Di eerste oorsaak dat hulle o'er di grense getrek het is seker toe te skrywe an di geneigdheid van 'n mens om van woonplaas te verander. Di sug om te trek lê in al di afstammelinge van Jafet, soos ou vader Noach voorspel het: ‘God breide Jafeth uit’ (Gen. ix:27). Mar vernamelik lê dit in di volke van Saksise afkoms, soos ons. Want voor duisend jaar gelede was Europa al te klein om hulle swerfsug te bevredig.
So het dit oek naderhand hiir gegaan. Voor bijna 100 jaar gelede begin kleine troppiis van ‘Basters’ saam met di Grikwas langsamerhand di land o'er Grootriviir te bewoon.
Di Koloniste begin naderhand geregelde omgang met hulle te hou. En omdat di reens in di streek geregelder val, en daardeur beter veld was ver hulle vé, trek oek verskeie Boere, wat in di omtrek van Grootriviir gewoon het, na o'erkant toe, en bly tussen di Grootriviir en Vaalriviir. Daar woon hulle toen in onbewoonde streke, of huur van di Grikwas stukke grond wat hulle eers in besit gehad het. In di droogte trek hulle dan weer terug na di Koloni, en betaal oek an di Engelse Gouwerment geregeld hulle jaarlikse belastings. Hulle rekening was volstrek ni, dat hulle ontsla'e was van di verpligtings wat op hulle rus as Britse onderdane, omdat hulle ver 'n sekere tyd van di jaar o'er di grense woon. Né, hulle bly heeltemaal geheg an di oue Koloni. In di Koloni tog was hulle grote plase. Di plase was in di da'e nooit minder as 3,000 morre in di afgele'e distrikte van 7,500 tot 10,000 morge. Mar soos ons gesê het, dit was hulle meer te doen om geeie veld te soek in droge jare, en oek di swerfsug, en oue berdersgewoonte wat hulle aangesit het om verder te trek.
Maar dit duur ni lank ni of daar kom ander redes wat di Boere ansit om 'n betere land te soek. Een daarvan was di partydigheid van di Engelse regters ver di Hottentots. Daaro'er het ons reeds geskrywe in di vorige deel van di geskidenis.
'n Ander rede is di galg van Slachters Nek; daarvan het ons oek al vertel. Cloete sê daarvan (bl. 30, 31 in Stuart's Holl. Afr.):-
‘Inderdaad, ik weet, uit persoonlijke ontmoetingen met verscheidene afstammelingen van de destijds ter dood gebragten dat die gebeurtenis een veel onuitwischbaarder indruk op hunnen geest heeft achtergelaten, dan hunne verliezen in den Kafferoorlog, of de vernietiging der slavernij.’ Hij wou, as Kommissaris van Hare Majesteit, probeer om di vyandskap teen di Engelse Regering uit di Boere hulle kop te praat! mar hy sê self: ‘Toen ik er in zooverre in geslaagd was, om hun verstand te overtuigen, heb ik meer dan eens, met een diep smartgevoel, hunne verborgenste aandoeningen zich hooren lucht geven in de woorden: ‘Wij kunnen Slagters Nek nooit vergeten!’
‘Zulke uitdrukkingen, uit het hart gevloeid, konden niet anders dan geëerbiedigd worden en sympathie opwekken; en wij mogten alleen de hoop koesteren, dat het verrijzen van een ander geslacht zulke gevoelens langzamerhand zou doen uitsluiten...... En dit zou ook ongetwijfeld in zekere mate alzoo hebben plaats gehad, zoo na dien tijd niet twee of drie andere, hunne belangen ten diepste kwetsende gebeurtenissen waren blijven strekken om dat mistrouwen in, zoo niet vijandigheid jegens het Gouvernement, levendig te houden en aan te stoken, hetwelk deze bijna algemeene landverhuizing meer bepaaldelijk heeft voorbereid en tot stand gebragt.’
In 'n Bylage word di treurige geskidenis megedeel soos dit opgeteken is uit di mond van 'n bejaarde ogetuige kort voor syn dood. Di Bonds Kongres