In di tussen tyd het hulle baing uitgestaan deur gebrek en hongersnood; want di Kaffers het al hulle vé weggeneem, en hulle was nog ni in staat om di aarde te bewerk ni. Hulle moes mar altoos in la'ers staan, en klaar wees ver di Kaffers. Mar gelukkig het andere trekmense wat nog agter was ver hulle medisyne en lewensmiddele gestuur; so dat hulle in staat was om di winter van 1838 te kan deurkom. En hiir moet ons weer 'n mooie staaltji gé van di beskaafde gristelike Engelse Regeering van di dage. Toen di famili betrekkings van di trekboere in di oue Koloni van hulle ellende hoor, het hulle dadelik lyst opgemaak en 'n skip gehuur om ver hulle arme familie wat daar onder di Barbareso van alles berouw was, kos en klere en medisyne te stuur. Mar di Gouwerneur vaardig. Proklamasi uit waarin hy dit belet en hulle dreig dat hy di goed sal konfisken van elken wat iets an di mense stuur!!!
Dingaan het mar al di tyd op di loer gelê en was goed bekend met hulle slegte toestand. In Augustus, 1838, maak hy weer 'n anval op hulle. Mar di slag het di Boere oek spioene gehad, en was hulle klaar om hom goed te ontvang. By al di la'ers het hulle di Soelas met groot verliis terug gedrywe.
Mar al het di Boere Dingaan nou oek al terug geslaan, en al het daar oek 'n paar kleine klompiis Boere bygekom; hulle was daarom tog nog mar baing swak om hom te gaan anval in syn kraal. Mar toen Andries Pretorius met syn manskappe oek by hulle kom, toen het hulle in Desember met 460 man te pêrd teen Dingaan opgetrek. Pretorius was kommadant. By hulle kom toen oek nog Karel Landman met al di orige voortrekkers.
Di twé kommandos trek toen same regte versigtig op tot di Umslatoosriviir. Met dag-breek, op Sondag, 6 Desember, 1838, val Dingaan hulle woedend an met al syn volk. Dri uur lank het hulle geveg, en ruim 3,000 Soelas is doodgeskiit. Mar toen spat hulle oek uit makaar en set op di vlug.
Dingaan het so geskrik dat hy self syn stad Umkongloof an di brand steek en met di o'erskiit van syn volk di vlug neem in di bosse by di Umvaloosriviir. Net mar 3 of 4 van di Boere is geval, en net so veul is gekwes; oek Pretorius het met di slag 'n asgaaisteek in syn hand gekry.
Di Boere trek toen dadelik op na Umkongloof, wat toen an di brand was, en daar siin hulle toen op di heuwel di geraamtes van Retief en syn manskappe, wat voor 10 maande deur Dingaan vermoor is, op 'n hoop gestawel. Di stroppe waarmé di Kaffers di lyke daarnatoe gesleep het, was nog an di geraamtes. Di geraamte van Retief kon hulle nog herken an syn bandeliir, wat hy om gehad het, en waarin hulle di Traktaat, wat hy met Dingaan gesluit het, gekry het. Daarin was nog duidelik leesbaar di verklaring van Dingaan, met syn handmerk onderteken: ‘Aan Retief en zijne landgenoten af te staan de plaats genaamd Port Natal met al het land daaraan verbonden; te weten: van de Tugela tot aan de Umzimvooborivier, en van de zee, noordwaarts, zoo verre als het land bruikbaar en in mijne bezitting is.’
In 1843 het di Volksraad di dokument gegé in di hande van H. Cloete, diselfde wat di Voorlesings geskrywe het en wat naderhand Juts geworde is. Dit is, of moet nog wees, onder di papire van di Regering van Natal.