Twede hoofstuk.
Di anhegting van Transvaal.
Redes van di Anhegting. - Eerste Deputasi na Engeland. - Twéde Deputasi na Engeland. - Mislukking.
In 1877 annekseer Seur Theop. Shepstone di Transvaal as Britse Koloni Syn redes daarvoor gé hy op in syn proklamasi: 1) Dat di Boere hulle staat ni selwers kan bestiir ni; 2) Dat hulle di Sand-riviir-Konvensi verbreek het; 3) Dat hulle deur Sekukuni sou o'erwen geworde wees as di Engelse Regering ni tussen-beie gekom het.
Watter fraaie redes! No. 1 is so ongegrond, dat dit gen rede is ni. No. 2 is net so pap as di eerste. Ni een keer, mar seker tiin het di Engelse di Sandriviir Konvensi verbreek, soos ons al angetoon het. Hoe dit deur di Boere o'ertré is weet ons ni. No. 3 is di slegste rede van almal. Nadat di Boere al ver Sekukuni o'erwen het, kom mnr. Shepstone, en sê dat hulle Sekukuni ni kan verdrywe ni. Di anhegting van Transvaal deur hom is ongeëwenaard, selfs in di geskidenis van Engelse bedrigery.
Di Transvaal was toen 'n Engelse Koloni. Burgers, wat in di tyd President was, verlaat di land en di Engelse vlag word in Transvaal opgetrek. Di Boere was meteen kwaad en wou di anhegting vernitig hê. Hulle kiis 'n deputasi om ver Lord Carnarvon, wat toen Sekretaris van Koloniis was, te ontmoet in England. Een van hulle was di teenwoordige President van Transvaal, Paul Kruger. Mar voordat di deputasi ver Graaf Carnarvon kon te spreek kry, had hy 'n onderhoud met Sir Theop. Shepstone, wat hom alle soorte onwaarhede wysmaak. So was di deputasi heeltemal 'n mislukking, en Engeland hou di Transvaal.
In 1878 word besluit 'n twéde deputasi na England te stuur, o'er diselfde affêre. Di lede van di deputasi was mnre. Paul Kruger, Piet Joubert, en W. Bok. Di deputasi het getrag om hulle werk so goed as hulle kan te doen, mar was net so 'n mislukking soos di vorige.
Dat di eerste Deputasi, wat bestaan het uit Dr. Jorisse en Mnr. Paul (later President) Kruger, geld angeneem het van di Engelse Minister, en somar terug kom, sonder eers na andere mo'endhede te gaan, vollens hulle opdrag; - dat President Burgers onder Engelse pensioen afgetre het, en met di pensioen en al 'n akelige einde gehad het; - is donkere bladsije, wat ons liwers versegel, daar dit net so min ver ons as ver di Engelse tot eer versterk.