geplunder is; en dat hulle skape en beeste weggesteel is: toen het hulle vas besluit om di land te verlaat. Di vernaamste familiis in Olifantshoek, Gamtoosriviir, langs di Visriviir, en Somerset, begin toen ver hulle klaar te maak om in geselskappe uit te trek.
In di begin van 1836 het al di Boere wat wou wegtrek hulle plase verkoop ver spotprys an di Engelse van Grahamstad en 'n paar andere dorpe. Di Regering het intussentyd di magistrate en andere personen opgesteek om di Boere bang te praat, en wys te maak dat daar 'n Engelse wet is wat hulle kan belet om weg te trek. Mar toen het Sir Andries Stockenstrom ver hulle gesê, dat hy ni van so 'n wet weet ni; en as daar al so 'n wet mog bestaan, dat dit dan 'n baing onregvêrdige wet is.
Hulle twyfel toen oek ni langer ni, mar kort daarna trek di eerste party van 200 mense, met Hendrik Potgieter an di hoof, o'er di Grootriviir. Hulle kom eers by Taba 'Nchu, waaro'er Moroko kaptein was. Hij ontvang hulle regte vrindelik en sorg oek goed ver hulle vé.
Kort daarna trek daar 'n ander groter geselskap uit Graaff-Reinet, onder Gert Maritz. Naderhand kom nog ander groot geselskappe uit Albani en Uitenhage, onder bestuur van di ou Aartsvaders Jacob Uijs, Karel Landman, Gert Rudolph en andere. Hulle trek toen Noord op, langs di kant van Vaalriviir, totdat hulle in anraking kom met di kwaaie stam van di Matabeles onder Salkats.
Di bloeddorstige opperhoof was dikwils deur di Sulus en Grikwas angeval en was daarom 'n bitji wantrouwig teen di Boere. Mar di Boere wis daar niks van ni en het oek ni kan denk dat di Kaffers hulle sal kwaad doen ni, totdat di Kaffers hulle o'erval en 28 van hulle wreedaardig vermoor.
'n Ander kleine klompi Boere word netso onverwags angeval, en van hulle 25 mans, vrou'ens en kinders, vermoor, en hulle wa'ens en goed weggeneem. Gelukkig is 'n paar vry gekom en gevlug, wat di ander klein klompiis wat nog and kom was kon waarskuw. En hulle het so knap tyd gehad om 'n ‘La'er’ van omtrent 50 wa'ens by makaar te trek, toen hulle angeval word deur 'n menigte Matabeles. Dit was 'n geveg op dood of lewe; mar tog di Boere wen en jaag di Matabeles met grote verliis op di vlug. Ongelukkig verloor di Boere an vé 6,000 beeste en meer as 40,000 skape, omdat hulle di vé ni in di la'er het kan breng ni en dit dus gemakkelik was verdi Kaffers om di vé weg te drywe.
Uit di anvalle kon di Boere duidelik siin dat hulle met 'n sterke vyand te doen het, en dat hulle in di rigting ni vêrder kan trek ni. Mar hoe nou teruggekeer? Deur verliis van hulle vé was dit onmolik. Gelukkig bereik 'n paar boodskappers, wat hulle gestuur het na Thaba 'NChu, di plek, en vertel an Maroko en di sendeling Archbell hoe dit met hulle vrinde gesteld is. Hulle was toen so vrindelik om dadelik 'n party osse na di kamp te stuur, so dat di Boere kon terug kom; en binnen korte tyd was hulle weer veilig in di kraal van Maroko terug.
Toen di ander ‘Voortrekkers’ di tyding kry van di rampe en verlise wat hulle landgenote gely het, besluit hulle om 'n gedugte wraak te neem op di moordenaars van hulle bloedverwante en vrinde, en om di gesteelde vé weêr af te neem. 'n Party van omtrent 200 gewapende Boere, onder di bevel van Gert Maritz, trek o'er di Vaalriviir en val onverwags Mosega an; dis een van di sterkste krale van Salkats. Daar skiit hulle enige honderde Kaffers