IX. Vordering van skadevergoeding en verlise by di Kaffer-oorloge van 1835-'47.
Laat ons o'er di skadeloosstelling van di Boere 'n bladsy uit 'n Engelse Geskiedenis vertel (Wilmot's History of the Cape Colony, appendix:)
‘Di vorderinge, waarvoor onophoudelik skadevergoeding gevra is in ontelbare versoeksrifte, mar nooit gegé is ni, was 'n saak van ernstig ondersoek, en di Wetgewende Vergadering het 'n Komité angestel om di saak te ondersoek. Di Rapport wat hulle opgemaak het toon duidelik an:
‘Dat by elke gele'entheid vrede gemaak is met di Kaffers sonder hulle te verplig om iits te betaal wat lyk na 'n volle skadevergoeding, soos hulle as o'ertreders in staat was om te betaal ver hulle ongesogte invalle in di Koloni; en dat di lyders (di Grens-Boere) nooit enige skadevergoeding gekry het ni, ofskoon di regering hulle dit dikwils beloof het.
‘Dat ver di oorlog van 1835, na 'n gedeeltelike vergoeding an omtrent 800 persone uit di vé wat hulle van di Kaffers afgeneem het, daar nog 'n 3,000 Boere o'erbly wat niks gekry het ni, en hulle skade is £291,392.
‘Dat in 1846 di Grens-Boere, deur 'n ander inval van di barbare, 'n verliis gely het an vé en ander goed (buiten al di onskatbare lewens) van 'n verdere som van £525,592 waarvoor Gouwerneur Sir H. Smith, in syn ‘Minute’ (Aanteekening) van 27 Juni 1848 (in voldoening van 'n order van Graaf Grey aan Sir P. Maitland, waarin hy toestem dat ‘koloniste ongetwyfeld reg het om sodanige skadevergoeding te verwag ver di verlise wat hulle gely het as di Kaffers in staat is om te gé) afgestaan het di verowerde grond van Victoria en Albert tot skadevergoeding ver di Boere.
‘Di vorderinge ver 1847 het di Comité, na 'n noukeurige ondersoek, ni minder bevonde as £406,000, en di Comité het toen anbeveel om te ondersoek hoe veul van di grond nog ni deur di regering ver ander eindes gebruik is ni, om wat nog o'er is sonder uitstel te verdeel onder di Boere wat skade gely het......
‘Toen daar gen gevolg gegé word an di anbeveling van di Komité, en net so min an 'n dergelike van di Wetgewende Raad, wat net so 'n gunstige Rapport uitgebreng het, toen word di saak voor di Wetgewende Vergadering gebreng in 1860 in 'n voorstel om Syn Eksellensi di Gouwerneur te versoek om stappe te neem om volle skadevergoeding te gé, mar di voorstel is verwerp by stemming. 'n Ander poging is later weer gemaak, mar met diselfde gevolg.