Om alle twis en twedrag voor te kom het Pieter Retief goed gedag om self na Dingaan, di wrede koning van di Soelas, toe te gaan, en 'n stuk grond van hom te kry. Toen hy in hulle hoofstad, Umkungloof ankom, ontmoet hy daar di sendeling F. Owen; en dit het gelyk of hy syn bes gedoen het om Retief syn saak te bevorder by Dingaan. Dingaan het dan oek an Retief afstand gedoen van al di grond van Natal, onder di voorwaarde, dat Retief 'n party vé van hom sal gaan terug haal, wat Sikonyela ver 'n tyd gelede van hom gesteel het.
Di voorwaarde het Retief angeneem. Hy het toen dadelik 'n party Boere by makaar geroep, en hulle besluit om 'n boodskap te stuur om di vè vrywillig terug te gé. Sikonyela was dadelik gewillig en stuur toen 700 beeste, 60 pêrde, en nog 'n party gewere wat hy en syn volk op verskillende male van klein klompiis Boere afgeneem het.
Onderwijl dat dit gebeur, op di einde van 1837, was daar al omtrent 1,000 wa'ens o'er Drakensberg in Natal angekom. Byna di héle land was toen onbewoond, en daarom versprei di Boere ver hulle toen langs di héle Klipriviir waar vroe'er di Boesmans gewoon het, en waar di o'erblyfsels van duisende stene krale duidelik anwys, dat daar eenmaal baing mense in di streek moet gewoon hê.
Toen Retief met di vé terug kom van Sikonyela, was Gert Maritz syn raad, dat hy met di vé na Dingaan sou gaan, en mar 3 of 4 man sou meneem. Hy sê so'n bitji mense sou ver hulle di beste veiligheid wees. Mar Retief het meer sin gehad, soos dit lijk, om 'n soort van mag te toon, en daarom het hy daarop gestaan dat 40 of 50 van di beste ruiters met hom sou megaan. Hulle vraag toen vrijwilligers en dit lok toen 'n veul groter getal mense daartoe uit.
In di laaste week van Jannewari, 1838, trek Retief met 70 van di uitgesoekte ruiters en 30 Hottentots, agterryers, o'er di Buffelriviir, en kom op di twede Fewerwari by Dingaan an, en geef toen di vé an hom o'er. Dingaan sê toen dat hy regte bly was om di vé terug te kry, en om ver Retief en syn geselskap te pliisir laat hy syn volk 'nblinde oorlog maak.
Op di viirde Fewerwari het Dingaan toen afstand gedoen van di grond an Retief en het daarvan 'n dokument laat opstel deur di Sendeling Owen, in di Engelse taal; en dit het Dingaan en syn kapteins met hulle merk, en Owen as getuige, onderteken.
Toen Retief klaar gehad het met syn sake, sou hy di ander dag vertrekt mar Dingaan nooi hom toen om nog een slag in syn kraal te kom om afskeid te neem, mar hy en syn geselskap moes hulle wapens laat buitekant bly, omdat dit stry met di gebruike van di Soelas.
Retief was goedertrou genoeg oek om dit te doen. Hulle stawel hulle geweers op 'n hoop en stuur di agterry'ers om di perde te gaan haal en op te saal. Toen Retief met syn manskappe by Dingaan in syn kraal kom, was hy regte vrindelik, en sê hulle moes nog eers met hom saam 'n bitji biir drink Di beker gaan toen rond onder di héle geselskap, en toen party van hulle nog met di biir in di hand sit, roep Dingaan op sijn taal: ‘Bulala Matagati!’ dat is: ‘Vermoor di towenaars!’ en op di o'enblik word hulle deur 3000 of 4000 Soelas met knopkiriis angeval. Di Boere ruk toen dadelik hulle sakmesse uit en steek 'n hele party van di Kaffers dood. Mar hulle kon dit teen di grote o'ermag ni vo hou ni. Omtrent 'n half uur het hulle ver hulle dapper