Derde hoofstuk.
Di Transvaalse vryheidsoorlog.
Di Boere was ni lank onderdanig ni; hulle gé kennis an hulle landroste dat hulle di belastings sal betaal, onder voorwaarde: ‘dat dit in di kwitansiis sal vermeld worde, dat di gelde onder protes betaal word.’ Dit word deur di Landdros van Potchefstroom geweier. Kort daarna word 'n mnr. P. Bezuidenhout gedagvaar ver di betaling van £27 agterstallige belasting. Bezuidenhout was gewillig di geld onder protes te betaal, en ni anders ni.
Di Landdros neem toen syn wa in besit, om verkoop te worde deur di Balju in naam van di kroon. Di Boere besluit om dit ni toe te laat ni, en hulle verwyder di Balju van di wa af toen hy dit wou verkoop. Di daad word toen as openlike rebelli beskou, en 400 soldate word afgestuur om ver Cronje, di voorman van di boere daar, Bezuidenhout, en andere te gaan vang. Di héle land was in opstand. Hulle (di Boere) besluit om op 8 Desember 'n Byeenkoms by Paardekraal te hou om di gebeurde te o'erwege.
Sir Owen Lanyon, wat di Engelse Gouwerneur in Transvaal was, was in honderde moeilikhede. By Paardekraal het di Boere 'n menigte stene by makaar gestawel, tot 'n gedenkteken van hulle Byeenkoms daar, waar besluit word om makaar getrou bytestaan in di stryd ver onafhankelikheid.
Op di 16de Desember, di dag waarop di Boere Dingaan in Natal verslaan het, word di Transvaalse vlag weer opgehys, wat 3½ jare ni gewaai het ni. Di dag word nou nog geviir as onafhankelikheidsdag.
Di stryd het by Potchefstroom begin, waar di Volksraad di Proklamasi van onafhanklikheid laat druk het, en meteen het P. Cronje met 400 man na di plek gegaan, om di mense te beskerm, wat di Proklamasi moes druk. Kolonel Winsloe kom oek toen met 'n Engelse mag na Potchefstroom, om di opstand van di boere te onderdruk. Clarke, die Engelse resident in Potchefstroom, gé an Cronje kennis dat hy hulle swaar sal straf as hulle di Proklamasi laat druk, mar Cronje steur hom ni daar an ni, en toen begin di geskiit van di kamp van Winsloe. Nadat baing dage geveg is, moes di Engelse ver hulle o'ergé an di Boere. Dit was hulle eerste o'erwinning.
Kolonel Anstruther word van Lydenburg gestuur om di Engelse mag op Pretoria te versterk. Di mag van di Boere was ni so groot ni. Kommandant Frans Joubert ontmoet toen di Engelse Kolonel by Bronhorstspruit, waar di Engelse verloor. An di kant van di Boere word net twé man gedood, terwyl van di Engelse 65 man geval het.
Generaal Colley word nou van Natal gestuur met 1400 man. Di le'er van di Boere het mar bestaan uit omtrent 1500 man. Toen hy Langnek wou o'ergaan ontmoet hy ver Piet Joubert, Kommadant Generaal van di Boere. 'n Geveg was di gevolg, en di o'erwinning was an di kant van di Boere. 14 Boere het gesneuwel, terwyl 76 van di Engelse geval is. Di Boere hoor nou dat 'n groot le'er in antog is van Natal om ver Colley te kom help. Hulle stuur daarom ver Veg-Generaal Nikolaas Smit om di nuwe le'er te gaan keer. Met omtrent 200 man trek hy o'er di Drakensberge, mar Colley het dit agter gekom. Hy kry Smit by Ingogo-rivier, waar 'n