Matabeleland.
Di Maatskappy het Mashonaland fluks begin te open, en di mense het rond al begin goud grawe, en plase okkupeer toen onverwags in 1893 di Matabele-Oorlog uitbreek.
Di oorlog het só begin. Di Matabeles had al di stamme rondom verower, daaronder oek di Mashonas en Makalakas. Dan gaan hulle jaarliks met kommandos om ‘belastings in te vorder’ van di onderwerpte stamme, en waar hulle ni vrywillig wil gé wat gevorder word ni, word hulle met geweld, selfs met moord, daartoe gedwing en dan van alles berowe.
Op 12 Juli 1893 kom so 'n Matabele impi en vermoor di Mashonas rondom en tot in Fort Victoria. Di offisire van di Getjarterde Maatskappy belet hulle, mar hulle wou ni hoor ni. Toen is hulle gewapend verdrywe, en so is di oorlog begin.
Op 9 Sept. sluit di Kaapse Parlement en 11 Sept. vertrek Mnr. Rhodes al self na Mashonaland toe Hy tré geheel selfstandig op, vollens reg deur d Ryksregering an di Maatskappy verleen. Di Maatskappy roep vrywilligers en beloof an elkeen 'n plaas van 3,000 morre, 'n mynreg op 20 klyms en di helfte van di buit. Hulle kry omtrent 1,000 vrywilligers wat van 2 kante af Matabeleland intrek: een Komande van di weste kant, van Mangwe af, samegesteld uit vrywilligers en 'n gedeelte van di Betjuanaland Poliis, onder kolonel Goold-Adams, en 2 kommandos van di oostekant af, een van Victoria, onder Majoor Wilson, en een van Salisbury af onder Majoor Forbes, mar di 2 Kommandos het same di land ingetrek, en toen had Forbes di opperbevel.
Dr. Jameson gaan met di verenigde kommando same en Mnr Rhodes blyf self in Mashonaland om di sake te bestuur.
Di verenigde kolom het heel voorspoedig di land ingetrek, waartoe veral veul bygedra het di 2 Amerikaanse spioene (scouts) Burnham en Ingram, wat altyd vooruit gespioeneer het waar di Kaffers is en wat hulle maak. Di eerste het di Matabeles hulle angeval an di Shangani di oggend tussen 3 en 4 uur, mar hulle het di Kaffers met grote verliis verdrywe, en min verliis ver di vrywilligers, wat mar 650 man was teen 5,000 Kaffers. Mar di Maxim Kanonne het baing goed gewerk en 'n skrik onder di Kaffers gebreng.
Toen het di keurresimente van Lobengulu hulle weer angeval digteby di Bembesiriviir, naby Buluwayo, en dit helder agtermiddag 2 uur, nadat hulle in lager getrek was, en op 'n ope plek. Di Kaffers het dapper storm geloop, veral di Imbesi resiment, mar di Maxims het hulle te vreselik weggemaai. Hulle moes vlug met grote verlise.
Toen Lobengulu van di neerlaag hoor steek hy syn hoofstad, Buluwayo, met 'n menigte ammunisi, in brand en vlug met 4 wa'ens noord op. Sonder slag of stoot neem di verenigde kommando di hoofstad in besit, en eers 2 dage daarna kom Kolonel Goold-Adams met syn mag. Hulle het al di tyd voor di