predikant wat toen daar was, neem di Volksraad nog waarlik di onversigtige besluit, en stuur ver predikant Andrew Murray en ver Dr. Fraser na Engeland toe om te vra om onder di Engelse Regering te bly. Mar tot hulle geluk word di versoek afgeslaan. Geluk hiirmé, Vrystaat!
Deur di afgevaardigde Vrystaters, wat di Konvensi ontvang en ondertéken het, is toen 'n eie regering opgerig. Hulle het ver Josias Philip Hoffman gekiis ver President, en 'n Grondwet opgestel ver di Republiik.
'n Héle tyd nadat di Boere hulle eie regering gekry het, was hulle mar byna altyd besig om hulle grenskwessiis met hulle swarte nabure reg te maak. Di vernaamste grenslyn wat toen vasgestel is, was di Vetberg-lyn met Adam Kok, Kornelis Kok, en Waterboer, in 1855. Eers onder President Boshof, wat in Augus, 1855, President geworde is, kon hulle di inwendige sake 'n bitji in orde breng, en nodige wette maak. Di wette is daar tot van dag toe nog. Daaronder is: di oprigting van geregshowe, belastings, verkoop van kruit, di drankwet, ens. Mar di begin van orde was gou-gou weer gesteurd deur grensdispute met di Basutos. In Maart, 1858, kom dit tot 'n oorlog. Di oorlog het geduur tot 29 September, 1858, toen word di vrede gesluit in Aliwal Noord.
Di vollende jaar bedank President Boshof ver syn betrekking. Daar was mense wat teen hom was, mar di grootste gros was daarom jammer om di man te verliis, wat so veul gedoen het om di sake in orde te breng, en wat di Vrystaat uit syn eerste moeilikhede met Witzie, di Transvaal, Skeel Koos, en di Basutos, gehelp het.
President Pretorius, 'n seun van oue Kommadant-Generaal Andries Pretorius, is toen gekiis in di plek van Boshof. Dit was in 1860. Di twé vernaamste sake wat in syn tijd gebeur is, was di anhegting van di distrik Betuli an di Vrystaat deur 'n o'ereenkoms met di Kaptein Tefin. Di ander was di ankoop van di grond van di Grikwa-Kaptein Adam Kok. Hij is toen na Nimansland getrek, en di Boere het al syn land gekoop wat hy van Cornelis Kok ge'erf het. Daardeur word di Vetberg-lyn nou di skeiding van di Vrystaat, en daardeur het di Vrystaat dus reg op di Campbell-grond, wat an di Noordekant van di Vaalriviir lê, waaro'er later geskil was. Di Vrystaat het dit wettig gekoop! Eers het di Boere plaas na plaas van di Grikwas gekoop, en toen Adam Kok na Nimansland trek in 1862, had hy nog mar 'n klein stukki, en di koop di Vrystaatse Regering toen van hom, met al syn regte as kaptein, ver £4,000. Di enigste kaptein wat di Engelse nog 'n kontrak mé kon angaan o'er Grootriviir (Konvensi, Art. II) was nou weg, en vollens di Konvensi hou hulle verder gen reg om met enige swart volk daar 'n verbond te maak ni.
Toen President Pretorius in 1863 bedank, word Jan Brand, één van di vernaamste advokate an di Kaap, gekiis in syn plaas, en hy vat di bestuur an in Fewerwari, 1864.
Di vrede met di Basutos, wat in 1858 gesluit was in Aliwal Noord, het ni lank geduur ni. Want di Basutos hou mar an om di Boere wat op di grense woon te besteel. Gedurig was daar mar twis o'er di skeidingslyn. President Brand, soos 'n verstandige man, wou di geskil uit di wêreld uit maak, en hy draag, met toestemming van Moshesh, di saak op an Sir Philip Wodehouse Gouwerneur van di Kaap, om di grenslyn te bepaal. Hy doet toen uitspraak tot voordeel van di Vrystaat. Dit was in Oktober, 1864.