der van publike werke Mar wat ons Afrikaners te n hom het is, dat hy di Koloni in skuld gedompel het met al syn vrindelikheid, deur onnodig geld te verkwis, soos byvoorbeeld £50,000 om 'n party Engelse hiir in te voer wat di Koloni gen stuk nut gedoen het ni. En toen moes syn opvolger dit besuur en di land daaronder ly.
Sir P. Wodehouse is angekom as Gouwerneur op 15 Janewari 1862; hy is met grote eer ontvang, omdat hy o'eral waar hy vroe'er was hom so knap gedra het.
Op 24 April open hy di Parlement en sê, dat hy sal trag om di politiik van syn voorganger te volge. In ronde woorde het hy egter verklaar dat dit 'n dwase stuk was om £270,000 te verspil ver werke wat self ni betaal en wat di Koloni oek ni in staat is om te betaal ni; en hy het di Parlement dit voorgehou as waarskuwing ver di vervolg. Jammer mar dat hulle di les so gou vergeet het, soos ons sal siin in di sitting van 1874.
In diselfde jaar (1862) is di stoomskip Waldensian gestrand by Struys Punt met 'n héle trop predikante daarop wat na di Synode kom. Di mense is gelukkig almal gered.
In di Parlements-sitting van 1863 het Sir P. Wodehouse weer gespreek o'er di skuld van di Koloni en voorgestel om te besuinig so veul as hulle kan. Mar dit sou te veul tyd neem om op di maniir uit di skuld te kom; daarom het hy enige belastings en 'n léning van £150,000 voorgestel. En dis angeneem oek. In di sitting is dit besluit om di vollende sitting in Grahamstad te hou. Dit het natuurlik in di Kaap grote onvergenoegdheid gegé. En tot nog toe was dit di eerste en di laaste sitting wat in di Oostelike Provins gehouis.
Van kerk-sake is daar veul te vertel in 1863; di Ned. Geref. kerk, di Episkopaalse kerk, en tot di Mahomedane het stryd gehad onder makaar. Mar daarvan in 'n ander deel van ons Geskidenis.
Di Parlement het besluit in 1864, in di sitting in Grahamstad, op voorstel van di Gouwerneur, om nog meer belastings op te lê, en nog £234,000 te leen om di tekort van di Koloni an te vul; en verder om in 1865 'n nuwe census (volkstelling) te hê.
Di Vrijstaat en di Basutos was in di tyd in twis o'er di grensskeiding tussen hulle lande; toen het hulle di Gouwerneur gevra ver skeidsregter, en hy het beslis wat di skeiding moet wees. Mar di Basutos het hulle ni daaran gehou ni, soos ons later sal siin.
In di begin van di jaar is di Telegraaf van di Kaap na Grahamstad - 600 myle - klaar gekom, en an di einde is di trein na Wellington geopen.
In 1865 het di Parlement Brits Kafferland angeheg an di Koloni, teen albei syn sin. En op 17 Mei was daar een van di grootste storme in Tafelbaai, waarby 18 skepe gestrand, en 70 mense omgekom is. Op diselfde dag, met di sterke wind, is byna di helfte van Swellendam afgebrand.
Di jaar 1866 was 'n boodskapper van slegte tyding ver di Koloni. Slegte oeste - swakke handel - daling in di prys van wol - menigte bankroete - oorlog tussen Vrijstaat en Basutos - ens., het 'n donkere wolk o'er di land gebreng. Publike werke moes steek bly uit gebrek an geld. Kaffers begin weer te steel in Britse Kafferland. Al di ongelukke kom gelyk.