spreid was op hulle plase. Een van di spioene het hulle gevang, en hy het beken dat hy mar net gestuur is om ver Dingaan te kom vertel hoe dit met di Boere gesteld is. Hulle kon toen duidelik siin dat di Kaffers mar net op 'n kans wag om ver hulle weer an te val. En deur di onsekerheid was hulle ni in staat om di land te bebou en beplant ni.
Mar ons liwe Here neem di saak van di arme Boere toen in syn hande, en gé 'n uitkoms wat hulle nooit verwag het ni. In di tyd was daar nog mar twé broers van Chaka en Dingaan in lewe, di een syn naam was Panda en di ander syn Clu Clu. (In 1843 het Panda ver Clu-Clu vermoor). Dingaan was so wreed en oorlogsugtig, dat hij mar gedurig in oolog was, ni alleen met di Boere ni, mar oek met di ander Kafferstamme. 'n Grote party van syn volk begin oek al di oorlog moeg te worde, en maak toen plan om ver Panda koning te maak. Van di tyd af won Dingaan ver Panda vermoor. Mar Panda het lont geruik, en trek met 'n grote klomp Soelas o'er di Tugela, en hy stuur 'n boodskap an di Boere om te vra om ver hom te b[e]skerm. In di begin was di Boere 'n bitji wantrouwig, mar naderhand kom hulle daar agter hoe di sake staan, en toen neem hulle hom onder beskerming as bondgenoot.
In Jannewari 1840 trek di Boere op teen Dingaan met 400 man te pêrd, en 4,000 van Panda syn volk met hulle same. Dis opmerkelik dat juis di le'er van Panda di eerste met Dingaan in geveg gekom is, sonder dat di Boere daarby was. Onder di geveg loop toen twé van di vernaamste afdelings van Dingaan syn leger na Panda o'er. Dit was di oorsaak dat Dingaan heeltemal verloor het en moes vlug.
Panda laat dit dadelik an di Boere weet en hulle jaag Dingaan toen agterna. Hy vlug toen tot an di bronne van Pongola, en daar verlaat al syn volk hom, op omtrent 100 na. Daarmé vlug hy toen verder na 'n ander kleinestam digteby Delagoabaai, en soos party mense sê, is hy daar vermoor.
Toen di oorlog nou verby was het Pretorius ver Panda tot enige en erkende koning van di Soela-nasi uitgeroep. Ver syn moeite en syn hulp het Panda hom 36,000 beeste gegé, wat di Boere toen onder makaar verdeel het. Dis alles omstandig beskrywe in di ‘dagverhaal’ van di ‘Krygs-Sekretaris’ Zietsma, en angehaal in ‘Stuart, Hollandsche Afrikanen,’ bl. 137. Daar lees ons dat op 10 Fewerwari 1840 Pretorius ver Panda en al syn kapteins in di la'er by hom laat kom en toen gesê het: - ‘Volgens al hetgeen ik van de Heidensche volkeren kan vernemen, blykt het my zeer duidelyk, dat gy tot het koningryk der Zoola's geregtigd zyt. Dingaan is by andere volken gevlugt, en, zoo hy immer in onze handen mogt komen, zullen wy hem, voor zijne snoode misdaden aan ons gepleegd, met den dood straffen. Ik heb nu verder goedgedacht, u, in naam van den Volksraad onzer Zuid-Afrikaansche Maatschappy, als koning of als opperhoofd der Zoelas aan te stellen, zoo wel over het volk thans onder uw gebied, als over alle vlugtende of overblyvende Soelas die van Dingaan onder uwe protectie vlugten zullen en mede die wy in staat zullen zyn, onder uwe regering te stellen. Ik ben ook gelast, u als onzen grooten bondgenoot aan te nemen, en uwe vyanden als onze vyanden te behandelen. Gy zult niemand, zonder onze voorkennis, in oorlog mogen aanvallen, en wy zullen u, by alle gelegenheden, uwe vyanden helpen nedervellen......