begin toen te soek, en kort daarna kry hulle nog 'n diamant. 'n Derde word opgetel langes Vaalriviir, toen begin hulle weer daar te soek. In 1868 is verskeie diamante opgetel, mar dat 'n grote getal mense na di Diamantvelde getrek het, was eers teen di einde van 1869.
In Maart 1869 het hulle di Ster van Suid Afrika uit di hande van 'n to'erdokter gekry. Dit was 'n diamant van 83 karaat, wat Skalk van Niekerk in besit kry en weer verkoop het ver £11,500.
Di Grikwa-kaptein Waterboer begin nou te vertel dat dit syn grond is.
'n Dokument word nou geskrywe om di saak te onderwerp an di uitspraak van Gouwerneur Wodehouse; mar hy maak daar so min van, dat hy vertrek na Bombaai, in Indi'e, en di saak net so laat. Of sit hiir altemit wat agter?
Di Vrystaatse regering perbeer verder op allerhande manire om di saak tot 'n vrindskappelike skikking te breng. Mar dis net verniit. Wi sou tog hiiran meer skuld gehad hê as Southey en David Arnot?
Di Vrystaatse regering hou nou 'n vergadering met Waterboer en syn Raad by ‘Nooitgedagt,’ an di Vaalriviir op 18 Augus, 1870. Klaas Waterboer - (deur wi sou hy tog opgesteek wees? David Arnot seker ni!?) - gaat so weg sonder ba of boe te sê, en gebruik di Vrystaters ver kwâjongens.
Toen proklameer di Vrystaat Campbell-grond, an di Noordekant van Vaalriviir, as gekogte eiendom van Adam Kok, erfgenaam van Kornelis Kok, in 1861.
Mar nou kom daar 'n menigte mense van di Koloni, en Natal, en van andere lande, na di Diamandvelde, en hulle versprei hulle tot ‘Du Toit's Pan,’ ‘Bultfontein,’ en ‘Vooruit zigt,’ in di distrik van Pniel. Di Diamantvelde begin nou tot grote voordeel van di Vrystaat te worde. Met di laaste Basuto-oorlog het di Vrystaatse Regering 'n party papiirgeld moes uitgé om di onkoste goed te maak, en met di skaarsheid van geld was di papiirtjiis al amper niks wêrd ni. Mar nou met di Diamante stroom di geld van alle kante in. Goud en silwer was nou volop.
Di Vrystaatse Regering maak nou ver Oelof Truter daar landros. Nou, hy was lank tyd goudgrawer in Australi'e, sodat hy goed weet om di Diamantgrawers in orde te hou. Alles was nou voorspoedig; di regering goed; di delwers tevrede; di Vrystaat gelukkig.
Mar kyk nou weer so wat! Ja, di arme Boere! hulle het oek al wat moet ly! en hulle is oek al wat teleurgestel! Klaas Waterboer, kaptein van 'n klompi Grikwas, wat onder langes Vaalriviir gebly het, toen Adam Kok met syn volk vertrek het na Nimandsland, opgehits deur syn agent David Arnot, 'n basterhotnot (deur wi sou hy weer opgesteek wees?), stuur 'n memori an di Engelse Regering, en daarin vertel hy: dat di Vrystaat 'n grote stuk van syn grond in besit geneem het, en hy vraag dat di Engelse moet tussenbeie kom en ver hom en syn volk as Britse onderdane anneem.
Nou di Engelse Regering kon dit ni doen ni, sonder Artikel II van di Konvensi van 1854 te verbreek ni. Mar hulle het di Artikel al verbreek met di Basutos, en di twéde keer is altyd gemakkeliker as di eerste.
Generaal Hay was toen net waarnemende Gouwerneur an di Kaap, en hy wag oek ni, mar stel somar Kommissarisse an o'er di Diamandgrawers.
By di ankoms van Gouwerneur Barkly in 1871 - (sou hy syn les eers in England geleer hê, wat hy moes doen as hy hiir kom?) - verskyn daar