hulle kort te vore gesweer het, en trek oek saam. Sir Harry syn mag was non 1,900 man sterk, buiten di Boere, wat hulle laat omkoop het om same op te trek teen hulle landgenote.
Mar hulle sou ni so gemakkelik o'er di riviir gekom hê ni; want di water was vol en di Boere het al di drifte beset. Sir Harry syn plan was om di riviir 'n bitji onderkant Bethuli o'er te trek, omtrent waar Norval syn pont nou lê. Toen Pretorius dit hoor, stuur hy 150 man, onder syn Sekretaris, daarnatoe. Di Engelse het al hulle ponte al in di water gehad, en sou net di ander dag begin o'er te trek, toen di Boere meteens an di o'erkant van di riviir uitkom. Mar di Boere het orders gehad om hulle ni algar gelijk te laat siin ni, sodat Sir Harry ni kon weet hoe strek hulle was ni.
Toen Sir Harry di Boere an di o'erkant siin en begin te merk, dat hulle hom sou belet om o'er te kom, toen laat hy 'n waghuis langs di water grawe, en 'n tent daaro'er span met skiit-klappe. Toen Rousseau, di Boere hulle kommadant, dit siin, toen laat hy di vollende nag an syn kant van di riviir, langs di water 'n sloot grawe, met 'n wal tot an 'n man syn bors, sodat hulle di riviir kon raak skiit. En hy laat 'n grippi oek maak om vars water uit di riviir in di sloot te lei wat hy laat maak het.
Toen Sir Harry di ander dag morre op staat en dit siin gaat hy vreselik te keer, en sê; ‘Di Boere is wolwe!’
Di Boere kom nou, in kleine klompiis, tot teun di water an, gen 100 tré van di Engelse kamp af ni, en hulle tart ou Sir Harry op allerhande manire uit om op hulle te skiit. Hij laat toen syn manskap staan by di kanonne met brandende lonte, net mar om an te steek, en syn soldate in gelid, kant en klaar om te skiit. Hy vloek vreselik op di Boere; mar skiit was min. Hy waag dit ni om een skoot te laat skiit ni.
So het dit verskeie dage geduur. Naderhand siin hy dit sal ni gaan om daar op di plek o'er te kom ni, en toen laat hy syn ponte en vlotte in di riviir afdrywe, en trek met syn manskap oek af tot by Bothasdrif. Di Boere trek toen oek af en gaan hulle weer voorlê. So lê hulle toen weer enige dage o'er makaar an weerskante van di riviir.
Toen di Boere siin dat di Engelse ni kon o'ertrek so lank as hulle an di ander kant van di riviir ver hulle voorlê ni, toen maak hulle 'n plan om di Engelse o'er te lok; want hulle het al baing lus gehad om di Engelse te skiit. Pretorius stuur toen 'n boodskap dat hulle dadelik na di la'er toe moet terug kom. En om di Engelse te laat denk dat hulle gevlug het, slag hulle toen eers 'n bees, en steek di vlys in di spitte langs di vuur, en laat dit kamma so staan, nes hulle somar hals o'er kop gevlug het. A, toen word di outjiis sterk, toen trek hulle o'er, en sê: ‘Kyk hoe bang is di Boere! Hulle het somar gevlug sonder eers hulle vlys op te eet!’
Di Boere trek toen in 'n la'er digteby Betuli. Di Engelse kry nog 200 Grikwas by, onder Adam Kok. Hulle trek toen op in di rigting van Bloemfontein, en perbeer om gerugte van di Boere op te vang. Mar hulle kon ni uitvinde hoeveul man di Boere sterk - waar hulle mag, of wat hulle planne was ni.
Di Boere trek toen na Boomplaas, om di Engelse daar op te wag. Hulle was omtrent 400 man sterk. En hulle het net 'n gawe plek gekiis oek. Op di 29ste Augus val di Engelse hulle an. Di eerste anval was op di linker