nooit weer gedoen het ni, en Sir Gordon Sprigg word geroep om 'n nuwe ministeri te vorm, wat hy ni moes angeneem hê ni, en gen enkele kolonis van beginsels ni.
In di jaar 1878 staan byna al di Kafferstamme op teen di Koloniale regering, en Mnr. Hope, di magistraat, word deur Umslonhlo vermoor, wat Kaptein van di Pondos was. By di einde van di jaar word weer vrede gemaak, en om vrede te hou, maak di Parlement in 1879 'n wet dat gen kaffer 'n geweer of ammunisi mag dra ni. Di kaffers hiir het daarna gehoor, mar Sir Gordon Sprigg wou dit in Basotuland oek toep[a]s. Daarteen staan di Basutos op[.] Di Koloniale troepe word daarnatoe gestuur, mar sonder sukses.
Di moeilikhede het angehou, totdat Basotuland in 1884 as 'n aparte kroon-Koloni geproklameer is.
In 1880 kom Sir Hercules Robinson as Gouwerneur an. In di selfde jaar word di Afrikaner Bond gestig, wat van daag 'n grote liggaam is. Ds. S.J. du Toit was di stigter en di Patriot van di begin af di tolk van di Bond. Op 20 Juni 1879 publiseer Ds. du Toit di eerste artikel hiiro'er en kort daarna di konstitusi van di Bond in di Patriot. In 1880 werd eers enkele Takke opgerig in di Koloni. Di latere vooruitgang van di Bond blijk uit di vollende opgawe:-
|
Distriks Besture. |
Lede. |
1885 |
28 |
3,470 |
1886 |
25 |
2,621 |
1887 |
29 |
2,002 |
1888 |
31 |
2,980 |
1889 |
- |
----- |
1890 |
43 |
4,686 |
1891 |
51 |
5,572 |
1892 |
60 |
7,727 |
1893 |
65 |
9,237 |
1894 |
73 |
11,163 |
In 1884 bedank di Sprigg ministeri, en word Sir Thomas Scanlen gevra om 'n ministeri te vorm. In diselfde jaar bedank hy omdat hy 'n neêrlaag in di Parlement gely het, toen Sir Thomas Upington 'n nuwe kabinet vorm.
In 1877 werd Transvaal deur Engeland angeheg, waarteen di bevolking sig tydelik verset. Di Patriot was eers di enigste koerant wat di party ver di Transvaalse onafhankelikheid opneem en di Transvalers raad gé, en 'n beweging deur di héle Koloni opkry om hulle te steun met Petisiis na di Koningin, Vergaderinge, ens. Wederkerig het di saak an di Afrikaanse nasionale beweging goed gedoen. Mar di bisonderhede vermeld ons later onder di Transvaalse geskidenis.
In 1884 word 'n Nywerheids Tentoonstelling in di Kaap gehou, wat 'n sukkes was. Kimberley en Port Elisabeth het gou di voorbeeld gevolg.
In 1885 word di Spoorwege reeds geopen tot Kimberley en Aliwal Noord, en in 1888 word op verskeie plekke in di Koloni steenkool gekry, wat nou al grote myne is. Di voornaamste plekke was Indwe, Molteno, en Syfergat.
Sir H. Brogham Loch volg in 1889 ver Sir H. Robinson as Gouwerneur op, wat weer in syn plek kom in 1895. In diselfde jaar word 'n kabel van Port Nolloth, na England gelê.
In 1890 word di spoorweg uitgebrei tot an Simonstad, Bloemfontein, en Vryburg, in 1892 tot an Johannesburg, en in 1894 tot an Mafeking. 'n Telegraaflyn gelê in 1890 tot an Shashi en deur Mashonaland, en in 1893 en 1894 tot an Buluwayo, terwyl Mnr Rhodes 'n noordelike verlenging laat begin deur Afrika na Egipte toe.