is dikwils di oue partyskap uitgebreek, een keer was dit so erg dat daar 'n soort van burgeroorlog van gekom het.
Mar kon di Boere dan mar so gemakkelik di land bewoon en dorpe bou, ens.? Het hulle dan ni daar met Kaffers te doen gehad ni? - O ja! Di wat nou so lekker woon op plase en dorpe wat di oue Voortrekkers angeleg het, weet weinig met hoe veul moeite, en stryd, en sweet, en trane, en bloed di Voortrekkers di land betaal het!
Di tyd toen di Voortrekkers in di land kom, was di grootste deel van di land in besit van Salkats. Di man wat eindlik di eerste di Transvaal ingetrek het was Trigard met syn geselskap. Di skrywer van ons Geskidenis het met syn eie oge an Renosterpoort, distrik Pretoria, 'n boom gesiin, waarop di datum uitgesny is toen Trigard met syn geselskap daar gekom het. Di mense daar vertel dat Trigard self dit uitgesny het. Met moeite kan 'n mens dit nog uitmaak wat di datum is, - want di bas van di boom het dit al amper toegegroei. In myn sakboeki het ek di datum opgeteken (ja, waar is di hand nou want dit uitgesny het!). Dit is: 17 Maart, 1837.
Nou di tyd was Salkats baas van di land. Hy was 'n bloedhond. 'n Menigte van di Betjuana-stamme wat daar in di land gewoon het, het hy glad uitgeroei. In party streke van di Transvaal (myn eie oge het dit gesiin) kan 'n mens dage vêr ry, dat jy nog di klipmuurtjiis kan siin van di een Kafferkraal langes di ander, algar wat Salkats leeg gemoor het. Grote streke land het hy glad woes gemaak, en di enkele krale wat hy nog laat o'erbly het, was syn slawe, wat hy op di vreselikste maniir martel. Salkats het krale gehad tot an Vaalriviir. Maar hy het, met di meeste van syn volk, diper land-in, Noord-op, gewoon.
Toen di eerste klompi Boere o'er Vaalriviir trek om 'n woonplek te soek, het Salkats spioene uitgestuur om di kans af te loer, en een nag het hulle di Boere onverwags angeval met 'n grote mag, 'n menigte van hulle vé weggerowe en 'n party Boere vermoor. Daarmé is 'n party oorloge teen Salkats begin, wat angehou het totdat Salkats verdrywe was. Salkats was ver di Boere in Transvaal wat Dingaan in Natal was. Hij was di man wat di Boere gedurig angeval het, en di Boere moes ver hulle selwers verdedig. Dis dus laster, dat di Boere aspres di Kaffers daar sou uitgeroei hê. Salkats het hulle uitgeroei, en hy wou di Boere oek algar net so vermoor hê; mar hulle het hom anders geleer!
Na di slag van Boomplaas, toen di Vrystaat onder di Engelse Regering kom, het di meeste Boere na di Transvaal getrek. En toen di Engelse een kant ver Pretorius vo'elvry verklaar, maak di Boere anderkant ver hom Kommadant-Generaal, en hy het Salkats net gou verdrywe tot o'er di Limpopo.
Toen stig di Boere daar weer 'n Republiik ver hulle selwers. Di Engelse siin toen dat dit verniit is om di Boere verder te agtervolg, want hulle wil vry wees, en hulle trek mar altyd diper land-in, en hulle het di grote Afrika nog voor hulle, en di Boere gaan liwers veg met leeus en Kaffers as om onder di Engelse te staan. En di Engelse self had toen al meer land as hulle wou hê,
So is daar 'n verdrag gesluit tussen di Engelse Regering en di Transvaalse Boere. Op 3 November, 1851, het di Engelse Gouwerneur di Proklamasi waarin hy ver Pretorius vo'elvry verklaar, weer herroep, en in 1852 is di Sandriviir Traktaat gesluit, wat ons nou hiir gé: