kimberley an Sir Henry Barkly, 24 Janewari en 18 Mei 1871, Kaap de Goede Hoop Korrespondensi). Di Kaapse Regering stem toe in Lord Kimberley syn voorwaarde en maak 'n wet waarin hulle di verantwoordelikheid van di anhegting op hulle neem. Di Vrystaatse Regering het gen weerstand gebiid, mar trek syn Magistrate terug onder protes, en publiseer 'n beroep op di wêreld teen 'n daad wat hulle natuurlik beskou as 'n daad van willekeurige rower.y
Net soos di anhegting klaar was blyk di verkeerde politiik daarvan duidelik, omdat daar gen behoorlike regering was ni. Diamante in ontsaggelike menigte word gekry; di pryse rys, geld stroom in, di handel en di inkomste word verdubbel en verdrivoudig; mar gen voordeel spruit daaruit voort ver di Koloni of ver di Engelse Kroon, wat hulle ni net so goed sou gekry hê as di Vrystaat di Diamantvelde behou het. Di Hollanse Afrikaners deur di hele Koloni het 'n goeie geheuge, en hulle het di verowering van di Koloni nog ni vergeet ni; mar di onreg hulle landgenote angedaan beskou hulle as di laaste en ergste van 'n getal onregte wat hulle dink dat hulle ondervinde het van di Engelse. Di Vrystaat self, wat genege was om weer by di Koloni ingelyf te worde [hiirvoor sit ons weer 'n vraagteken?] word vyandig, terwyl, was di Diamantvelde onder di Vrystaat gelaat, di toestroming van so veul duisende Engelse onderdane an di Engelse party in di bestuur van di Staat di meerderheid sou gegé hê, en dadelik di Engelse vlag op Bloemfontein sou geplant hê, met toestemming van di Volksraad. [Twé vraagtekens??] Di Kaapse Parlement gooi dadelik di verpligting wat hy op hom geneem het van hom af, en wei'er om hom met di nuwe anwins (Grikwaland West) in te laat totdat di Vrystaat eers bevredig is. Di gelyktydige invoer van Verantwoordelike Bestuur in di Koloni vermeerder sowel di gewig as di moeilikheid van di toestand; want di Hollanse Afrikaners en hulle vrinde had di meerderheid in di Parlement, en gen Minister kon dit wage, met enige hoop van goeie uitslag, om di Parlement uit te nodig om 'n
| |
| |
twis op hulle te neem wat ider dag moeiliker word om uit te maak. Di President van di Vrystaat eis di uitspraak van 'n onafhankelike buitenlandse Mogendheid. Voor dat nog di voorwaardes van di uitspraak (arbitrasi) in orde kon gebring worde, merk hulle in Grikwaland dat di kosbaarste stuk van di provinsi nog ni ingepalm was ni. Di lyn wat ver Waterboer geëis is, van Rama en Grootriviir tot an Dawidsgraf by di saamloop van Modderriviir en Rietriviir, en daarvandaan na Platberg an Vaalriviir kan altemit nog di rykste gedeelte van di Diamantvelde wees.
Daarom word Rama toen, vollens getuigenis van di Vrystaatste Regering, vyf myle ho'er op gebring langs Grootriviir. Toen weer was Dawid ni begrawe waar Modderriviir en Rietriviir in makaar loop ni, maar oek hoger op. Platberg word van di oue plek digteby Vaalriviir verder op geja na di vérste end van di berge waarvan hy 'n stuk is. Op di maniir kom by di eerste eis tot arbitrasi - of di Engelse Regering met di Konvensi voor hom reg had om Waterboer syn land o'er te neem - nog 'n twede, om di grense, te bepaal tussen di Engelse gebiid en di Vrystaat. Ander kleine twiste kom nou al dag voor, want di Boere langs di lyn weet ni an watter regering hulle behoor ni. In di Vrystaat word di wette op invoer van gewere om te verkoop an di inlanders streng gehandhaaf. En in Grikwaland weer, daar word, om volk na di Myne toe te lok, an di inlanders volle vryheid gegé om gewere te koop En di inboorlinge wil so graag gewere hê, dat hulle daarnatoe kom met gen ander plan ni, en honderd duisende van gewere is op di maniir in di dri jare tyd in di binneland ingekom. Di Vrystaat was kwaad o'er di minagting van wat tot nog toe as 'n onmisbare voorsorg beskou is. Troppe troppe Kaffers wat teruggaan met hulle roers na hulle land toe deur di Vrystaat, neem di Vrystaatse Regering di gewere af. En di gemakkelikste pad van di Koloni na di Diamantvelde loop op party plekke langes di betwiste grenslyn. Karvragte met vuurwapens word daar in beslag geneem deur di Landdroste van di Vrystaat. Dit word terug geëis, en dan nog skadevergoeding, en daartoe word viir da'e tyd gegé, met di bedreiging van oorlog as di Vrystaat ni daaran voldoen ni. Sir Henry Barkly skryf an di President dat, so lank as daar nog gen uitspraak gedaan was ni, 'n poging van di Vrystaat om syn reg uit te oefen binne di lyne wat deur di Engelse landmeter vasgestel was, sal beskou worde as 'n vyandelike daad, en dat dan 'n oorlog onvermydelik sou wees.
Intussse kom van arbitrasi niks. Di kwessiis wat moet uitgemaak worde is dood eenvoudig; maar omtrent 'n akte van onderwerping kon hulle ni eens worde ni; want di Gouwerneur maak so, soos hulle amper tot 'n skikking kom, an maak hy weer 'n verandering, of hy voeg weer 'n voorwaarde daar by, waarin di President ni kan toestem ni. Di Gouwerneur wou natuurlik England bevoordeel, mar di gevolg was dat hy 'n toestand van sake rek wat ider ogenblik op 'n oorlog kon uitgeloop wees.
By di twis met di Vrystaat kom nou 'n ander, wat uit diselfde oorsaak ontstaan, met di Transvaal. Toen Waterboer syn land ingesluk was, wou di Grikwalandse Regering syn grense nog verder uitbrei na di Noorde en Oostekant waar di Batlapins en Baralongs woon. Meer as een van di kapteins kom toen voor 'n dag en vertel dat hy di regte opperhoofd is van di stamme. Di een plaas kom onder di beskerming van di President van di Transvaal, en di ander doen by di Gouwerneur van Grikwaland ansoek om as Engelse onderdaan opgeneem te worde. Daardeur kom toen 'n splinter nuwe grens-kwessi. 'n Arbitrasi word voorgesteld, en altwé partye stem daarin toe. Mar di uitwysing daarvan ten gunste van di Engelse Regering word verworpe deur di President en di Volksraad van di Republiik, onder andere redes omdat een van di arbiters, in stryd met syn eed, 'n belanghebbende persoon blyk te wees. 'n Sekere Smith, 'n man van 'n bekende slegte karakter, wat hom self 'n Engelse onderdaan noem, word gevange geset in di Republiik. Di Gouwerneur eis vergoeding en stuur 'n ultimatum ('n laaste verklaring dat as binne 'n seker
| |
| |
tyd ni an di eis voldaan word, dan sal dit met wapens geëis worde); en di betrekking tussen di Engelse Regering en di twé State was dus in so'n toestand dar dit ider ogenblik tot 'n oorlog kon kom; en di Engelse gesag daar met geweld ingevoer worde.
Di weigering van di President van di Transvaal om hom te onderwerp an di ultimatum van di Gouwerneur was juis gepubliseer toen ek Suid-Afrika besoek het in di end van 1877.’......
Nou gaan Froude verder om te vertel van di Konferensi en Konfederasi; mar hoe belangrik syn verslag oek verder is, en hoe graag ons dit in ons geskidenis sou wil bewaar, miskiin oek syn redevoerings wat hy in di Kaap en op di Diamantvelde en op Bloemfontein en an Port Elisabeth, ens. gehou het; mar dis jammer ons het gen ruimte genoeg ni.
|
|